Ministers besoek hospitaal ná aanval

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, besoek Vrydag die Letaba-hospitaal waar drie dokters Donderdag aangeval is. Foto: ANA

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, en die minister van polisie, Bheki Cele, besoek Vrydag die Letaba-hospitaal op Tzaneen waar drie dokters in hul woonplek op die perseel aangeval is.

“Dié barbaarse aanval op die dokters moet ten sterkste veroordeel word,” het Motsoaledi voor hul besoek aan die hospitaal in Limpopo gesê. “Maar meer nog moet die wetstoepassingsagentskappe gemobiliseer word en toesien dat die verdagtes aangekeer en aan die kaak gestel word.”

Hy sê hy beskou die aanval op mediese praktisyns as “ʼn oorlogsverklaring teen die staat en die burgers van die republiek. Ons kan nie dié ernstige wetsoortreding as net nog ʼn misdaad beskou nie. In dié opsig het ons die saak tot by die nasionale minister van polisie geëskaleer.”

Motsoaledi en Cele besoek die hospitaal om eerstehandse inligting oor die gebeure te bekom en om vas te stel wat gedoen kan word ten einde vinnige resultate te kry.

Hul twee maande oue baba en die vrou is ongedeerd, maar die man is geskiet.

Maroela Media het Donderdag berig vyf swaar gewapende rowers het Donderdag omstreeks 03:15 deur die palissade agter die hospitaal gebreek en by ʼn egpaar, albei dokters, se huis ingebreek. Hul twee maande oue baba en die vrou is ongedeerd, maar die man is geskiet, waarna die aanvallers met ʼn TV-stel en selfone weggekom het.

Die verdagtes het toe op nog ʼn dokterswoning toegeslaan, waar hulle ook twee getroude dokters aangeval het. Die man is geskiet en die vrou is met ʼn skerp voorwerp aangerand. Hulle is ook van ʼn TV-stel en selfone beroof, terwyl hul skootrekenaars en kontant ook gesteel is.

Die drie beseerdes is opgeneem in die hospitaal waar hulle werk en sterk daar aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jacques

Wat help dit om die hospitaal te besoek ? Besoek eerder unie gebou saam met al jou kronies en kry n daadwerklike oplossing vir die wetteloosheid in die land . Jy mors tyd en geld om besoeke af te le soos n dominee van ouds .

Thinus Erasmus

Min. Motsoaledi, begin die erns en omvang van geweld en misdaad nou by jou deurskemer? Daar is massiewe ge-organiseerde misdaad, maffia en bendes, smokkel kartels en sake skelms. Dan is daar gewoonte misdadigers, beroepsmisdadigers en ook geleentheid misdadigers. Laastens dink enige gewone persoon dat misdaad ‘n uitweg of goeie kans is net wanneer dit oor sy pad kom. Hoekom dink jy/julle die regeerders is dit so? Omdat julle nie die regte voorbeeld stel nie, alle reg en geregtigheid verdraai en vernietig is, en omdat julle die wet nie reg toepas en behoorlik straf nie. Daarom sal misdaad julle die regeerders… Lees meer »

Adri

Die berig sê nie of die dokters dood is of net gewond is in die skietery nie.

Ian

Snaaks dat die tipe eskalasie nie gebeur na plaasaanvalle nie. Was die dokters dalk almal swart?

Alida

Aaron moet sy vrot hospitale besoek.