Ministers besoek hospitaal ná aanval

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, besoek Vrydag die Letaba-hospitaal waar drie dokters Donderdag aangeval is. Foto: ANA

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, en die minister van polisie, Bheki Cele, besoek Vrydag die Letaba-hospitaal op Tzaneen waar drie dokters in hul woonplek op die perseel aangeval is.

“Dié barbaarse aanval op die dokters moet ten sterkste veroordeel word,” het Motsoaledi voor hul besoek aan die hospitaal in Limpopo gesê. “Maar meer nog moet die wetstoepassingsagentskappe gemobiliseer word en toesien dat die verdagtes aangekeer en aan die kaak gestel word.”

Hy sê hy beskou die aanval op mediese praktisyns as “ʼn oorlogsverklaring teen die staat en die burgers van die republiek. Ons kan nie dié ernstige wetsoortreding as net nog ʼn misdaad beskou nie. In dié opsig het ons die saak tot by die nasionale minister van polisie geëskaleer.”

Motsoaledi en Cele besoek die hospitaal om eerstehandse inligting oor die gebeure te bekom en om vas te stel wat gedoen kan word ten einde vinnige resultate te kry.

Hul twee maande oue baba en die vrou is ongedeerd, maar die man is geskiet.

Maroela Media het Donderdag berig vyf swaar gewapende rowers het Donderdag omstreeks 03:15 deur die palissade agter die hospitaal gebreek en by ʼn egpaar, albei dokters, se huis ingebreek. Hul twee maande oue baba en die vrou is ongedeerd, maar die man is geskiet, waarna die aanvallers met ʼn TV-stel en selfone weggekom het.

Die verdagtes het toe op nog ʼn dokterswoning toegeslaan, waar hulle ook twee getroude dokters aangeval het. Die man is geskiet en die vrou is met ʼn skerp voorwerp aangerand. Hulle is ook van ʼn TV-stel en selfone beroof, terwyl hul skootrekenaars en kontant ook gesteel is.

Die drie beseerdes is opgeneem in die hospitaal waar hulle werk en sterk daar aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jacques ·

Wat help dit om die hospitaal te besoek ? Besoek eerder unie gebou saam met al jou kronies en kry n daadwerklike oplossing vir die wetteloosheid in die land . Jy mors tyd en geld om besoeke af te le soos n dominee van ouds .

Thinus Erasmus ·

Min. Motsoaledi, begin die erns en omvang van geweld en misdaad nou by jou deurskemer? Daar is massiewe ge-organiseerde misdaad, maffia en bendes, smokkel kartels en sake skelms. Dan is daar gewoonte misdadigers, beroepsmisdadigers en ook geleentheid misdadigers. Laastens dink enige gewone persoon dat misdaad ‘n uitweg of goeie kans is net wanneer dit oor sy pad kom.
Hoekom dink jy/julle die regeerders is dit so?
Omdat julle nie die regte voorbeeld stel nie, alle reg en geregtigheid verdraai en vernietig is, en omdat julle die wet nie reg toepas en behoorlik straf nie. Daarom sal misdaad julle die regeerders self nog ook verteer.
In stede van oplossings soek, soek julle net verskonings. Geniet maar hierdie hel op aarde saam met ons res.

Adri ·

Die berig sê nie of die dokters dood is of net gewond is in die skietery nie.

Dokkie ·

Op die radio is gese dat die VROUE DOKTER ernstig gewond is en geopereer is, die ander twee se toestand is nie oor uitgelaat nie, wat my laat dink hulle is nie ernstig beseer nie.

Ian ·

Snaaks dat die tipe eskalasie nie gebeur na plaasaanvalle nie. Was die dokters dalk almal swart?

Katerina ·

Ja. Kyk na die Letaba Herald, het gou gegoogle en volgens die vanne kan mens aflei. Daar is ook n foto van Dr.Kunene in sy hospitaal bed. Die punt is dit is onaanvaarbaar. Dit behoort nie te gebeur nie. Nie met Enige dokter of landsburger nie. Maar ons weet ook, as die dokters wit was, weet ons daar sou doodse stilte geheers het van Cele en kie.

Hansgat ·

Wow… Toe doen hy ook iets die jaar! Help nie veel nie maar noudat sy brein suurstof gekry het mag hy dalk net besluit om te bedank!

Alida ·

Watwou bedank afdank klink beter en sommer aangekla word vir moord op 144 mense.

GM ·

In die vorige berig is daar genoem dat die ma van die baba geskiet is?

Herman Geers ·

Ek neem aan die geagte minister se dis n aanval teen die staat omdat dit n staat hospitaal is. As dit die geval is hoekom ontplooi die regering nie die weermag by hospitale nie instede om riool opteruim langs die Vaalrivier? Dalk is die mens se lewe dit nie meer werd nie.

Jeremia ·

Hierdie anc-staat laat my dink aan die boek The Comedians wat afspeel tydens Papa Doc se skrikbewind.
Eweneens ‘n poppespel van wetteloosheid, korrupsie en gewetenlose selfverryking.
Die aflê van sulke besoeke is leë gebare wat The Comedians uitvoer.
Land is deur ‘ons’ verwoes, maar ‘ons’ maak net so nou en dan ‘n gebaartjie asof ‘ons’ omgee en sake onder beheer het.
Alles is lankal buite beheer. Dit laat die deur oop vir staatskapings (maatskappykapings), moorde en talle ander superernstige MISDAAD.
Hierdie siek grap stuur onafwendbaar af op volslae tragedie.

Stripes ·

Uit die ernstige optrede kon ek aflei dat dit nie wit dokters was wat aangeval is nie want, dan sou dit net soos die plaasaanvalle, geen optrede van die staat gekry het nie.

Out of Africa ·

Om dokters te skiet is net diep siek. Hulle is dan juis die mense wat ander moet help ongeag van ras. Daar sal naderhand nie meer dokters in SA oor wees nie, so baie goeie Afrikaanse dokters is alreeds hier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.