Ministers aangetree oor byna R14 miljard skuld aan Eskom

Argieffoto: GCIS

LP’s het Woensdag beslis dat die interministeriële taakspan, wat munisipaliteite ondersoek wat nagenoeg R14 miljard aan Eskom skuld, na die parlement ontbied sal word.

Jabu Mabuza, raadsvoorsitter van Eskom, het aan Scopa (die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement) gesê die uitstaande skuld aan die kragvoorsiener het van R9,5 miljard verlede jaar gestyg tot R13,8 miljard aan die einde van verlede maand.

Scopa het in ʼn verklaring gesê hy is nie tevrede is met die reaksie wat hy van Eskom, die departement van samewerkende regering en tradisionele sake of die nasionale tesourie ontvang het oor hoe hulle die skuldprobleem gaan oplos nie. Die skuld het ʼn impak op Eskom se status by krediteure.

“Scopa hoop dat ʼn vergadering met die interministeriële taakspan ʼn oplossing sal bied, veral aangesien sommige munisipaliteite, wat in staat is om te betaal, versuim om dit te doen,” lui die verklaring. “Scopa sal ook die 10 munisipaliteite, met die meeste uitstaande skuld, kontak om te bepaal waarom hulle nie hulle skuld betaal nie.”

Dié munisipaliteite is:
– Maluti A Phofung (Harrismith, Vrystaat) – R2.8 miljard
– Mathabeng (Welkom, Vrystaat) – R1.8 miljard
– eMalahleni (Witbank, Mpumalanga) – R1.6 miljard
– Ngwathe (Parys, Vrystaat) – R936 miljoen
– Emfuleni (Vanderbijlpark, Gauteng) – R606 miljoen
– Govan Mbeki (Secunda, Mpumalanga) – R517 miljoen
– Lekwa (Standerton, Mpumalanga) – R491 miljoen
– Thaba Chweu (Sabie, Mpumalanga) – R431 miljoen
– Ditsobotla (Lichtenburg, Noordwes) – R293 miljoen
– Naledi (Vryburg, Noordwes) – R280 miljoen

Eskom het vantevore betalingsooreenkomste met die munisipaliteite aangegaan om te voorkom dat kragonderbrekings plaasvind. Eskom het egter aangemeld dat die munisipaliteite nie aan dié ooreenkomste voldoen het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie ·

Liewe Eskom…het julle regtig gedink julle comrades sal julle betaal? Bha ha ha ha ha ha haaa!

Adam ·

Johannes Kerkorrel het gesing, “Sit dit af, sit dit af”. Klink vir my na ‘n goeie idee.

nannie ·

@adam en wat van ons wat in daardie munisipaliteite bly en elke maand ons krag betaal?
Dink jy dit is regverdig teenoor ons?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.