Minister wil hof toe oor ‘renoster-bande’

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS

David Mahlobo, die minister van staatsveiligheid, het Maandag gesê hy oorweeg regstappe oor bewerings dat hy glo ʼn verbintenis het met mense wat glo onwettig met renosterhorings handeldryf.

Mahlobo het ontken hy is vriende met Guan Jiang Guang, ʼn beweerde Chinese renosterhoringsmokkelaar en gesê hy oorweeg regstappe teen die nuusagentskap, Al Jazeera.

Maroela Media het vroeër berig Al Jazeera het ʼn ondersoek gedoen na Mahlobo se beweerde bande met Guang, ʼn selferkende renosterhoringsmokkelaar wat in Suid-Afrika woon.

Volgens Al Jazeera het Guang, wat ʼn masseersalon in Mbombela in Mpumalanga besit, foto’s van homself en Mahlobo op sy selfoon aan die joernalis gewys. Guang het in die onderhoud gesê hy ken Mahlobo goed en Mahlobo het al by hom aan huis gekuier. Hy het bygevoeg Mahlobo besoek gereeld sy masseersalon.

Mahlobo het die bewerings in ʼn verklaring ontken en gesê die foto wat in die dokumentêr gesien kan word, is geneem tydens ʼn besoek aan Guang se salon. Mahlobo het gesê Guang het versoek om ʼn foto saam met hom te neem en hy het ingestem. Hy het tydens sy besoek geen benul van Guang se beweerde deelname in onwettige stropingsaktiwiteite gehad nie.

“[Die nuusagentskap] verbind basies die feit, dat ek ʼn spa besoek het bloot vir die dienste wat hulle bied, met die eienaar se onwettige stroping van renosterhorings,” het Mahlobo gesê.

'n Skermskoot uit die Al Jazeera-dokumentêr van die foto van David Mahlobo, die minister van staatsveiligheid, en Guan Jiang Guang, ʼn beweerde Chinese renosterhoringsmokkelaar.

‘n Skermskoot uit die Al Jazeera-dokumentêr van die foto van David Mahlobo, die minister van staatsveiligheid, en Guan Jiang Guang, ʼn beweerde Chinese renosterhoringsmokkelaar.

“Talle van my comrades, vriende en hoë-profiel individue besoek hierdie Mbombela-spa en neem foto’s saam met Guang se familie en van sy personeel. Is hierdie individue ook nou betrokke by onwettige renosterhoringhandel? Mense laat val name van hoë-profiel mense en neem saam met hulle foto’s – beteken dit daar is ʼn vriendskap of verband tussen hulle? Ek dink nie so nie.”

Mahlobo het ook ontken hy het ooit Guang se huis besoek en het beklemtoon hy is nie vriende met Guang of enige van sy personeel nie. Hy het ook gesê sy vrou het geen sakeverhoudinge met Guang of sy personeel nie.

Brian Fikani Dube, Mahlobo se woordvoerder, het die bewerings in die dokumentêr as “teleurstellend, ongegrond en lasterlik” bestempel en gesê Mahlobo is tans besig om regsadvies in te win met die oog daarop om stappe teen Al Jazeera, Guang en Nigel Morgan te doen.

“Die swak en vae bewerings wat mnr. Nigel Morgan in die program gemaak het, dat sy maatskappy se kontrak in die Kruger-wildtuin beëindig is weens moontlike inmenging deur minister Mahlobo, word ontken en sal in die gepaste forum hanteer word,” het Dube gesê.

Dube het gesê Mahlobo het reeds die polisiekommissaris van Mpumalanga versoek om die bewerings, wat in die dokumentêr gemaak word, te ondersoek. Hy het ook die kommissaris versoek om Guang se betrokkenheid by onwettige stropingsaktiwiteite te ondersoek, asook sy bewerings dat hy onwettige immigrante in sy diens het.

“Die minister wil verder beklemtoon hy sal voortgaan om onverpoosd binne die veiligheidsdienste te werk om transnasionale georganiseerde misdaad hok te slaan en individue en sindikate wat daarby betrokke is, aan die pen te laat ry,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Buitestander ·

Dit sal goed wees as ons met ‘n hofsaak deursigtigheid kan kry.
Hoop net nie staatsfondse word daarvoor aan gewend nie!

m ·

Hierdie Chinees se permitte moet ook sommer nagegaan word. Is hy ooit wettig in hierdie land. Die ministers baljaar seker te lekker by sy sogenaamde “spa” n gunsie vir n gunsie……..

Scalla ·

Waar daar n rokie trek is daar gewoonlik n vuurtjie…….

Jan ·

Kom maak gerus ‘n draai hier in die Laeveld, op pad Wildtuin toe, of terug. Heerlik om so gepamperlang te word.

mosselbos ·

Massseersalon…..met n happy ending ja….
Raak maar gewoond aan die Chinese invloed in ons land. Dis baie groter as wat ons almal weet. Ons Prez verwelkom hul geld met ope arms.

Jakobus ·

Is die spa en massersalon dan nou ‘n rookskerm vir renosterhoring? Wat van olifanttande?

Jean ·

Julle sit dan amper op mekaar se skote, en dit is heel toevallig dat julle nou so groot vriende is maar nie besigheidsvennote nie? Mens kan niemand meer glo nie, veral nie waar daar geld betrokke is nie.

lettie ·

Bewys jou onskuld, maar jy gaan darem seker self vir jou regkoste betaal? Dis jy wat geimpliseer word as individu en nie die Regering nie. So los belastingbetalers se geld uit.

kat ·

JA EN DIT IS SO HY KEN HOM NATUURLIK EN SAAM HOM GEDRINK EN GEKUIER HOEKOM SAL HY SE HY KEN HOM EN DIE MIN SE HY KEN HOM NIE. DIS SOOS CLINTON ::::”I NEVER SAW THAT WOMAN “dit is so hy het ha nie gesien nie want sy zip was af dan sien j niks .

freek ·

hoe op aarde kan die minister van staatsveiligheid nie weet in watse geselskap hy verkeer nie. dis mos gevaarlik

Annalet van der Merwe ·

Ek het nie die berig hierbo gelees nie, maar wel die insetsel gisteraand gesien op TV nuus. Dis tog duidelik die man sit dat sy naels gedoen word, en as ek die eienaar was van ‘n salon van watter aard ook al en ‘n bekende kom ingestap, mag ek dalk ook net vra kan ek poseer saam met jou vir ‘n foto, en dan later wel besluit om te se dit of dat van die bekende, en kyk, ons is dik pelle, kyk my fotos. Ek se egter nie die man is skuldig of onskuldig nie, ek noem net ‘n moontlike plausible scenario.

Pieter ·

“ʼn selferkende renosterhoringsmokkelaar wat in Suid-Afrika woon” waarom is hy nie agter tralies nie? Is die polisie te sleg om iemand wat self skuld erken in hegtenis te neem?

Poachers pipeline ·

Kyk na die 47 min video op YouTube:

Al Jazeera Investigates – The poachers pipeline

neelsie ·

Mr David jou kierantjies gaan braai!
Lekker, n spa? Wie probeer jy bedrieg?
Dis nie dalk n bordeel nie?
Ons het nie sulke mense in ons land nodig nie!!
Jou verlede is besig om jou in te haal.
Jou anatomie lyk nie of jy vinnig genoeg gaan wegkom nie.
Vat jou chinees en verdwyn uit ons land!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.