Minister wil Madonsela ook stuit

Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het ook ʼn hofaansoek ingedien om Thuli Madonsela, openbare beskermer, te probeer keer om haar verslag oor sogenaamde staatskaping bekend te maak.

Van Rooyen poog met sy aansoek om die magte van die OB uit te daag nadat hy opdrag gekry het om sekere vrae te beantwoord. Die aansoek word Vrydag om 10:00 in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Van Rooyen was in Desember vier dae minister van finansies nadat pres. Jacob Zuma vir Nhlanhla Nene in die pad gesteek het en voor Pravin Gordhan weer as minister aangestel is. Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, is een van die regeringsamptenare wat beweer het dat die Gupta-familie vir hom ʼn werk aangebied het.

Dit het Donderdag aan die lig gekom dat Zuma ʼn interdik teen Madonsela wil bekom om te verhoed dat haar verslag bekend gemaak word. Die aansoek word Dinsdag aangehoor.

Madonsela het ʼn mediakonferensie vir 14:00 geskeduleer waartydens sy ondersoekverslae en inligting oor uitstaande ondersoeke sal bekend maak

Die Guptas het ook vroeër gedreig om ʼn interdik te probeer bekom maar toe daarteen besluit. Hulle het egter gesê indien Madonsela tot die gevolg sou kom dat hulle hoegenaamd onbehoorlik opgetree het, waar hulle bewyse gelewer het om die teendeel te bewys, sy dit “op haar eie risiko” doen.

Madonsela se termyn verstryk vandag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sakkie ·

Stuur hom vir my, Thuli…. ek belowe ek sal hom vir niemand anders wys nie…… ;)

Grassie ·

Hy is bang om te verduidelik wat hy gedurende sy paar dae van dienstyd as minister van finansies in Dubai gaan doen het.
Daar is duidelik nou paniek in die rotnes.

snoefie ·

vir onskuldige mense is hulle wraggies Nereid om tot groot uiterstes op staatsonkoste te gaan om te keer dat sy verslag lewer oir wat nie gebeur het nie.

Henk ·

en soos zuma maak hy gebruik van staatsgeld om homself uit die tronk te hou

Gatvol ·

Benoude katte (ANC Kaders en Zuma) maak benoude spronge! Absolute Skande dat hulle die hof wil gebruik om hulle wandade te keer, maar nie hofuitsprake teen hulle eerbiedig nie. GO VIR HULLE THULI MADONSELA.

Anoniem ·

Hierdie katte wat so rondspring, gaan binnekort ‘n spier verrek… en dan is dit die begin van die einde.

Pieter ·

As daar dan niks is om weg te steek nie, hoekom skarrel hulle nou skielik so? Dit alleen wys my daar is ‘n slang in die gras!

LOUIS ·

Die druk gaan wees op die nuwe OB omdat sy sal moet voortgaan met die ondersoek. Die publiek weet dat daar ‘n slang in die gras is en die nuwe OB se integriteit gaan getoets word

Alida ·

Dit is tog duidelik dat hulle bang is. Thuli moet haar werk doen en haarself beskerm. Wat bedoel die walglike Guptas met “eie risiko”. Ek dog die spul is landuit! Wat soek hulle in SA?

Mira ·

Die nuwe OB is een van platkop se marionette. Dis hoekom hy nou so keer dat Thuli die verslag bekend maak. En om van die Gupta’s te moet hoor dat Thuli “op eie risiko” daai verslag kan bekend maak, beteken bloot….. “maak eers jou testament reg voor jy die verslag bekend maak”. Sy moet maar vir haar lyfwagte aanstel want as daai verslag uitlek gaan haar lewe minder werd wees as ń 5c.

Griet ·

Die rokie het nou in ‘n bosbrand ontaard. Desi en die (ag) baar prezi raak benoud en spring heen en weer oor hulle eie uitgrawings en wil-wil in hul eie gate val. Gewoonlik lê daar baie los grond en klippies om hulle in te help van al die springery…. Groete ?

Anoniem ·

Ek is nie ‘n regskenner nie, maar kan Thuli nie die Guptas aanvat oor hulle dreigement nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.