Minister wil glo swyg oor gesteelde vuurwapens-syfer

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

AfriForum het Donderdag gesê hy gaan voort met twee hofaansoeke om die volledige syfers van gesteelde vuurwapens wat tussen 2009 en 2014 in die staat se besit was, openbaar te maak.

Dít volg ná ’n brief van Nkosinathi Nhleko, minister van die polisie, aan AfriForum waarin hy onder meer sê dat die openbaarmaking van dié syfers ’n risiko vir nasionale veiligheid is.

“Dit is juis die minister se poging om dié syfers te probeer wegsteek wat ’n nasionale veiligheidsrisiko is, nie die openbaarmaking daarvan deur AfriForum nie,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê. “Voorlopige syfers dui daarop dat byna 7 000 vuurwapens self deur die polisie as gesteel of verlore aangemeld is. Dié inligting moet openbaar gemaak word sodat die nodige stappe teen skuldige partye geneem kan word.”

Cameron het gesê die staat ontmoedig aansoeke deur die publiek om wapens vir die persoonlike beskerming van lewe en eiendom te verkry, terwyl die staat groot hoeveelhede wapens verloor en die publiek nie kan beveilig nie.

“Wapens wat deur die polisie verloor is, word in aanvalle teen die publiek gebruik, maar die publiek se reg op selfbeskerming word bedreig. Roof met verswarende omstandighede het die afgelope vyf jaar met meer as 27% toegeneem. Die vraag bestaan dus of dié syfer minder sou wees as daar minder polisiewapens op straat was,” het Cameron gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

alida ·

Roer hulle Agriforum!!! Hulle het TE lank weggekom met alles.

Paul ·

Dis AfriForum, Alida. Nie Agriforum nie. Dis nie ‘n boerdery-organisasie nie.

HEVW ·

Wat kommer wek is nie alleen vuurwapes wat in besit van die staat, polisie, was nie, maar ook vuurwapens wat tydens rooftogte, kapings en moord gekonfiskeer is. Wat word van dit? Hoeveel van dit raak verlore en kom weer in die hande van misdadigers?

Ronel ·

Hoekom wil hulle nie die syfers bekend maak nie? Is ons SAP nie dalk die verskaffer van onwettige wapens aan al die kriminele nie? Ons wet gehoorsame burgers moet maande wag om n licensie te kry (dis te se as ons dit kry). Roer hulle Agriforum tyd dat hulle kort gevat word.

Vicus ·

Ronel, die regte naam is Afriforum. Ek doen n beroep op mense wat met Afriforum se aktiwiteite beindruk is, om aan te sluit!

Dee ·

Die kritieke vraag is dus hoeveel wapens persentasie gewyse verloor word te wyte aan nalatigheid deur polisielede vergeleke met dieselfde syfer by die publiek. ‘n Baie groot hoeveelheid van die polisiemag is nie vuurwapenbevoeg nie en dit laat die vraag opduik watter aksie geneem word wanneer ‘n polisieman ‘n wapen verloor. ‘n Lid van die publiek se bevoegdheid sou miskien in die gedrang wees in so ‘n geval; wat van polisielede.

Max ·

Om n vuurwapen te ” verloor ” is een van die kwalifikasies om n Provinsiale Kommisaris of n Generaal te word !

Eugene ·

Ek kan myself nie verhelp as om te wonder hoe die syfers daarna sal uitsien, indien ons wel die onderskeie gedefinieërde syfers kan bekom nie….

* Hoeveel wapens is gesteel/ verloor deur normale wapen eienaars?
* Hoeveel wapens is gesteel/ verloor deur die SAPD en ook die SANDF?
* Hoeveel wapens wat as gesteel/ verlore aangemeld is en teruggevind is, is wel vernietig en/of aan die wettige eienaar terugbesorg – waar en indien van toepassing?

Verlore wapens is geen ongeluk nie. Dis bloot nalatig.
‘n Gesteelde wapen mag dalk bes moontlik ‘n perd van ‘n ander kleur wees, want indien ‘n vars spannetjie rowers met AK’s by my instap en my wapen steel of aandring daarop….glo ek nie noodwendig dat dit my skuld is nie [keuses is maar skraal] en ek glo verder nie noodwendig dat ek myself as die nuutgevonde SA-Rambo sal gedra en probeer slim raak nie. Dus, daardie statistieke kan nie saamgevoeg word met die nalatige verlies (“verloor”) van wapens nie….

Jan ·

Eugene, ek stem grotendeels saam met jou. Maar wanneer twee polisiemanne, in koeëlvaste baadjies en met pistole, geroof word terwyl hulle salig onbewus sit en braai hoender eet, dan dink ek dis deels nalatig.

Peet ·

My neef is deur n gesteelde weermagwapen geskiet en sy saak in die kostitusionele hof teen die staat gewen! Kyk watter wapens in selfs plaasaanvalle gebruik word en dagvaar die staat! Klaar!!

Peet ·

My neef is deur n gesteelde weermagwapen geskiet en sy saak in die kostitusionele hof teen die staat gewen! Kyk watter wapens in selfs plaasaanvalle gebruik word en dagvaar die staat! Doen dit!!!

Peer ·

N gesteelde weermagwapen is gebruik om my need te skiet en hy het oorleef! Sy saak gewen in die konstitusionele hof! Kyk water wapens gebruik gebruik word in enige aanval en as dit n staatswapen is, vat die staat aan en wen!!!!

Roy ·

Ja blankes word ten volle ondersoek as jy aansoek doen vir ‘n vuurwapen lisensie en jy moet ‘n kluis he waar die vuurwapen toe gesluit moet word.
Hoeveel polisie beamptes het ‘n kluis in sy shack of huis, miskien moet eers daarna gekyk word voordat ‘n vuurwapen aan hom/haar uitgereik word.

GES ·

Dit sal interessant wees om te weet. Die vraag is wat gaan ons met die inligting doen? Ek vermoed dit is enige iets tussen 20 000 en 100 00 vuurwapens. Die mense van cANCer gaan net sê: ‘Eish !’ en skouers optrek. Hulle aanvaar geen aanspreeklikheid nie en kan ook nie strafregtelik vervolg word nie. Wat nou….. ?

Ben ·

Hier is ‘n GROOT slang in die gras! Wat my die meeste pla is dat ek dmv belasting, boonop grootliks bydra tot hulle salarisse. Staatsamtenare vergeet dat hulle is daar om die publiek se wense uit te voer en te dien en nie andersom nie!

Topster ·

In die ou regering se weermag dae het nie eers n ongebruikte ronte weg geraak nie wat nog van n wapen en dit was opgepas as jou enigste vrou.Integriteit ,self disippliene en verantwoording bestaan in sekere kulture nie en dit is hoekom die syfers lyk soos dit lyk die minister homself moet voor stok gebring word want hy het nie beheer nie

Jeanette Visser ·

Ek wil weet ons betaal belasting en die regering ontvang net, wat presies doen die regering vir ons belasting betalers?????? Net mooi niks hulle steel die geld en deel dit vir buitelanders uit wat van ander lande swanger in SA aankom. Heerlike land die jy kan sommer kom en gaan net soos jy wil. Maar raak net sonder werk dan gaan hoor jy watse reels is by die UIF kantoor voordat jy mag eis, maar jy dra al jare by tot die fonds.. Wens ons boervolk wil wakker skrik

Ekke ·

Hoeveel wapens is deur die sapd verkoop en dan as gesteel of verloor aangemeld

PJ ·

Dit maak mens woedend as n mens al hierdie dinge lees en sien hoe ons verneder word nou net op nuus gesien hoe blanke studente wat gesigte pers geverf het in simpatie met die ander 2 studente gedwing word om te sit terwyl die nie rassiste hulle dwing om die verf van hulle gesigte te verwyder en de klerk en kie is so stil soos die graf terwyl ons verneder word tot in die grond skande de klerk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.