Ministers, adjunkte as ‘distrikskampvegters’ ontplooi

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Foto: National Cogta/Twitter)

Die DA sê die ANC is inderdaad besig om ministers en adjunkministers na plaaslike en provinsiale regerings te ontplooi as deel van die bevelsraadstelsel.

Cilliers Brink, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, het gesê briewe is reeds aan premiers en burgemeesters gestuur waarin hulle ingelig word oor wie hulle sogenaamde distrikskampvegters is. Daar word na dié kampvegters verwys in ʼn dokument van die departement wat as “hoogs geheim” geklassifiseer is.

Die betrokke dokument beskryf die Covid-19-pandemie as die ideale geleentheid om die regering se mag te sentraliseer en hou die regering se “distriksontwikkelingsplan” voor as die manier om dit te bereik.

Die DA het weereens sy kommer uitgespreek dat die dokument moontlik die begin van ANC-pogings is om die magte van plaaslike en provinsiale regerings in te perk.

Cilliers sê die DA het pres. Cyril Ramaphosa reeds oor die dokument uitgevra en wag op sy antwoord.

“Intussen spesifiseer die ontplooiingsbriewe nie watter magte en verantwoordelikhede die distrikskampvegters gaan hê nie.

“Die DA glo sommige munisipaliteite het die uitnodiging om hul aangewese distrikskampvegters te aanvaar van die hand gewys tot die president meer duidelikheid daaroor gee.”

Cilliers sê dit is belangrik dat alle vlakke van die regering saamwerk om die Covid-19-pandemie te verslaan, maar dat dit begin met ministers wat dít doen waarvoor hulle in die eerste plek aangestel is.

Hy sê ministers soos Bheki Cele, minister van polisie, Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, en Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, was tot dusver in die middelpunt daarvan om pogings te ondermyn om die pandemie te beveg.

“Selfs die departement van samewerkende regering was uitsonderlik onhulpvaardig. Maande nadat pres. Cyril Ramaphosa miljarde rande in hulp beloof het aan munisipaliteite wat deur die afsondering geruk is, is dit steeds onduidelik of en wanneer munisipaliteite dié hulp gaan kry.”

Cilliers sê in plekke soos die Govan Mbeki- plaaslike munisipaliteit, waar die Bethal‑Emzinoni-gemeenskap sedert die afsonderingstyd onder beurtkrag van tot 12 uur lank gebuk gaan, het die nasionale regering nog nie ʼn vinger verroer om in te gryp nie.

“Bykomend tot duidelikheid oor die sogenaamde hoogs geheime dokument, gaan die DA nou ook die president vra om die land in sy vertroue te neem oor waarheen sy ministers en adjunkministers in hul rol as distrikskampvegters stuur.”

Cilliers sê die vraag moet gevra word of die land nie in ʼn beter posisie sal wees as Ramaphosa beter oorsig oor sy ministers uitoefen eerder as om hulle te ontplooi om toesig oor burgemeesters en premiers te hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pampoen ·

Hulle is maklik uitkenbaar. Die dames dra kopdoeke en die mans hoede.

koos10 ·

Met 45 body guards en 15 karre met blou ligte, sonder remme.

Gerhard ·

“Dames” seg jy ? Hoekom het ek dan n heel ander beeld van n “Dame” in my kop ?

Kokerboom ·

Die situasie rondom regering moet fyn gemonitor word. Die ANC moet sy 26 jaar van gemors regverdig teenoor sy kiesers en sal nou enige onderduimse kat en muis speletjies en strategiee uitdink om mag te behou ten koste van land en sy inwoners

johanf ·

Wat op regerings vlak aangaan, en op grondvlak, is so wyd verspreid…… Hoeveel kennis het hulle regtig oor die fisiese uitvoer van sekere besluite, opdragte…..

Barbara ·

Al wat ons kan vra is dat die DA die situasie moet fyn dophou asb.

JohanR ·

Daar is net EEN ding wat ek nog will doen, en hoop ek kan nog doen, en dit is om nog een keer te stem en hoop dat 26 miljoen kiersers saam stem, en die ANC uitstem. Jy kan NDZ se hand diep in hierdie lekker plan sien. Dit is al wat hulle meer besig is vanaf die 26ste Maart. Weet nie hoe die Wes-Kaap gaan werk nie want daar is hulle nie in beheer nie. Miskien is die blykbaar 80000 soldate daar vir ‘n vergryping in die Wes-Kaap?

capie ·

Geen verkiesing gaan ‘n ander uitslag he as die huidige regime wat wen. Alles is reeds soos in zim, staatsgreep in die geheim.

Stofdonkie ·

Is dlamini nou oopad om te gaan naaldwerk doen met die rol materiaal oor haar skouer?

johanf ·

Dankie, jy het my dag gemaak, nou so gelag my oë traan, ek ookal voorheen gewonder oor die doek, wat ook al…..

Jaco ·

Die ou wit Nasionale Party regering het nou nie tot die uiterstes van die ANC gegaan nie, maar ook maar ondemokratiese dinge gedoen. Vreemd dat bitter min mense toe gekla het. Verkose provinsiale rade is in 1981 deur PW Botha afgeskaf. Daarna is staatsaangestelde provinsiale rade deur die regering in Pretoria voorgese hoe hulle die provinsies moes regeer. Dan was daar ook die Staatsveiligheidsraad bestaande uit ‘n paar ministers en amptenare van die Weermag, Polisie, Dept Buitelandse Sake en die Nasionale Intelligensiediens. Dit was die eintlike regering wat selfs verby die verkose parlement gegaan het. Diegene wat nou kla moet net onthou: baie huidige nonsens van die ANC is maar net gecopy van goed wat die ou wit regering op kleiner skaal gedoen het. Lekker jobs vir Broederbonders was maar die voorganger van huidige “kaderontplooiing”.
Kortom, vandag se “hulle” wat die land regeer het nogal baie goed by “ons” van die ou dae geleer…

Pieter ·

Ten minste het die land vooruit gegaan daardie tyd. Ek het nie ‘n probleem as jy jou pelle aanstel nie, hulle moet net ten minste hulle werk kan doen.

Prikkie ·

Jaco – weet nie hoe oud jy is nie, en verstaan my mooi, silwerskoon was die NP nooit ooit nie.

MAAR, meeste goed wat die land nodig gehad het, paaie, spoorlyne, damme, lughawens was toe darem in werkende toestand.

En as die ANC by die NP “gecopy” het soos jy sê, dan het hulle maar bra sleg “gecopy”.

Die NP het een van sy eie Broederbonders laat opsluit vir bedrog. Pietie du Plessis as my geheue my nie in die steek laat nie.

Voorbeelde van ANC ministers wat tronk toe is?

Anoniem ·

Skrik tog net wakker DA, julle het mos volgens berigte die dokument onderskep waarin die bose planne sowel as die motiewe daaragter verduidelik word. As julle die stof uit jul oë vee, ontneem die ANC alle provinsiale regerings van hulle mag en word julle deur bevelsrade voorgeskryf en regeer. Wanneer gaan julle die demone oor die dokument konfronteer? Stig eenvoudig die Wes-Kaap NOU af terwyl julle nog ietwat in beheer is.

capie ·

Die afstigting van die Weskaap sal die hele land bevoordeel en tot ‘n val van die anc lei. Dit weet die kaders baie goed en sal nooit toelaat dat die Weskaap onafhanklik word

Prikkie ·

Sentralisasie van mag – terug by Nasionale regering en ontneming van burgerlike regte. Dit het alreeds begin.

Ons moet tog nie uit die oog verloor, dat die ANC ‘n “bevrydings organisasie” is/was.

Van regeer weet hulle dadels soos hulle nou al oor en oor bewys het.

Sarel ·

Niemand antwoord nie….. hulle speel nou al hoe lank Politiek met menselewens. Rhamaphosa is nie Staatshoof nie masr slegs spreekbuis

christo ·

Ramaphosa is nié in beheer van sy kabinet nié. Die
sentrale beheer model van NDZ en Luthuli-huis is tipes die kommunistiese model. Hoe meer onderduims ‘n regering word, hoe meer vertroulik (uiters geheim) word hulle planne. Ek het dit self beleef. Ons is naby die situasie waar ons soos Hong Kong gearresteer gaan word as ons die regering kritiseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.