City Power doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap om hulle te help om die persone te vind wat ʼn minisubstasie buite ʼn skool in Fleurhof, Randburg, gesteel het.
“Die R500 000 se minisubstasie is verlede week een aand deur onbekende persone buite Fleurhof Secondary School gesteel,” het Isaac Mangena, woordvoerder van die kragvoorsiener, gesê. “Dit het gebeur een dag ná ʼn nuwe substasie geïnstalleer is toe die vorige een onklaar geraak het.”
Die minisubstasie verskaf elektrisiteit aan die nabygeleë skool. Die skool is die enigste verbruiker wat deur die onderbreking geraak word.
“Ons het ʼn saak van diefstal van noodsaaklike infrastruktuur aanhangig gemaak by die polisie,” het Sergeant Thela, algemene bestuurder, bygevoeg. “Ons is vol vertroue dat hulle die saak sal oplos. Ons versoek die gemeenskap om ons en die polisie te help om die oortreders op te spoor. Die diefstal van ons infrastruktuur insluitend kabels, substasiedeure en sekerings het só parmantig geraak en die oortreders is soms baie swaar gewapen.”
ʼn Nuwe minisubstasie sal na verwagting binnekort geïnstalleer word.
“Vir sekuriteitsredes het ons besluit om die minisubstasie weg te skuif van waar dit gesteel is, sodat dit nou sigbaar sal wees vir die skool se sekuriteitspersoneel. Ons was in gesprek met die skool en die gemeenskap om ʼn oplossing te vind om die infrastruktuur te beskerm, omdat die ongerief hulle raak.”
Thela het gesê die gebied is vatbaar vir kabeldiefstal en sekuriteit in die gebied is verhoog.
“Ons het ook ʼn interne ondersoek van stapel gestuur omdat ons vermoed die voorval is georganiseerde misdaad en dat die verdagtes moontlik hulp het van personeellede – insluitend kontrakteurs.”
Enigiemand met inligting kan City Power kontak by 011 490 7900.
Gaan besoek maar die naby gelee skrootwerwe, dit is sabotasie en daar moet
ernstig opgetree word.
Kan jy nou meer, wat sal hulle volgende aan dink.
Kaqping van die land , dit is wat dit is. Dit wys my net dat hulle nie gepla is oor die vooruitgang van hulle kinders nie , solank hulle kan doen wat ookal dit mag wees. Pateties verby . Siestog.
Julle hoef nie ver te soek nie dis mense wat weet hoe
Net as jy dink jy het als gesien……
Tomorrow we have no power….we are suffering….I dont understand.-Its mabena`s fault
Die volgende op die lys is City Power self
Liewe ouers, wat dra hulle volgende weg? Seker die skool met fondasie en al.
Verban die koop van koper by skrootwerwe dis al hoe dit gaan stop
Vra die mense wie dit geinstalleer het.
Vra jouself af wie daar gewerk het tydens die oprigting van die Mini Sub dan sal jy jou antwoorde kry.
Nie nodig vir skoolopleiding om dit uit te sorteer nie.
Only in SA …………