Minister Zulu gevra om te bedank en op te hou mislei

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling (Mei 2020) (Foto: Verskaf)

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het Donderdag in die parlement verskeie oproepe aangehoor dat sy dadelik moet bedank en dat sy moet ophou om die publiek te mislei betreffend welsynstoelaes – parlementslede word deur die parlementêre reëls verhoed word om te sê ministers lieg.

Zulu het ‘n ministeriële verklaring oor die sosio-ekonomiese gevolge van Covid-19 en die afsonderingsperiode gedoen in die Nasionale Vergadering, en politieke partye het kans gekry om daarop te reageer.

In haar inset het Zulu alle maatskaplike werkers bedank, en toegegee dat hulle voor komplekse uitdagings te staan kom, te midde van al minder beskikbare hulpbronne. Sy het borge van haar departement bedank en gesê almal moet van mekaar leer, en bevestig dat haar departement ‘n ekstra R45,5 miljard uit die begroting ontvang het, asook R95 miljoen uit die fonds opgebou het uit beslagleggings op die eiendom van kriminele.

Volgens Zulu word 13 000 dakloses, straatmense, boemelaars en bergies in skuilings deur haar departement gehuisves, en is 5 miljoen toelaes van R350 elk teen einde Junie uitbetaal.

Die minister se verklaring het politici en joernaliste verward gemaak oor die doel van haar verklaring, wat, behalwe vir die hoeveelheid R350-toelaes wat uitbetaal is, bykans woordeliks ooreenstem met ‘n verklaring wat sy op 8 Julie gemaak het.

Die DA-LP Bridget Masango het gesê stelsels waaroor Zulu grootgepraat het werk steeds nie – stelsels waarop kwesbare mense staat maak om nie te verhonger nie. Sy het vele voorbeelde gelys waar die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) nie genoeg kontant aan poskantore gestuur het om broodnodige toelaes uit te betaal nie. Die poskantoor van Mitchells Plain is hiervan die mees onlangse voorbeeld.

Volgens Masango is Zulu nie in staat om met konkrete voorstelle vir die oplossing van die land se maatskaplike krisisse vorendag te kom nie, en dui haar inset daarop dat die ANC ‘n onkapabele staat bedryf wat heeltemal uit voeling is met die lewens en uitdagings van gewone Suid-Afrikaners.

“Minister Zulu, waarom doen u niks nie? Hoekom is dit so dat u gewoon nie omgee nie?” het Masango gevra.

Van die kant van die EFF het hul LP Delisile Ngwenya gesê daar is reeds soveel hongersnood in die land – veral onder swart vroue – dat dit bykans ‘n vorm van neo-apartheid deur die ANC is om nie geleenthede vir die land se kwesbares uit te brei nie. Terwyl die regering nie by diesulkes uitkom nie, is daar duisende werklose maatskaplike werkers landwyd, het Ngwenya uitgewys.

Die IVP se Liezl van der Merwe het gesê onder minister Zulu floreer korrupsie, soos byvoorbeeld die steel van kospakkies deur ANC-ampsdraers. Sy meen Zulu skuld die land ‘n verskoning.

Tammy Breedt van die VF Plus het gesê Suid-Afrika sal die koste van die huidige swak regering op die lang termyn betaal, soos die vertraagde uitbetaling van R350-toelaes, en die regering se leë beloftes. Breedt het die ANC daarvan beskuldig dat hulle ‘n bespotting maak van die Vryheidsmanifes en dat hulle ‘n skande op die land is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Antoinette

Elke oggend ry ek tussen 6:30 en 7 uur verby die poskantoor oppad werk toe. Mense staan in n lang ry voor die poskantoor om die R350 te kry, wat baie opvallend is daar is geen wit gesiggie tussen die ry mense. My suster het aansoek gedoen en slegs 1 x die R350 ontvang. My dogter het al 4 x haar inligting deur geepos of gebel maar nog niks ontvang nie.

Pampoenbril

Is dit nie maar net Parlementêre etiket om op n kunstige wyse bollie te praat nie. Ons word oortuig want ons is mos stupid!

christo

Jong, as dit ‘n Jan Spies storie kan jy mos sommer sien op die gesig sien hy of sy is ‘n gebore leunaar. G’n wonder mense is nie bang vir die owerheid nie, kyk hoe lieg ministers en hulle en kom niks oor nie.

Scalla

Lyk vir my baie na die hoof MC van die boswell wilkie sirkus.

Piet

Sy dink sy is onaantasbaar. Sy kruip agter haar parlementere status weg. Gaan kyk na haar bankrekening.