Minister wil ondersoek hê na werker se dood

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Dinsdag ʼn beroep op die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en die polisie gedoen vir ʼn volledige ondersoek na ʼn werker se dood.

Wits het vroeër gesê die werker het vermoedelik ʼn asma-aanval gekry, nadat betogende studente verlede Dinsdag ʼn brandblusser in die Jubilee Hall-koshuis laat afgaan het. Die werker, in diens van een van die universiteit se diensverskaffers, is eers na die gesondheidsentrum op die kampus en later na ʼn hospitaal gehaas.

Intussen het Wits die werker geïdentifiseer as Celumusa Ntuli (39) van Soweto. Volgens Wits is Ntuli vir drie dae in die Milpark-hospitaal behandel en ontslaan. “Hy is huis toe, maar het komplikasies ontwikkel. Sy gesin wou hom hospitaal toe vat, hy is op pad oorlede.”

Nzimande het intussen gesê hy is geskok deur die optrede van die universiteit omdat hulle, volgens hom, nie die voorval aangemeld het nie. “Dit is duidelik hy is dood weens die betogende studente se optrede. Die universiteit moes onmiddellik die voorval aangemeld het sodat ʼn behoorlik ondersoek kan plaasvind.”

Volgens Nzimande het hy die universiteit versoek om ʼn amptelike ondersoek te doen en aan hom terugvoer te gee. Hy het gesê die voorval dien as bewys dat ʼn klein minderheid studente universiteite gyselaar hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Zumie ·

Duidelik op soek na ‘n sweep om te gebruik teen die moeilikheidmakers . Gaan voort. Net snaaks dat dit nie lank terug was toe die agbare minister presies dieselfde gedoen het onder die leuse van “liberation before education”. “Dis reg solank ONS dit doen maar julle mag nie.. Doen gerus die werk maar spaar ons net die hoogheilige houding…

Piet Snot ·

Nogal interessant, is dit nie: die houdinkie.
“With our matches and our necklaces we’ll liberate this country!” “No, you can’t; only us”.

Jakes ·

Antwoord mos maklik, tree op, identifiseer die klein groep/ minderheid en lê hul aan bande of ellimineer hul. Die vryheidsmanifes het riglyne aangaande sulke struikelblokke.

Alida ·

Wat wil hy ondersoek? Die persoon sou nie gesterf het as sy eie mense nie soos mal goed tekere gegaan het nie.

hans ·

Vertrou die familie van die oorledene stel n siviele eis in teen die lede van die studenteraad in hul persoonlike hoedanigheid in.

Lance ·

Iemand moet eers dood wees of oets moet gebtand of vernietig wees …ja DAN waneer dit jare te laat is skrik die mense eers wakker en wil iets doen. As mens kyk na die verval van pretoria en jhb se infrastruktuur …slaap die mense nogsteeds en gaan hulle wakkerskrik die dag as daar nie meer n druppel water uit n kraan kom ….”hauw what did happens here now ”

Jakes ·

Alida, asb nie ‘n Marikana! Die gemeste kalf Ramaphosa besit deel daarvan, en die oorblywende werkers teer nou nog uit in opwagting van hul verdiende lone. Nee, Blade sê klein groepie verantwoordelik, so kry hul met bestaande bronne voor stok en stabiliseer die kampus. Hy kan sommer saamgaan om hul uit te snuffel, was mos in MK se intelegensie telegance mos bra Blade…

snoefie ·

new wat agbare min van Hoer onderwys jy is dkuldigaan die werker se dood nie die universiteite nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.