Ministers afwesig by vergadering oor brand

Die komitee sou met die speaker en ministers vergader oor die voortgesette ondersoeke na die brand by die parlement. (Foto: Elmond Giyane/GCIS)

Lede van die parlement se gesamentlike staande komitee oor finansiële bestuur het Vrydag tydens ’n vergadering tevergeefs op Bheki Cele, minister van polisie, Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, en Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, gewag.

Die komitee sou met die speaker en ministers vergader oor die voortgesette ondersoeke na die brand wat die parlementêre kompleks vroeër die maand verwoes het.

“Die komitee is ter elfder uur in kennis gestel dat die vergadering gekanselleer is weens die onbeskikbaarheid van die ministers en speaker.

“Dit is onaanvaarbaar en ’n algehele verontagsaming van die parlement se oorsigrol,” sê Siviwe Gwarube, DA-parlementslid en hoofsweep.

Die party sê hy gaan die voorsitter van komitees in die parlement, Cedrick Frolick, asook adj.pres. David Mabuza skriftelik versoek om op te tree.

“Hulle moet dringend deur die parlement berispe word. Die voorsitters van hierdie komitee moet ook streng herinner word aan hul rol om die uitvoerende gesag tot verantwoording te roep.

“Die komitee het juis die minister van polisie na die vergadering ontbied om verantwoording te doen vir die veiligheidsbreuk wat tot die brand gelei het, aangesien die parlement 24 uur per dag onder die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se bewaking was.”

Die DA meen Cele moet nog rekenskap aan die parlement verskaf oor die brand, asook die verdagte wat in hegtenis geneem is.

“Verder moet die speaker as die hoof van hierdie instelling begryp hoe belangrik dit is om voor hierdie komitee te verskyn, veral wanneer die bespreking handel oor die mislukking van stelsels wat dié brand moes voorkom.”

Gwarube sê die parlement is reeds te lank deur die uitvoerende bestuur van die land geïgnoreer.

“Dit kan nie langer geduld word nie.

“Tussen die parlement, die SAPD en die departement van openbare werke en infrastruktuur moet die waarheid oor wat daardie dag gebeur het, nagestreef word en die verantwoordelikes moet verantwoordbaar gehou word.”

Die party meen dít sal nie gebeur as die komitee flou verskonings vir die niebywoning van vergaderings aanvaar nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JM ·

Té veel moeite om by te woon. Hoe kan die parlement verwag dat dié drie se KFC en slaaptyd onderbreek word?

Strandloper ·

Ooooo was hul al ooit teenwoordig veral die hoed piet, sy ligte is maar dof…

Gary ·

Hulle is n goeie voorbeeld vir die jong mense in die vervalle land . Hoe kan enige persoon hierdie MINISTERS repekteer. Dit is een van die redes hoekom die meest e jonges in die land geen respek het nie en dink ook hulle kan met moord wegkom.

Blikkies ·

Sulke dinge laat my bloed kook. Hoe sleg wil hulle nog wees. Hoe kan enige mens respek he vir sulke sogenaamde Ministers.

Maggies ·

Geen wonder ons land is in so swak toestand nie. Geen respek vir ander se tyd of belange nie.

Aanhouer ·

Ontbind sommer die hele parlement ; aangesien daar nie meer ň ‘parlement’ is nie. Let’s start over.

Kobus ·

Sal seker weer 10 verskonings gee. Geen respek. Teleurstelling van 2021/22 = de Lille. Die ander twee het reeds hulle ware self gewys.

Kokerboom ·

Kla die nuttelose skepsels aan van minagting en AWOL. Hul houding tiperend van die veragtelike ANC kultuur

Di ·

Die spul wil nie opdaag want hulle weet wie het nie hulle werk gedoen nie!

Jacobus ·

Patricia de Lill het besluit dit is nie die moeite werd om net n fluitjieblaser te wees nie, gaan staan maar by die krip en vreet saam. If you cant beat them join them.

Juffrou ·

Totale minagting vir enige reëls óf wette. Geen respek vir hul eed. Dis só ironies soos die pas afgelope matriek uitslae debakel ook. Kastig teen die Popia wet. Maar tog steur hulle hulle aan geen wet!
Dié 3 narre moet afgedank word.
Kom Cyril, wys ruggraat en doen dit sommer oornag. Soos jou voorganger.
O ja, en die nar van Vervoer ook.

Jacobus ·

Pateties – meerso omdat van die wat deel was van versaking van hulle pligte, kan nie kan nie opgespoor word nie. Lekker “partie” benadering! Dank af mr die President!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.