Minister wil #FeesMustFall-betogers help

studentebetogings 2015 feesmustfall fees must fall

#FeesMustFall-studentebetogings in Oktober 2015.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het aan die portefeuljekomitee oor justisie gesê hy wil beskuldigdes van die #FeesMustFall-betogings bystaan.

Bulelani Magwanishe, voorsitter van die portefeuljekomitee, het gesê Lamola het kommentaar op sosiale media gelewer wat betref aansoeke vir presidensiële kwytskelding van kriminele rekords vir die betrokke betogers. “Hy het aan die komitee gesê hy stel ondersoek in oor watter bystand die betrokke studente ontvang.”

Kanya Cekeshe, wat skuldig bevind is op aanklag van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging toe hy ʼn polisievoertuig tydens die #FeesMustFall-betogings aan die brand gesteek het, is onder andere een van die persone wat aansoek gedoen het om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding in 2017. Die aansoek is Maandag in die Johannesburgse streekhof afgekeur.

Lamola het kort ná die uitspraak in die hof op Twitter geskryf: “We note the dismissal of both the leave to appeal and bail for fees must fall activists Khaya Cekeshe by the Johannesburg Magistrate Court. We’re in the process of urgently assisting him with an application for presidential pardon or other legally available avenues.”

Lamola het sy plasing aan die komitee verdedig. “Ek het dit duidelik gemaak dat daar nie enige algemene amnestie is nie. Almal moet aansoek doen. Ons het dieselfde aanbod gemaak vir Kanya Cekeshe. Hy het intussen aansoek gedoen om verlof tot appèl, so enige presidensiële kwytskeldingsaansoek kan nie in hierdie stadium voortgaan nie. Ons bly beskikbaar om enige #FeesMustFall-betogers by te staan.”

Glynnis Breytenbach, DA-skaduminister van justisie, het gesê Cekeshe is skuldig bevind op twee ernstige aanklagte wat gevolge moet dra. “Dit is juis omdat die wet geïgnoreer word en ernstige oortredings nie enige gevolge dra nie, dat staatskaping kon plaasvind en die strafregstelsel vandag net ʼn leë dop is.”

Breytenbach het gesê as die minister by die saak betrokke sou raak, sal dit ʼn bespotting wees van die harde werk wat die NVG in die verband gedoen het om vervolging te verseker. “Minagting van die reg deur voor te stel dat hul werk ongedaan gemaak kan word deur ʼn eenvoudige streep deur die president se pen is iets wat kommerwekkend vir ons almal moet wees,” het sy bygevoeg.

“As daar nie enige gevolge is vir misdrywe nie, hoe sal die strafregstelsel ooit enigiemand aanspreeklik kan hou vir die ernstige misdade wat nou voor die Zondo-kommissie en ander kommissies aan die lig kom? Op watter basis moet vervolgers en die SAPD hul werk onder moeilike omstandighede bly doen om mense aanspreeklik te hou, as die minister se houding eenvoudig is om van die kriminele rekords ontslae te raak?”

Breytenbach het gesê die benadering klink soos die Zuma-era se benadering tot reg en aanspreeklikheid en is onaanvaarbaar. “Ons Grondwet bepaal dat elke burger gelyk is voor die wet, en enigiemand wat skuldig bevind word aan misdrywe, moet aanspreeklik gehou word vir hul optrede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Maljan ·

Die minister behoort sy kop in skaamte te laat sak. Wat hy nou wil doen is n blatante verkragting van die Justisie wat hy moet dien. Die “stakers” het nie bloot opgehou eksamen skryf nie. Hulle het n pad van verwoesting gebaan. Om hom te begenadig, moet hy die dros erkragter ook genade toon.

Michael P ·

Lekker man.Breek en brand af die minister sal jou bystaan. Wat se bookskap stuur hy uit na die kriminele.

Johan ·

Dit is ongelooflik dat die Minister brandstigters en geweldenaars wil “help” . Waar gaan die lyn getrek word? Sal alle brandstigters en klipgooiers nou vrygestel word van hulle wandade? Wat is die norm?

Chris ·

Nou, help vir mnr Janus Waluz om uit te kom op parool of presidensiële begenadiging na soveel jare. Omdat hy van Pole kom dink julle kan hom trap. Weer eens xenofobie.

William ·

Fees must fall was n EFF prohek. Lamola en Malema was ANCYL leiers en hand om die blaas destyds.

Ore ·

Hy het nie net die SAPD voertuig aan die brand gesteek nie,hy het dit gedoen terwyl daar mense binne die voertuig was.Ek sou dink dit moet poging tot moord ook wees.As ministers hulle bo die reg ag behoort moordenaars en verkragters ook kwytskelding kry.Belaglik en dit wys wat is die vlak van intelligensie in ons regering.

Johanna Botha ·

So die boodskap wat hy uitdra is dat dit reg is om te brand en te vernietig …..die land het GROOT probleme met die anc mense !

J ·

Wat nog,?? Wys maar net hoe dink die klomp,2 manne kry 15jaar tronkstraf net omdat hulle n misdadiger skrikmaak met n kis, nie aangerand of niks, maar n krimeneel wat veranntwoordelik is vir miljoene rande skade asook om n voertuig met mense in aan brand te steek te laat uit tronk stap, hy kan bly wees hy was nie in VSA nie, daar sou hy nie minder as25jaar gesit het nie, feit bly staan hy is n krimeneel en sal een bly

aj ·

Lamola versinnebeeld DONKER AFRIKA wat ‘n verwronge beeld handhaaf van die werklikheid en daarom voordurend hulle SELF VERNIETIG!

BRAND, MOOR, VERWOES EN VERKRAG = VOORUITGANG!

Die ‘aanval op die polisie’ is ‘n daad van terreur, sabotasie en verraad teen die staat. Lamola is medepligtig aan al die bg. misdade en is daarom ONGESKIK om in enige publieke pos diens te doen!

Dank hom af … verban hom … hy is ‘n bedreiging vir die STAAT!

De Villiers ·

As daar nou iemand is wat die minister moet bystaan en ondersteun, is dit die slagoffers van misdaad, maar hy kies eerder die verkeerde roete, en staan die kriminele by. Wat help dit dat die ANC-party hardop verkondig dat hulle misdaad wil bekamp, en dan doen hulle sulke belaglike goed. Maar dis hoe ons die ANC ken; Belowe oor goed wat die mense wil hoor, maar doen die teenoorgestelde. Tweegesigte, onbetroubaar, manteldraaiers, leuenaars, integriteitloos, skaamteloos, geen leierseienskappe, onvolwasse.

Db ·

Die beste oplossing – maak alle howe toe en maak ‘n paar kleintjies oop net vir witmense dan is die problem opgelos. Geen wese sal in die hof hoef te verskyn nie want hulle is almal onskuldig. Hoe durf ons hulle skuldig bevind!

Johan ·

Dit is asemrowend hoe die leiers van ons land die kriminele beskerm. Dit slaan eenvoudig my asem weg!

Gert van Wierdapark ·

Die Mini-ster en sy a en see “Must Fall” soos Hompie Gedompie! Vinniger as Later

JohanR ·

Daar is soe paar 26’s en 28’s in Pollsmoor, wat ook jou hulp nodig het minister. Moordenaars, verkragters, aanranders, stokers, rokers ens, en NIE iemand wat jy in ‘n stegie will ontmoet op ‘n nag waar daar geen lig of maan is nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.