Ministers bespreek geweld teen uitlanders

Drie Suid-Afrikaanse kabinetministers het Vrydag met die hoofde van diplomatieke sendings in Pretoria vergader (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Drie Suid-Afrikaanse kabinetministers het Vrydag met ambassadeurs en hoë kommissarisse van hoofsaaklik Afrika-lande vergader om gewelddadige aanvalle teen uitlanders in die land te bekamp.

Polisieminister Bheki Cele, minister van binnelandse sake Siyabonga Cwele en minister van internasionale betrekkinge Lindiwe Sisulu het met die diplomatieke afgevaardigdes vergader. Die vergadering het agter geslote deure, sonder enige mediateenwoordigheid, plaasgevind.

Suid-Afrikaanse owerhede het Maandag ook vergader en onderneem om meer inligting oor die aanvalle te bekom.

Emmanuel Mwamba, Zambië se hoë kommissaris in Suid-Afrika, het gesê Lusaka is “uiters besorg” oor die jongste vlaag van aanvalle op uitlanders in sommige dele van Suid-Afrika. “Ons begin bekommerd raak dat dit lyk of dit gereeld plaasvind. Die algemene verkiesing vind plaas op 8 Mei en ons is besorg dat uitlanders beskuldig kan word vir ʼn gebrek aan werk, behuising, dienste en geleenthede,” het Mwamba aan die African News Agency (ANA) gesê.

“Ons moet ʼn dringende beroep doen op ons politieke leiers om seker te maak dat ons slegs op ʼn verantwoordelike wyse die kwessie bespreek. ʼn Uitlander, of hy onwettig is of nie, het nog steeds fundamentele menseregte. Hulle moenie aangerand of gestenig word nie en hul eiendom moet nie net sommer afgeneem word nie.”

Meer as 150 uitlanders van die informele nedersetting in Clare Estate in Durban moes verlede week uit die gebied vlug ná ʼn groep mans hulle aangeval het. Verskeie boodskappe doen die ronde met waarskuwings oor betogings teen die indiensneming van uitlanders in die land.

David Hamadziripi, ambassadeur van Zimbabwe, het Maandag gesê hy word bemoedig deur die Suid-Afrikaanse regering se houding. “Ons is oortuig dat geweld teen enigiemand – of dit ʼn uitlander of Suid-Afrikaner is – onaanvaarbaar is. Die Suid-Afrikaanse regering het ons ontbied sodat ons ons eie besware aan die lig kan bring.”

Die burgerregtegroep #NotInMyNameSA het Vrydag buite die departement van internasionale betrekkinge en samewerking betoog as deel van sy #NoToXenophobia-veldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

ANNA ·

En,die geweld teen die boere op die plase, dan nou…julle ‘fat cats’ se spense?
Kry DIT nie ook voorrang en voorkeur nie,of gaan julle die hoender by kfc koop en die kos in pick&pay…???

Andreas ·

Ek hoor niks van enige gesprek wat in die verlede plaasgvind het, of nou gaan plaasvind oor die geweld teen boere nie. Baie duidelik is die ANC regering meer bekommerd oor die welstand van uitlanders.

Johanna Botha ·

Van een tee na die volgende tee …dis n OU probleem soos eskom wat hulle netnie kan regkry nie …wat n gesukkel ???

Gert van Wierdapark ·

Die gaping tussen praat en doen word gevul met Ver-gader. Hoekom daar agter geslote deure gesels is, laat mens wonder of iemand al agter die kap van die byl oor die oorsake gekom het? Miskien moet daar ook met van die slag-offers gesels gewees het deur die vergadering = eerstehandse inligting, en nie afgewaterde info via al die kanale voordat dit by die “top brass” uitkom nie. Dis ‘n kopkrap situasie wat waarskynlik voor 8 Mei 2019 meer gereeld gaan gebeur, want dit is iets wat die a en see regering bietjie laat regop sit weens druk van ander lande!

John ·

Hoeveel van die uitlanders het winkels in SA en hoe kry hulle dit reg as hulle as glo armlastig en bedreig hier aanland? Ons regering wil glo die lande wat die ANC in die apartheidsjare gehelp het, vergoed deur hul mense hier te huisves. Die werklike getal uitlanders bo uit Afrika behoort nogal ‘n aardige syfer te wees.

MJ ·

‘Uitlanders het nogsteeds fundamentele menseregte’. My aarde! En die res van ons? Het ons nie ook fundamentele regte vir veiligheid nie? Om nie eens te praat van ons Boere nie. What a joke! Die opskrif van hierdie berig maak mens alreeds warm onder die kraag.

Michelle ·

Is nou baie van die uitlanders wat meer en meer merk plaas moorde betrokke is, met moorde betrokke is wat goed op rakke verkoop wat lankal verval het, wat dwelms verkoop, wat met renosters horings gevang word gaan soek maar so op in die media dan is die een hier by die grens voor gekeer of daardie een het nie paspoort nie of hy verstaan nie Engelse nie.

Uhm..... ·

Hie hie hie hie. Dos BEWEERDE uitlanders wat met plaaamoorde, stopery en dwelmsmokkelary betrokke is. Dan lyk dit mos beter vir die anc.

Johanna Botha ·

Op tv gesien hoe maklik mense SA instap oor die grense …geen ID of fingerafdruk eers nodig nie….more moet sy kind skool of raak iemand siek …toemaar belasting geld sal jou help hier is mos baie om te mors ! Of raak betrokke by misdaad …geen spoor hy is soos n spelt wat verdwyn …dankie anc !

Michael P ·

Agter geslote deure Dan moet jy weet daar broei al weel boosheid. Dit is mos hoe die klomp skelms werk.

George in Bloem ·

Die “ministers” is deel van die probleem want hulle “bespreek” te veel en DOEN heeltemal te min….

Hanna Hoekom ·

Immigrasie is n voorreg, nie n reg nie! Daar moet tog iewers beheer, oor die hoevelheid immigrante wat instroom, uitgeoefen word. Ons benodig n muur en gou ook! Charity starts at home.

Dienkie ·

O, die ministers vergader om die aanvalle op buitelanders te bespreek. Hulle het almal winkels op residensiele erwe (hoe kry hulle dit reg, is dit nie teen die munisipale regulasies nie?). Hoekom is die ministers nie so ywerig om die wreedaardige aanvalle op die Suid-Afrikaanse plaasboere te bespreek nie.?

humor ·

Vry na buitelandse beleggings as dit gaan oor westerse imigrante . As dit oor imigrante uit donker Afrika gaan moet hul voorkeur behandeling kry, want hulle is potensiele stemgregdigdes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.