Minister wil e-tol-vervolging eers briek

Argieffoto

Argieffoto

Dipuo Peters, minister van vervoer, het versoek dat die vervolging van motoriste wat nie e-tolrekeninge betaal nie, vir eers op ys geplaas word.

“Sy het met Sanral gesprekke gevoer om eers te wag met die vervolgingsproses,” het Tiyani Rikhotso, woordvoerder van die departement van vervoer, aan Sapa gesê.

“Sy glo dat daar steeds ‘n aantal uitstaande kwessies is wat eers opgelos moet word, veral die kwessies wat motoriste raak, soos onakkurate fakture.”

Rikhotso sê die departement glo daar moet na dié kwessies gekyk word, sodat mense nie onnodig gestraf word nie en om te verseker dat die land die nodige infrastruktuur het vir ekonomiese groei.

Rikhotso sê dit is baie belangrik dat daar soveel as moontlik mense voldoen aan die stelsel. Hy sê die departement sê doel is om die verbruiker se las te verminder. Sanral was nie onmiddellik beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag aangekondig dat hy twee senior advokate aangestel het wat saam met Sanral sal werk om ʼn oplossing te vind vir die wanbetaling van e-tolrekeninge.

“Die twee aanklaers sal saam met Sanral werk om te bepaal of die optrede van sekere motoriste as ʼn misdryf beskou kan word kragtens die Sanral-wet,” het Nathi Mncube, ʼn woordvoerder van die NVG, gesê.

Mncube sê kragtens artikel 27(5) (a) van die wet is dit ʼn misdryf om te weier of om te versuim om die bedrag verskuldig te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wynand van Romburgh ·

“n Deel van brandstofheffing gaan vir padbou en onderhoud. Wonder nou net, my swaer se motorboot, my buurman se grassnyer en my kragopwekker loop nie op die paaie nie! Verder wonder ek wat word van my voertuiglisensiegeld?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.