Ministers se braaigeriewe ruk jou sak

Argieffoto: Via Facebook

Scopa, die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement, het Dinsdag kommer uitgespreek oor hoe die departement van openbare werke byna ʼn half miljoen rand spandeer het aan opknappingswerk van braaigeriewe by huise van ministers.

“Scopa is van mening dat daar nie van Suid-Afrikaners verwag kan word om dié bedrag geld net vir braaigeriewe vir ministers op te dok nie,” het Scopa in ʼn verklaring gesê.

“Die komitee is bekommerd oor wat as prioriteite deur die regering beskou word. Is dit regtig nodig om so ʼn bedrag geld net op braaigeriewe vir ministers se bestee?”

Scopa het ook gesê hy is bekommerd oor hoe die regering buitensporige bedrae van belastingbetalers se geld bestee aan die aankoop en instandhouding van huise aangesien sommige daarvan nie eens deur ministers of adjunkministers gebruik word nie.

Die komitee het gesê hy weet dat die departement 148 luukse huise besit wat aan ministers en adjunkministers toegeken is.

“Scopa het die departement versoek om ʼn verslag in te dien van hoeveel al dié huise die regering oor die afgelope twee boekjare aan opknappingswerk en eiendomsbelasting gekos het. Scopa het ook versoek dat die departement aandui watter van dié huise as erfenisterreine verklaar is.”

Die komitee het verder kommer uitgespreek dat daar nie ʼn perk geplaas word op die aankoop van huise vir ministers nie. Die departement het blykbaar R9 miljoen aan ʼn huis vir ʼn sekere minister bestee, terwyl ander ministers in huise van R4 miljoen woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Theresa B ·

Jy is reg Willie. En dan wonder hulle hoekom alle bronne bankkrot is en en en…………
Dis belaglik!!

moegoe ·

hulle kan hulle eie huise en braaigeriewe betaal. as hulle voel hulle kan dit nie op hulle salarisse bekostig nie, kan hulle maar n container by prasa nationaliseer.

bgj van der westhuizen ·

waar om moet hulle huise kry van die staat om n te bly ek moet my eie huis koop / of huur hulle verdien genoeg sorry te veel kan dit self betaal bemorsing van belasting geld

Anoniem ·

Dit gaan lekjer in die land dis hkm daar soveel armmoede is !!!!!!

Irma ·

Lekker plek die Suid Afrika. Dis voordelige misbruik wat hulle hulself toeien, terwyl CR se ideë van die pot op die stoof vir mense soos ons elke.kort kort bietjie warmer gemaak word soos met die laaste belaglike ideë van grond onteiening sonder vergoeding aan die gebeur is.

Jaco ·

EK wonder wie gaan vir al die luxuries betaal as ons bates van ons onteien word en ons nie meer inkomstes kan genereer om hul huise en karre se paaimente te help betaal nie….wat dan?

Anoniem ·

Dan, liewe Jaco, tuimel die ANC se kaartehuis inmekaar. Daar sal dan selfs ook nie meer geld wees vir die Sassa toelae nie.

CFS ·

Daar is ń spreekwoord wat sê :as krummel brood word dan val hy van die tafel.Dit is presies wat in ons land aan die gang is.

Anoniem ·

Absoluut verregaande, en ‘Our People’ is honger !?? Bejaarde Ouers en wees kindertjies kon van die geld gekry het om hulle lewens omstandighede te verbeter ???

Laurika ·

Ander werknemers van die staat nl verpleegsters en die polisie diens, betaal almal vir hul eie braaigeriewe. Ja, hulle kry ‘n klein behuisings toelaag en die staat dra as deel van hul pakket ‘n klein bedrag by vir hul huis verbande, maar hulle betaal die res uit hul eie sakke. Hoekom op aarde dit toegelaat sal word dat ons hard verdiende belasting gelde vir braaigeriewe gebruik moet word terwyl daar daagliks mense sterf in ons staats hospitale as gevolg van hulle tekort aan geriewe? Hierdie land se prioriteite….

Sandra ·

Hoekom is ek nie verbaas om hiervan kennis te neem nie. Hoekom is dit nodig om grond te ontein sonder vergoeding as daar op 1 huis R9 miljoen gespandeer kan word. Net in Suid Afrika

Snowball ·

George Orwell se boek Animal Farm word ‘n moet lees; tans is SA ‘n presiese weergawe van hoe hierdie boek kommunisme uitbeeld. ‘Spine chilling’ eintlik as jy die ooreenkomste sien.

Emma ·

Braai n tjoppie in n halwe drom soos ek maak. Hou op mors en koop grond vir die minder bevoorregtes.

Louis ·

In 1985 was ek deel van die beskerming van die minters en hul gades, by die destydse minister van finansies was n brand by die ampswoning te Braynterion Pretoria. Die matte se vervangingswaarde was toe R60 000.00. Onthou dit was in 1985, dit gaan al lank so aan.

Lala land ·

Ja Louis… maar in 1985 het alles GEWERK, die land was nie bankrot nie en was daar nie totale verval van basiese dienste en geriewe in die land nie – die Minister het daarom sy matte verdien.

Johan ·

Haai toe nou mense kan jy hulle kwalik neem? Braaidag is om die draai! :-)

Hanna Hoekom ·

Jy is SO reg! Animal farm in aksie. “All animals are equal… But some animals…”

Ore ·

Lekker man lekker! Grondbesetters daag op en eis wat hulle toekom al betaal hulle nie belasting nie.Waarom ruk ons belastigbetalers nie op met ‘n cooler box vol vleis en ‘n drink dingetjie by die wonings op nie en eis om daar te braai?

PPP ·

Net soos hulle plase wil vat, vat hulle vleis weg dan is dit mos nie nodig vir n braaiplek nie.

SjN ·

n Sinkmakoko langs die huis kan ook mos die ding doen en is ook baie goedkoper.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.