Minstens 1 300 vas oor dronkbestuur in Mpumalanga

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

Minstens 1 300 persone is die afgelope maand in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met dronkbestuur, het die provinsiale polisie Donderdag gesê.

“Dit is ʼn groot gevaar – nie net vir hierdie bestuurders nie, maar ook ander padgebruikers, omdat groot lewensverlies toegeskryf kan word aan persone wat doelbewus bestuur ná hulle alkohol verbruik het,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê.

Sedert die aanvang van die feesseisoen het die polisie reeds meer as 1 300 persone in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur. Altesaam 28 van dié persone is verlede Sondag in Nelspruit aangekeer.

Die operasie is op 25 Oktober van stapel gestuur.

Padgebruikers, insluitend voetgangers en passasiers, word gemaan om meer verantwoordelik op te tree en nie alkohol te verbruik wanneer hulle moet reis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.