Ministers veroordeel brandstigting by skoolperseel in George

Brandstigting by die skoolperseel in George (Foto: Departemente van onderwys en vervoer en openbare werke)

Die departemente van onderwys, vervoer en openbare werke het brandstigting op die konstruksieperseel van Thembalethu Secondary School in George veroordeel.

Die brandstigting, wat Donderdag plaasgevind het, word vermoedelik verbind met die voortgesette onrus in die gebied oor die sloping van strukture, wat onwettig op grond opgerig is wat vir behuising geoormerk is.

“Ons kan bevestig dat die kantoor en store heeltemal verwoes is deur die brand,” het die woordvoerders vir ministers Debbie Schäfer en Donald Grant, gesê. “Dit sluit al die perseeladministrasie-dokumente, rekenaars en kameratoerusting in. Voertuie en masjiene is ook gevandaliseer, materiaal is gesteel en veiligheidspersoneel is weggejaag.”

In die belang van veiligheid, het die direktoraat vir onderwysinfrastruktuur van die departement van vervoer en openbare werke, aangeraai dat die konstruksiepersoneel die perseel sluit tot verdere kennisgewing.

“Dit is vreeslik dat misdadigers besluit om skoolinfrastruktuur te teiken met hul onwettige gedrag – infrastruktuur wat veronderstel is om geweldige waarde by te voeg tot die gemeenskap en om die lewenskanse van ons jeug te verbeter. As ʼn gevolg, is die skoolprojek nou opgeskort, en dit vertraag die dienslewering.

“Vyf skole in die gebied is ook deur betogings ontwrig wat ʼn negatiewe impak het op ons leerders se onderrig in hierdie belangrike tyd van die jaar, terwyl hulle eksamens en assessering moet aflê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Plantasie Gorilla ·

Toe maar wat, ons vervang net alles weer met belasting geld. Dis mos n’ onuitputbare bron. Solank ek, brandstigter, nie hoef by te dra nie waarvoor sal ek nou omgee.

Popeye ·

Net nog ‘n stem uitgebring vir armoede. Hiermee se die Oom ook vir hulle; neem kennis: Armoede het ‘n prys! Maar nou ja, wat weet Ooms soos ek….

Veritas ·

Hoekom word daar na kriminele verwys? Dit is die gemeenskap wat die skade aanrig wanneer hulle nie hul sin kry nie. Kom ons noem dit by die naam. Óf die kriminele is almal lede van die gemeenskap óf die gemeenskap is almal kriminele óf die grootste gedeelte van die gemeenskap is kriminele. Indien die kriminele element slegs ‘n minderheidsgroep is, sal die meerderheid wetsgehoorsames hulle mos kan verhinder om hulle kinders se toekoms te verwoes. Ek kry die gevoel dat, veral die plattelandse gemeenskappe, neig om alles te vernietig wat nie aan hulle behoort nie. Apartheid was dus nie bloot op ras gebaseer nie maar wel op die onaanvaarbare optrede van sekere gemeenskappe.

Hendrik ·

Kan ons nog minder omgee? Nee ons kan nie. Hoe de heng wil jy hê ons moet saam BOU as dié mentaliteit hoogty vier? Bou ‘n nasie…seblief!

Leeutjie ·

Nou ja ministers. Julle veroordeel dit. Wat gaan julle daaromtrent doen???

Kabous ·

Ek het pas ‘n ou episode van Frasier op Showmax gekyk. Daarin vertel Niles aan Frasier dat, toe hulle jonger was en Niles wou wraak neem nadat hy geboelie is, Frasier aan hom gesê het: “As jy soos ‘n barbaar optree, word jy kort voor lank ‘n barbaar.” Wyse woorde in die konteks van hierdie berig.

Johann Marx ·

“….het die ministers se woordvoerders gesê….” Kan die ministers en misisters van die land nie SELF hulle praatwerk doen nie? Elke departement het ‘n minister of ‘n misister, elke minister en misister het ‘n adjunk, elke minister en misister het ‘n “woordvoerder”, elke adjunk minister en misister het ‘n woordvoerder, elke woordvoerder het ‘n adjunk woorvoerder, en dan het ons nog nie begin met sekretarisse en sekretaresses nie…….en julle almal dink dis vandalisme wat die belastingpot leeg tap?

F ·

Dit is hoekom ek se dat politiek uit ons samelewing uitgewis moet word. Politici is nie nodig nie, want hulle teer op die armes.

Catherine ·

What’s new? Burn down , re build, burn down. Pay taxes?I think not!

oldschool ·

so what is the problem they demand you give….build them a nice very big building so they can stay in it….for FREE!!!!!!HATE WHAT I SEE AND WHAT WE ARE BECOMING…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.