Minister wil klein skole sluit

Argieffoto

Argieffoto

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het gesê wysigings aan die SA Skolewet gaan daartoe lei dat hoërskole met minder as 135 leerlinge gesluit gaan word, het die Sunday Times berig.

“Mense is huiwerig om skole te sluit, omdat dit beteken dat vir elke skool wat sluit, ʼn hoof sy pos verloor, maar die huidige situasie kan nie voortduur nie,” het Motshekga gesê.

Sy het gesê meeste van die skole wat power gevaar het in verlede jaar se matriekeksamen, het min leerlinge. “Hierdie skole moet steeds sewe matriekvakke aanbied, maar het gewoonlik nie genoeg onderwysers nie, aangesien elke skool slegs een onderwyser vir elke 35 leerlinge ontvang.”

Motshekga het bygevoeg dat skole wat ʼn 100%-slaagkoers getoon het, is gewoonlik skole waar daar meer as 800 leerlinge is. “Hulle het genoegsame fondse om die skole te bestuur.”

Sy het gesê in die Oos-Kaap is daar skole met so min as drie leerlinge en in Limpopo skole met slegs ses kinders. “Daar is meer as 5 000 skole in die Oos-Kaap. Hulle het te veel skole vir die leerderbevolking.”

Intussen het Annette Lovemore, DA-LP, egter die minister gemaan om versigtig te wees om net hoërskole te sluit. “Ons stem saam dat stappe gedoen moet word om opleiding te verbeter, maar sommige van hierdie skole [met minder as 135 leerlinge], is nodig gegewe die ligging. Ons versoek die minister om behoorlik enige wetgewingsverandering te oorweeg om seker te maak dit lei tot die beste uitslag vir die betrokke leerders.”

Lovemore het gesê die minister span die wa voor die perde in. “Voordat die besluit gemaak word om ʼn skool te sluit moet elke moontlike posisie oorweeg word en die behoorlike prosedure gevolg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

Dis erg – mens verstaan die besluit, drie kinders is nie ‘n “skool” nie, maar wat gaan nou word van daardie 3/6/hoveel-ook-al kinders? Hulle wil leer en sal dalk beter leerling as party luies in die stedelike omgewing wees en nou wat…? Meeste van die kinders in sulke areas het geen toegang tot vervoer na groter skole nie en ja, dis net ‘n probleem!

Nic ·

Die ongelukkige oplossing is onafhanklike privaatskole. Die probleem hier natuurlik die kostes daaraan verbonde. Daar ook ‘n ander oplossing, een wat laer kostes tot gevolg het. Hoe dit werk wil ek nie graag in die openbaar uiteensit nie.

Anton Smit ·

Maar toe die DA in die weskaap skole wou sluit was maruis fransman en die hele anc up in arms nou wat nou of maak dit nie saak as die anc dit doen nie

Mathilda Breitenbach ·

Dis volgende jaar se verskoning vir swak skoolprestasie : ons moes skole toe maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.