Minnie was ‘baie opgewonde’ oor Bird Island-boek

Chris Steyn en Mark Minnie

NB-Uitgewers, waarvan Tafelberg-Uitgewers deel vorm, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê Mark Minnie was opgewonde oor die verskyning van Die seuns van Bird Island en die feit dat hy uiteindelik beweringe wat volgens hom 30 jaar lank toegesmeer is, openbaar kon maak.

Minnie, ʼn oudspeurder, het saam met Chris Steyn, ʼn voormalige ondersoekende joernalis, dié omstrede boek geskryf wat vroeër vandeesmaand bekendgestel is.

Skaars twee weke later is Minnie Maandagaand dood aangetref op ʼn vriend se kleinhoewe in Theesecombe aan die buitewyke van Port Elizabeth. Hy is met ʼn skietwond aan sy kop en ʼn vuurwapen langs hom gevind. ʼn Selfmoordbrief is ook op die toneel gevind.

Minnie en Steyn beweer in Die seuns van Bird Island dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 80’s by pedofilie betrokke was.  Die boek is deur Tafelberg uitgegee.

NB-Uitgewers het gesê hulle het Sondagaand laas kontak gehad met Minnie, maar kon hom sedert Maandagoggend nie in die hande kry nie. “Sy selfoon was af en hy het nie op e-pos-boodskappe gereageer nie. In die week voor sy dood het Minnie niks aan Tafelberg gesê wat daarop gedui het dat hy homself sou leed aandoen nie,” lui die verklaring.

Volgens Tafelberg het Minnie gesê dié boek is net die begin van die proses om geregtigheid te laat geskied vir die slagoffers wie se storie hy in die boek vertel.

“Hy het Tafelberg meegedeel dat hy die afgelope week verskeie leidrade in Port Elizabeth suksesvol opgevolg het en was vasberade om nog getuienis openbaar te maak.”

Steyn het gesê sy is verpletter oor Minnie se onverwagse dood en staan by elke woord in die boek. “Mark het gesê ons moet geregtigheid vir die slagoffers laat geskied. Hy sou wou hê ek moet voortgaan met die stryd en dit is presies wat ek sal doen.”

Yasmin Sooka, uitvoerende direkteur van die Stigting vir Menseregte, het volgens Tafelberg intussen laat hoor dat die stigting graag die saak namens “die seuns van Bird-eiland” verder wil voer. Steyn het dié nuus verwelkom en gesê dit is presies waarvoor Minnie gehoop het. “Dit is te laat vir hom, maar nie vir die slagoffers nie.”

Die boek vertel die verhaal van “visvanguitstappies” wat glo deur voormalige minister Magnus Malan, die welvarende sakeman Dave Allen (wat in die ouderdom van 37 sy eie lewe geneem het), en voormalige minister van omgewingsake John Wiley gereël is. Wiley het in die ouderdom van 60 ook sy eie lewe geneem, net weke nadat Allen dood aangetref is met ʼn soortgelyke skietwond aan sy kop.

Volgens die boek het Malan, Wiley, Allen en nog ʼn voormalige minister, wat steeds leef, jong seuns na Bird-eiland naby Port Elizabeth geneem waar die minderjariges na bewering verkrag en seksueel aangerand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Se Net Weer ·

Glo nie selfmoord van Minnie en die voriges wat betrokke was nie. Hul gedwing of stilgemaak. Ek ruik hond.

jaco ·

Hy is defnetief vermoor. Dink daar is groter koppe betrokke wat als onder die mat wil vee….

Missy ·

Of hy selfmoord gepleeg het aldanie sal seker maar afhang van wat in daardie laaste briefie geskrywe staan?

Afhang ·

Missy; “daardie laaste briefie” kon onder dwang geskryf gewees het.

Missy ·

Jaco al die ”groter koppe” is lank reeds oorlede. Wie het jy in gedagte?

Cobus ·

Julle ouens spring darem vinnig op n donkie wat julle net so gou kan afgooi. Waar is julle bewyse. Wag vir die ondersoek dan praat julle

Mel ·

In die boeke praat hy van nog iemand wat betrokke was wat nog lewe. Hulle noem nie sy naam nie.

Cobus ·

Julle oiuens spring darem vinnig op n donkie wat julle net so gou kan afgooi. Waar is julle bewyse vir sulke aantygings

Kobus ·

Wat sê die spreekwoord ? Waar ‘n rokie trek is heelwaarskynlik iewers ‘n vuurtjie.

Rynhardt ·

So bly dat Tafelberg-uitgewers het op rekord bevestig dat Mark Minnie opgewonde was oor sy boek!Klink nie na n man wat selfmoord gepleeg het nie.Tafelberg-Uitgewers word ook gerugsteun deur die skrywer en assistent redakteur van die Daily Maverick,Marianne Thamm wat op Radio 702 gese het dat Mark, het baie uitgesien na sy boekbekendstelling , en dat hy daarna nog n boek sou skryf met nog baie meer nuwe inligting!Ek moet dit op rekord stel dat bogenoemde stelling klink nie na n man wat skielike selfmoord sou oorweeg het nie.As Mark Minnie nog geleef het,sou hy ongelooflike dinge uitgespel het vir mense.Ek glo nog dat baie skandale van beide regerings nog navore gaan tree in toekoms!

Skoonveld ·

Wonder waar is Chris Steyn?
Dalk land-uit – sy het dan so luidkeels die boek adverteer en nou is sy stil.

Mossie ·

Dit sal dalk n goeie idee wees vir haar om land uit te vlug. Volgens spekulasie is Minnie vermoor…nou hoekom leef Steyn dan nog, albei het ewe veel bewerings in die boek genoem.

Rynhardt ·

Yater, kom ek vertel jou iets aangesien jy en talle Afrikanertjies onkundig deur die lewe gaan en sulke groot bewonderaars van genl.Malan is.Vandag in Die Burger was die volgende uitgespel oor Mark Minnie se arrestasie van Dave Allen! Ek haal aan Mark se woorde:”Ek het geweet ,nadat ek Allen in hegtenis geneem het en hy in die motor die groot name(NP-ooms) genoem het,dat ek in die moeilikheid gaan kom.Maar ek sou daai kinders in die steek laat en dit kon ek nie doen nie.” Spesiaal vir die wat die NP aanbid.

Regtig ·

Regtig ‘n goeie politieke skuif, na die Gupta/Zuma / anc sage, om die saak weer vir hul heel om te gooi, dan klink die sotries ook nog verregaande. Hierdie man weet hy is verkeerd en het nei geweet hoe om terug te draai nie. Verder is dit ‘n lae hou om dooies wat hulself nie kan verdedig aan te val, wat wil jul nou eintlik bereik, hul opgrawe en hof toe neem? Dit maak net nie sin nie. Die man wat lewe wat geimpliseer word ek hoop jy kry behoorlik regshulp en neek die klomp geldmakers op. Dit is absoluut politiek en geld. Ek sal beslis geen skrywe van enige van hul of Marianne Tham koop nie, die wat bereid is om dit te lees spandeer nie geld op leesstof nie.

van der Merwe ·

@regtig – ek stem 100% saam met jou. ANC is slu – wil ons aandag aftrek van die grondgrype , ens – ens . . .

M ·

Ek glo ook hys vermoor. Dis scary!! Mag Chris beskerm word tot al d waarheid uitkom.
So jammer vir minnie se familie. Mag jul weet dat hy n regverdige man van groot eer was!! Sy beloning sal hy ontvang.

Dit is lank reeds verby die aantygings stadium ·

Mense skryf nie so ‘n boek op grond van aantygings nie. Ook sal ‘n gerespekteerde en professionele Publikasie Huis soos Tafelberg sal nie so ‘n boek publiseer wat gebaseer is op aantygings en wilde aannames nie.

Mossie ·

Tafelberg het self erken dat wanneer hul dink n boek is goed en sal verkoop, dan publiseer hul dit. Dis vir die leser om te besluit wat hy wil glo. Vir uitgewers gaan dit nie oor waar of onwaar nie, maar oor verkope. Vandat die boek vrygestel is en bespreek word (4 Aug) word die woord “bewerings” in dieselfde asem as Bird Island genoem. Wanneer daar van The President’s Keeper gepraat word, word die woord “bewyse” in dieselfde asem genoem. Daar is n groot verskil tussen ‘bewerings’ en ‘bewyse’. Die woord ‘bewerings’ word juis uitdruklik gebruik omdat daar onsekerheid is oor ‘bewyse’.

onprofessioneel ·

Die skrywers was nie professioneel nie – en die uitgewers lyk my ook nie.
Dit was duidelik nie ‘n Pauw-boek gewees nie.
Groot verskil.

A ·

Hulle moet bewyse hê anders kan hulle gedagvaar word. Die mense moenie dink net omdat hy ‘n minister was hy kan nie skuldig wees nie.

Lerato ·

Hallo Regtig

Dankie Regtig. Jy het n fyn sin vir humor.

Wys jou nou net. Die ANC huur twee verslaggewers om stories uit hulle duim te suig om aandag van Guptas af te lei.

Man maar jy is skerp. Jy kan lag-lag SA se nuwe Piet Beyleveldt word

Hennie ·

Volgens die TV nuus was die vuurwapen waarmee hy geskied was en wat by hom gevind was, nie sy eiendom nie.

Stella ·

Al wat ek kan sê is dat nog ‘n verdagte selfmoord beslis bydra tot die geloofwaardigheid van die hele storie. Dit is dalk die motief daaragter. Wat meer onrusbarend is op ‘n manier.
Niks is ooit presies soos dit op die oppervlak lyk nie.

Hannetjie Harvie ·

Ag dis n siek spul man, iemand soek sensasie, ek glo glad nie dat hierdie ministers by so iets betrokke was nie

Piet Pompies ·

Verdagte omstandighede, dit was nie sy wapen wat by sy liggaam gekry is…..sy voertuig is ook weg en nog nie gevind….

Gesie ·

Daar kan baie gespekuleer word en wie weet tog wat die waarheid is… uit ondervinding weet ek net dat dit baie maklik is om vir die wêreld jou selfmoord-geestestoestand weg te steek…

Mossie ·

@Mel
Die derde persoon wat nie genoem word in die boek nie, het self na vore gekom, sy naam is ook op radio genoem. Die derde persoon is Barend du Plessis.

Willem ·

Ek is maar verlig dat baie van julle hier bo waag nie jul hand aan ‘n nie-fiksie boek nie.

Antoinette ·

Wonder nou net wanneer ons gaan hoor wat van die ou se selfoon, sy motor en ander beyse geword het wat hy ingesamel het verlede week? o en wat staan in die selfmoordbriefie wat sommer rondgele het en wie se vuurwapen het hy geleen?

Cobus ·

Al julle ouens wat praat van moord en n selfoon en kar wat weg is; Het julle gehoor dat die polisie wat anders as julle daar was, nie vuilspel vermoed nie. \So hou op om stories uit jul duime te suig en wag vir die ondetrsoek

Stil ·

Die Chris Steyn vrou is baie stil – ek wonder waarom? Sy was nie voorheen so stil toe sy die boek gepropageer het nie.

Tokkolos ·

Aiai het jul gesien daai daggaplaas waarop die SAPD toegeslaan het Ek wonder wie gaan daar n stukkie grond kry dit kan mos lekker raak daar
En so bla bla almal
Ek dink ons moet wag op meer inligting dan try ons weer spekuleur of speurder speurder speel

Willem ·

Ek sien Jacques Pauw kon dit nie weerstaan nie, hy het nou ook op die raaiwa geklim. Lyk my daar word nou gemobiliseer dat die biesies bewe. Net jammer die boek het nie bewyse bevat nie, net bewerings en nou word daar na die tyd naarstelik gesoek.

Willem ·

Die nuusmedia wat nou naarstiglik krap en soek laat my dink aan die Ashwin Willemse sage waar hordes oordeel gevel het nog voor die ondersoek gedoen en verslag uitgebring is. Als is raaiwerk, ook nou deur Jacques Pauw.

Lerato ·

Hallo Willem
Het jy die boek gelees?
Hoekom dink ek jy gaan my nie antwoord nie?

Willem ·

Lerato, al wat ek sê is almal raai, klim op die wa, ook Jacques Pauw. Of hy die boek gelees het, weet ek nie, maar hy het sy bewering oor Minnie se selfdood vandag gemaak, dus maak dit nie saak of hy die boek gelees het nie. Ook is dit nie tersake of ek die boek gelees het al dan nie. Die resgpresone wat dit onder oë gehad het het reeds hul opinie uitgespreek. die berig het ook hier op Maroela verskyn, jy het dit seker gelees.

famie ·

Ai ai mense. Julle is tog so naief om sommer moord te skree. Dink julle dat iemand wat besef hy het droog gemaak vir almal gaan vertel dat hy gaan selfmoord pleeg.
Het julle klomp eie aangestelde speuders al daaraan gedink dat hy met sy optrede vewarring wil veroorsaak.Hy kon sy voertuig iewers parkeer het en ge-uber het plaas toe met opset sy foon iewers weggegooi het n vuurwapen by iemand geleen het of sy vriend sn gebruik het. Vraag is as hy so hoogheilig was hoekom het hy dertig jaar gewag.
Hoekom het hy en is daar enige bewyse dat hy Allen gearresteer het? As hy n polisieman in murg en been was dan sou hy Allen gearresteer het en met alles vorendag gekom het maw hy was dan korrup. Nou besef hy hy het groot fout gemaak en die enigste uitweg is??????

Antoinette ·

Kom ek som v julle oningeligtes die saak mooi op. Die man is in sy voorkop geskiet, die doppie at tot met metaalverklikkers gesoek word is weg van die vreemde vuurwapen, die selfmoordbriefie is eers uuuure later gevind in die bosse, so eintlik wou Mienie dit laat weg waai het, sy selfoon het hy vernietig en niemand kry dit nie, sy motor het vanself weggery Sien daar is dit nou!!!

Willem ·

As dit so is, soos jy sê, is dit sekere feitelike inligting waaroor jy beskik en waarop jy jou kommentaar geskryf het, in teenstelling met Jacques Pauw en die res hier bo wat raai, terwyl hulle geen feitelike inligting tot hul beskikking gehad het nie. Die eksperte sal wel die feite versamel en as daar ‘n moodenaar is, sal hy/sy gesoek en voor die hof gedaag word.

Infanteris ·

Antoinette, ook maar goed ons het nie ‘n juriestelsel nie. Met mense soos jy en o.a. Lerato sou die tronke oorloop van onskuldige mense. Minnie gooi sy foon weg(te veel inligting oor sy sameswering tot laster daarop, en gaan bydra tot die narratief wat hy bou), parkeer motor met sleutels iewers, kry onwettige wapen(hy was immers ‘n hoogs betaalde informant so hy weet hoe om in die onderwereld op te tree) en skiet homself in die voorkop soos Allen. Hierdie “sluipmoordenaars” is maar dommerig: selfde m.o. as Allen, vergeet om die doppie te “plant”. Amateurs. Of wil julle glo dit was om ‘n boodskap te stuur? Sommige mense lees te veel Doen Meyer.

Willem ·

Volgens News24 het die ondersoekbeampte wat die saak hanteer aan hulle berig dat daar wel een skoot in die kop van die oorledene is, maar hy kan nie bevestig waar nie, hy het ook bevestig dat die wapen wat gebruik is, langs Minnie gevind is en aan ‘n vriend van Minnie behoort, dié mag moontlik van nalatigheid aangekla word. Die ondersoek duur voort.

Well ·

Bbc se artikel het gesê hy is “murdered” met ander woirde vermoor. Google maar. Hulle is nie n plaaslike koerant nie. En hoef dis nie te lieg om mense te beskerm/ sleg te laat lyk nie. Die doppie is NOU NOG NIE OPGESPOOR NIE. Sy kar sal nie self weg ry nie, want dis nie n Harry potter boek of fliek nie. Selfone loop ook nie sommer weg nie. Hoekom sal hy kilometers ver loop. Dalk nog van iewers in die see. Ja dalk is die motor en selfoon op bird’s island deur hom gelos. Regtig mense hy het pas n boek uitgegee. O, ja en in dieselfde bbc artikel is gesê toe Malan gevra is oor die pedofiele, toe vra hy wat b pedofiel is. Dis is hy of STUPID gewees of iets weggesteek

Cornelia ·

Die Internebt maak dit moontlik om daagliks wyd te lees en te reageer. Mag ek tog maar my mening lug? Géén volk loop in sy geheel slégs die pad van God’s Wil nie. Duistere weë en werke lê in ‘n wêreld se “geheime slagveld” verberg. Sommige v.d. Geheime gruweldade word wel ontmasker. Baie word stil begrawe. Van Regerings amptenare, “heilige ampsdraers” en die gewone man op straat, staan elke dag voor ‘n lewenskeuse. Wat u en ek daagliks onsself moet afvra is dit: Wat doen ek met die Genade wat God in Christus aan my bewys het? Die gelowige het ‘n direkte Opdrag van die Here ontvang. Net die gelowiges. Gaan en maak dissipels van al die nasies. (en as ons laf word, wie sal God dan stuur?) Hierdie bose werke, sal tot groot smarte, die mens se lewensgeskiedenis besmet. Die oes is ryp maar die arbeiders te min. Bid dan om méér Godvresende, gehoorsame en Godgetroue arbeiders.

Infanteris ·

Well, as dit op BBC is, is dit mos waar. Nog ‘n arme van gees wat alles opslurp omdat hulle die anti-Afrikanerpropaganda so geinternaliseer het dat hulle dit wil glo.
Ek hoop Minnie het nie vir Steyn vertel van sy self moored planner his nie en dat die paranoia haar tot raserny dryf. Selfde vir die uitgewer.

Nel ·

Volgens ‘n berig in Eyewitness News gaan die F.W. de Klerk Stigting glo ‘n ondersoek Sou dink dis hoogtyd dat die makkers hul belangstelling/ondersteuning begin wys.

LHS ·

Nee rerig, die de Klerk stigting? Raak die ander lede dan ook nou bekommerd oor moontlike geraamtes wat gaan uitklim? Arme voetewas Vlok se senuwees is hoeka al in repies. Hoekom loop die opdraggewers en uitvoerders van o.a. die Smith moorde steeds vry rond, daar was mos meer as genoeg getuies wat al presies oor daardie moorde geskryf en verklaar het. De Klerk stigting kan eerder begin met n ondersoek na wat geword het van al die teenwiggies wat die wiggies moes keer en sommer ook hoe hulle held n volk so kon belieg met absolute verdraaiing van die waarheid soos in 1992.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.