Ministers vergader met banke oor Gupta-rekeninge

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Die presidensie het Donderdag die regering se besluit verdedig om in te gryp in die twis tussen verskeie van die land se groot banke en die Gupta-familie.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het gesê die ministers van minerale hulpbronne, arbeid en finansies is versoek om met die banke te vergader om vas te stel hoekom die Gupta-familie se maatskappy Oakbay Investments se bankrekeninge gesluit is.

“Die banke se optrede skrik toekomstige beleggers wat sake in Suid-Afrika wil doen af,” het Radebe gesê. Hy het die besluit om in te gryp verdedig en gesê dit is bloot ʼn “interaksie” om meer inligting te bekom.

“Daar is nie ʼn presedent wat geskep word nie. Dit is ʼn normale taakspan wat die regering van tyd tot tyd op die been bring indien daar ʼn kwessie is wat bekyk moet word.” Radebe het daarop aangedring dat dit nie ʼn ondersoek is nie en het ontken dat die regering besluite in die private sektor probeer beïnvloed om die Guptas te bevoordeel.

Oakbay Investments het vroeër gesê die sluit van sy rekeninge kan tot die werkverlies van duisende werknemers by die maatskappy lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lance ·

Radebe se dit sal voornemende beleggers afskrik indien die banke so optree teen die guptas …..HALLO dis presies die boodskap wat SA moet uitgee om kwakiteit beleggers te lok wat nie skelm is nie ….die stelling van hom wil maw korrupte mense lok ….soos die guptas ….ons sal regtig onnosel wees om die man te glo . En wat die verlies aan werksgeleenthede betef ….laat die mense gaan en betaal hulle maar uit ….almal is beter af sonder die skelm mense wat die hele land plunder en dit sluit jz in.

Frederiks ·

Hi, Lance, hoe op aarde kan jy nou beweer dat ons president skelm is?

Ouman ·

Die ou dink ons is onnosel. Dit skrik juis beleggers af dat die regering toe gelaat het dat die Guptas so veel mag he. As die banke toe gee aan die druk van die korrupte gespuis kan dit hulle duur te staan kom. Die optrede van die ANC ministers bevestig net weer wat se hou vas die Guptas op hulle het. Daar moet behoorlik ondersoek gedoen word om vas te stel hoe die spul wat met niks hier aangekom het so gou ryk geword het. Kyk na goed soos bekasting ontduiking deur hulle besighede.

Thys ·

Die regering se samewerking met obskure karakters/maatskappye is die probleem. Dit is wat beleggers afskrik. Die private sektor is n faktor wat die regering na moet luister. Want dit is daar waar regte geld tel!

HEVW ·

Ek glo die banke het die mag om hul kaalkop die waarheid te vertel en deeglik die vloer met hul te was. Hierdie kastige inligting wat verkry moet word, is niks anders as om met die hoed in die hand daar te gaan staan nie. Dit is duidelik wie die verlee party is.

Elizabeth ·

Miskien voel die banke ook die hitte. Geldwassery het iewers langs die lyne gebeur. Hot potatoes?

Johann ·

Natuurlik moet die regering n groot bron van inkomste, vir hoë regeringslui beskerm envertroetel.

Ria Venter ·

Kan iemand aan my verduidelik hoe die sluit van bankrekenige tot verlies van werksgeleenthede kan ly. Weereens is dit nie die Guptas wat skuldig is nie maar die banke. Hulle rekeninge is gesluit hulle geld het nie verdwyn nie. Sulke goeie kliente behoort mos nie n probleem te he om n ander bank te kry om hulle besigheid te vat nie. Dit is maar net weer afpersing van ons land,, julle doen nie soos ons wil he nie, nou gaan die mense hulle werk verloor. Ons is lankal nie meer oningelig of dom nie.

Henk Brand ·

Baie ongehoord vir die regering om by private banksake in te meng. Die houvas op die banke is waarskynlik van so ‘n aard dat hulle nie hierdie vergaderings kan weier nie asook natuurlik die invloed van die Guptas op sekere individue.

Plaasjapie ·

Moet sommer jz se rekenings ook sluit. Dalk gee pad hy….ha.ha

Jordaan ·

Help nie, hy gebruik sommer die staatskas soos ‘n spaarvarkie :-)

Veritas ·

Die ANC-leierskap maak ‘n groot fout as hulle dink dat, almal in Suid-Afrika, nie die vermoë het om vir hulself te dink nie. Die standaard van leierskap het so agteruit gegaan dat selfs die leiers nie meer glo wat hulle self kwytraak nie. Die beeldpoetsers van dié spulletjie slaap seker nooit want hulle het 25 uur per dag nodig om die vorige dag se gemors te probeer mooipraat. Die verskoning dat, die een of ander ANC-hooggeplaasde se idiotiese uitsprake of optrede, buite konteks aangehaal was, hou nie meer water nie. Hulle hardloop nou in sirkels rond soos die spreekwoordelike afkop-hoender.

Oupa Neels ·

Die banke moet oppas,voor hulle hul oë kan uitvee het JZ hulle vir die Guptas gegee. Hy het mos n manier.

Peet ·

Natuurlik sal hulle wil ingryp. Die rughand word uit daai rekeninge betaal en nou kry hulle niks. Ha!

gert ·

Net nog ‘n bewys dat die regering in die Guptas se sak is maar nie die banke nie.

neelsie ·

Dis hoe ons sosialistiese regering optree.
Wil n vinger in elke “pie” he.

Scalla ·

Ek laat my nie vertel al die groot banke wat die besluit geneem het is verkeerd nie, hul tree verseker binne die wet en regulasies soos daar gestel deur die raad van finansiele diensteverskaffers en reserwe bank op. Hoop hul verskaf die werklike rede tot die stap.
Regering moet nie inmeng nie, bepaal eerder op jul eie bestuur wat nie eens ordentlik gedoen kan word nie. Almal is gelukkig nie korrup nie.

Stem saam ·

Stem 100% saam met almal hier. Verder is hierdie afgevaardigdes nou n ondersoekspan wat in n luukse hotel bymekaar moet bly n week voor die vergadering om te beplan, tydens en n week na om saam te vat en dan nog reis & verblyfkostes.

so waar ·

Hoekom maak daai zumtas nie nuwe rekeninge by die baksteenbank oop nie????? Spul bobbieropies.

hans brits ·

Die guptas gaan veroorsaak dat n hele klomp krimineel ministers en hul president val.Die een krim laat die andereen val,goeie een die.Daar gaan nog baie sports wees in die politiek net jammer die armes en boere gaan swaar kry.

Boerseun ·

Almal druk nou die banke. Hoekom verkoop die Guptas nie Oakbay nie dan is die werker mos gered.

Michelle ·

Die regering wou destyds nie vir Saambou Bank help nie. Daar het ook duisende mense hul werk verloor. In party gevalle beide ma en pa van een gesin. Wat maak Oakbay anders? Die Guptas? Hulle bande met die regering?

Marous ·

MNR Radebe …. Daar is ‘n ou Afrikaans gesegde- blaf teen die verkeerde boom .

Henrietta Klaasing ·

Kan die parlement asseblief ook vergader oor MY bankrekening? Of is dit weer “some animals are MORE equal than others”? … :)

Emile ·

Is die ministers se kontantvloei van die Guptas dalk nou ook afgesny deur die banke se diensopskorting met die Guptas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.