Ministerie ontken SAUK het Motsoeneng se aanstelling versoek

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die ministerie van kommunikasie het Donderdag gesê hy het nie ʼn brief van die SAUK ontvang waarin die minister versoek word om Hlaudi Motsoeneng as waarnemende bedryfshoof aan te stel nie.

“Die ministerie is bewus van ʼn brief wat na bewering deur die SAUK uitgereik is, waarin die raad glo goedkeuring versoek dat Hlaudi Motsoeneng as waarnemende bedryfshoof aangestel moet word,” het die departement in ʼn verklaring gesê. “Ons wil dit onomwonde stel dat ons nie formeel só brief van die SAUK-raad ontvang het nie.”

Aldus die verklaring is die ministerie vol vertroue dat die SAUK die hofuitspraak in ag sal neem wat Motsoeneng betref. “As die belanghebbende verteenwoordiger, is dit ons plig om vir die SAUK te wag om ons formeel in hierdie verband te nader, kragtens die mandaat van die uitsaaier. Tot daardie stadium sal dit hoogs onvanpas wees vir die ministerie om publieke aankondigings te maak.”

ʼn Konsepresolusie waarin Faith Muthambi, minister van kommunikasie, gevra word om Motsoeneng in waarnemende hoedanigheid aan te stel, sal in Oktober tydens ʼn raadsvergadering voorgelê word vir bekragtiging.

“Aangesien die volgende raadsvergadering vir 28 Oktober geskeduleer is, word die raad versoek om aan te beveel dat die minister die aanstelling van mnr. GH Motsoeneng goedkeur as die waarnemende bedryfshoof vir die periode van 19 September 2016 tot 18 Desember 2016,” lui ʼn brief gedateer 19 September deur die SAUK-groepsekretaris. “Die aanstelling van die waarnemende bedryfshoof sal by die volgende raadsvergadering voorgelê word vir bekragtiging. Die aanstelling van mnr GH Motsoeneng as die waarnemende bedryfshoof vir die periode 19 September tot 18 Desember word hierdeur goedgekeur.”

Die brief fokus op “klousule 13.7.1 van die Akte van Oprigting” waarvolgens die raad skriftelik enige senior lid van die SAUK mag aanstel wat hy goeddink en dat die minister die aanstelling van die betrokke senior werknemer sal goedkeur om as bedryfshoof of hoof finansiële beampte op te tree.

Die Demokratiese Alliansie het Donderdag gesê hy het die raad van die SAUK tot Maandag tyd gegee om te reageer op die stand van Hlaudi Motsoeneng, wie se aanstelling intussen deur die appèlhof ter syde gestel is.

Volgens ʼn berig in die Times-koerant is die konsepresolusie Maandag na raadslede gestuur vir goedkeuring.

Die DA het die SAUK gevra om Motsoeneng se posisie by die uitsaaier te bevestig, asook wanneer hy aangestel is. Die party het ook gevra of iemand anders aangestel is om as bedryfshoof waar te neem en wie daardie persoon is.

“Die SAUK is tyd gegee tot Maandag 26 September om op ons versoek te reageer. Motsoeneng en die SAUK moet nou gehoor gee aan die uitspraak van die Wes-Kaapse hooggeregshof. Indien hulle versuim om dit te doen, sal die DA geen ander keuse hê as om die saak verder te neem nie,” het James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, gesê.

Motsoeneng het glo Dinsdag “as ʼn gewone werknemer” vir werk aangemeld ná die appèlhof se uitspraak. Zola Majavu, sy prokureur, het gesê die raad moet besluit wat om met Motsoeneng te doen en sy kliënt sal nie verdere regstappe in die verband neem nie.
Regter Dennis Davies het verlede jaar in die Wes-Kaapse hooggeregshof beveel dat gegewe die negatiewe bevindings in ʼn ondersoek deur Thuli Madonsela, openbare beskermer, dit irrasioneel van Muthambi was om Motsoeneng permanent as bedryfshoof van die SAUK aan te stel.

Volgens die DA, wat aanvanklik die aansoek gebring het, het die SAUK nou geen ander keuse as om Motsoeneng af te dank nie.

Lees alle vorige berigte oor Hlaudi Motsoeneng op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lance ·

Hulle lieg oor alles soos dit hulle pas so glo niks meer wat hulle se nie …die ministerie is histeries en n groot joke !

Jakobus ·

Volgens berigte is hy reeds weer tydelik vir 3 maande in die pos op versoek van die SABC deur die halstarrige minister Faith Muthambi aangestel. Wat maak mens as die regering hul aan die howe en wetgewing af vee, net voort stoomroller? Dit hou net aan, gebeur keer op keer en niemand kan dit klaarblyklik stop nie? Die land is verder daarmee heen as wat mens gedink het, baie verder. In totaliteit gekaap.

KarooKlong ·

Hierdie slinkse woordspeling is een van die oudste metodes om tyd te wen maar eintlik net ‘n wanhopige poging om die diepte in die emmer vol van jou eie stoelgang rond te skommel.
Die ministerie het duidelik ‘n wanindruk van ons ik en ons vermoens.

Cherokee ·

Klong daar doer in die Karoo, ek frons met mondhoeke so ietwat na onder terwyl ek lees wanneer jy verwys na ons vermoëns want sover word daar maar gesukkel om vermoënd te wees. Ek hoop die vermoëns val nie so plat soos die Karoovlakte nie maar word bewys as effektief.

Jeanne ·

Ek verstaan glad nie wat gee hulle die reg om hom her aan te stel nie . die HOF het uitspraak gelewer, respekteer asb die hof te besluite en hou OP om vas te klou aan iets wat nie aan jou behoort nie, en waar jy nie hoort nie, hy het mense bedrieg met valse kwalifikasies ens ens . hoekom hom nog ‘n salaris betaal tot Desember? Hy dra glad nie by tot die vooruitgang van die SAUK nie, raak ontslae van hom . die WOORD is gespreek!!

Cherokee ·

Jeanne, betreffende kwalifikasies, sedert rekenaars nie meer ‘n vreemde staalboks daar doer agter ‘n toobank is nie maar rekenaars en drukkers standaard huishoudelike items geword het, word hogere kalifikasies bereik in enkele minute deur ‘n rekenaar-operateur met basiese verbeeldings vermoë. Om die klerk agter die toonbank by die kafee as professor aan te spreek is nie so erg as wanneer ‘n loodgieter verder vaktoetse doen en ontpop in ‘n kardiloog nie. Of so iets :-) Wanneer die dokter vir jou ‘n voorskrif skryf, vra eers ‘n paar vrae!

Sê net ·

Duidelik het faith muthambi ‘n baie sagte plek vir motsoeneng en is sy nie in staat om oordeelkundige besluite te neem tov haar pligte as staatsamptenaar in diens van die beladtingbetalers nie. Fire haar!

Emma ·

Ek dink hierdie Muthambi karakter kry haar opdragte van ń hoër gesag. Dalk Nummerwhan?

Grassie ·

Ek dink Zuma gaan sy bes doen om ou rooi-oge in beheer van die SABC te hou. Zuma beplan om aan bewind te probeer bly wanneer sy termyn verstryk en die moontlikheid dat hy ‘n staatsgreep oorweeg is nie onmoontlik nie. In daardie geval is dit belangrik om die openbare uitsaaier aan jou kant te hê. As hy nie vir Hlaudi kan behou nie sal hy en sy faithful Faith iemand van soortgelyke karakter daar plaas.

Johan ·

Kan iemand net bevestig as Motsoeneng – Dinsdag teruggekeer het as gewone werker – is sy salaris aangepas as gewone werker – of verdien hy nog die miljoene om ‘n sitplek warm te hou

Cherokee ·

Klink nie asof jy haar dink sy is enigsins faithful nie.

Alida ·

No 1 sal hom daar hou. Hulle steur hulle mos nie aan die regstelsel nie. Dit is al oor en oor bewys !!!!

Johann ·

Ek lees nou ‘n toespraak wat Moetsoeneng vanoggend by Mandoza se begrafnis gelewer het, hy het dit vir sy eie gewin gekaap. Genade!!! is al wat mens van die man kan sê, hy het net nie einde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.