Minstens 10 dood ná bus omslaan

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Minstens tien mense is dood en talle ander beseer nadat ʼn bus Donderdag in die vroeë oggendure naby Beaufort-Wes in die Wes-Kaap omgeslaan het.

Kenny Africa, hoof van die verkeersdepartement in die Wes-Kaap, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 02:00 op die R61 gebeur. In dié stadium is die oorsaak van die ongeluk nog nie bekend nie.

“Die bus het omgeslaan, maar dit is nie duidelik hoe dit gebeur het nie. Ons weet nie of die bestuurder dalk moeg was en of daar iets fout gegaan het met die bus nie. Die bestuurder kan nie onthou wat gebeur het nie,” sê Africa.

Minstens tien mense het in die ongeluk gesterf en ongeveer 30 mense is beseer. Africa sê die finale getal beseerdes sal eers later bevestig kan word aangesien nooddienste steeds op die toneel besig is.

Die bus was van Kaapstad na die Oos-Kaap onderweg toe die ongeluk gebeur het.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Hartseer ! Sterkte vir die naasbestaandes ! Mnr. Africa baklei vir wetgewing dat daar ten minste 3 Bestuurders in ‘n BUS moet wees om af te los ! OF Busse mag nie ry tussen 18h00 en 06h00 nie ! Die passasiers wat met busse ry het net dié vervoer om mee te ry ! Onthou dit !

ACJ ·

Ek stem saam met jou,dis regtig ‘n gevaar vir die mense wat net van busse gebruik maak.

Janet Boshoff ·

As ek moet raai en kyk hoed die busse in die aand tussen Bethlehem en Senekal ry sal ek se dis nalatigheid van die drywer. Die busse ry teen baie hoe sped gaan verby op blinde hoogtes dubbel sperstrepe en as jy volgens hulle nie vinnig genoeg ry nie sit hulle op jou stert en bright jou gedurig en vat dan vet kanse……maar wat help dit tog mens rapporteer die busse veral greuhound asoook die bestuurders wat die Mann koppe tussen die stede aanry doen presies dieselfde….

Sê maar net ·

Ek en my ma ry tans met die cityliner vanaf durban na Johannesburg en die bus het nie ‘n co bestuurder nie. Hy is voordurend op sy cellfoon. So dit is ook ‘ n probleem as die bestuurders nie ‘n vorm van gehoorstuk kan dra vir oproepe wat hy moet ontvang nie.

Lana ·

Ek werk vir maatskappy wat kamera sisteme in busse en trokke installeer. Wetgewing moet verander word dat dit ‘n moet wees – dat mens kan sien waarom die goed gebeur. Die kameras wys swak bestuurvermoee, moegheid, drywer wat op foon is, en al daardie dinge. Ons het beheerkamer wat self die kameras dophou. DIt help ook om die ongelukke vinnig te ontleed na so gebeurtenis.

Bad Ballie ·

Mense, kyk bietjie die spoed wat hierdie busse handhaaf op ons paaie en seneweë. Hierdie goed mag net 100 km/h ry, maak nie saak wat se bus dit is nie. Die bestuurders raak wel aan die slaap,ek het al agter so ‘n bus gery en die maatskappy geskakel om hulle in te lig die bus gaan telkens oor die sperstreep en dan pluk die bestuurder dit terug. laat hulle kameras installeer om die bestuurders en die spoed dop te hou, meeste maatskappye met swaar voertuie doen dit.

Alida ·

Watter maatskappy se bus is dit. Ek onthou toe ek nog bus gery het was daar 2 bestuurders of het dit ook nou verander. Alles verander mos deesdae om kostes te spaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.