Minstens 100 beseer in Pta-treinongeluk

Die treinongeluk in Rosslyn, Pretoria-Noord op 20 Februarie 2017 (Foto: Polica Pics and Clips, Facebook)

Die treinongeluk in Rosslyn, Pretoria-Noord op 20 Februarie 2017 (Foto: Polica Pics and Clips, Facebook)

Minstens 100 persone is Maandag beseer in ʼn Metrorail-treinongeluk by Rosslyn-stasie in Pretoria-Noord.

“ʼn Goederetrein en ʼn passasierstrein het omstreeks 19:00 mekaar getref,” het Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, gesê. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.” Die treine was vol passasiers toe die ongeluk in spitstyd plaasgevind het.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdiens, het gesê minstens 5% van die persone het ernstige beserings opgedoen. “Die oorgrote meerderheid van persone wat beseer is, het geringe beserings opgedoen.

Geen sterftes is aangemeld nie.

Die beseerde passasiers is deur nooddienste van die provinsiale regering en privaat paramedici-spanne na hospitale in die omgewing geneem.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johanna Botha ·

Mense hang by deure en vensters uit en spring af waar dit hulle pas uit bewegende treine.. Daar is nuwe beton heinings ten duurste opgerig by die Irene stasie …dit het klaar gate in en niemand doen iets , eintlik beteken die duur heining net mooi niks. Die passasiers is totaal wetteloos en Prasa doen niks …of Prasa weet nie van beter of gee nie om vir die mense …net NOG n voorbeeld van onkunde , onbekwaamheid en verval ! Betaal die passasiers ooit om trein te ry as hulle so op en af spring en enige plek deur die heinings klim.? So die ongeluk is iets wat mens nogal kan verwag.

Gerrit ·

Is die talle treinongelukke vanwee onbekwaamheid of verouderde toerusting? Dalk ‘n kombinasie? SA se publieke vervoer bly maar net ‘n reuse nagmerrie met geen lig in die tonnel nie.

t ·

Jan van Riebeeck who brought Apartheid to Souf Efrica two thousand and eleventy seven years ago.

Linda ·

dit oor die ou wat ‘n KNOPPIE moes druk nie op sy pos was nie.

Mr P ·

Onbekwame beplanners wat ni di mas opkom ni. Die diens se wiele val ook al lankaal af.

m ·

Onbekwaamheid is maar n groot faktor in hierdie sogenaamde nuwe SA.

Irene Myburgh ·

Ek weet nie hoe dit moontlik is dat treine in mekaar vas ry nie. Daar is mos not die GVB (gesentraliseerde verkeer beheer) waar elke trein op die trajek gesien kan word.

Maar nou ja daardie persoon was seker op verlof of net nie op sy pos.

Piet Pompies ·

Kabel diefstal is ‘n groot probleem en dit veroorsaak dat seine na die beheerkamer nie korrek is. Die operateur neem besluite op grond van hierdie seine en as die realiteit en sein nie ooreenstem kan die operateur nie die blaam kry.

Humpty Dumpty ·

Kon niemand dit vooraf vassteel nie? As die KABELS gesteel is moet dit seker tog ERENS ‘n klokkie lui? ONBEKWAAMHEID deur en deur van diewe tot operateurs!

w ·

Sorry Piet Pompies. My man dertig jaar met treine gewerk. Op GVB Trajekte kan daar net twee metodes van ongelukke plaasvind. Nommer een drywer ry sinjaal op gevaar verby. Nommer twee is wanneer treine gemagtig word om sinjaal op gevaar verby te gaan terwyl trajek vorentoe beset Is. Treinbedryfreel nommer vier word nooit mee toegepas dis veiligheid van publiek en werknemers. Stilstaande trein is beter as om kans te vat. BBEEE wat n gemors. Ou TBA hierie wat veiligheid eerste gestel het. slaagpersentasies word met Transnet opleiding ok verlaag Om aan te pas by die voorheen agtergeblewendes

Wim ·

Baie maklik.

As Jan Van Riebeeck nie op 6 April 1652 hier aangekom het nie was hier nie nou paaie en treine en stede en opgaardamme ens ens nie en sou die insident dus nie kon plaasvind nie.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Hierdie was seker ook weer ‘n “human error” soos met die Gautrein. Wie was die treindrywer?

johan ·

“Of course” was dit “human error” Die trein kan nie op sy eie n ongeluk veroorsaak nie.

kay ·

wil ek ook weet Dr Sakkie .. hoe bots 2 treine van voor , en wie was aan die stuur … ek wonder of die nie gebeur sodat iemand kan voordeel trek uit iets uit nie – hoeveel eise gaan hier uitspruit ?

Cherokee ·

Natuurlik was dit human error, Isak. Wat sou jy die alternatief noem? Soos Johan ook uitwys, die trein kon nie skuldig wees nie.

MOEGVIRDIELAND ·

PLAAS WORRY HULLE OOR AL DIE PLAASMOORDE NOU WORRY HULLE OOR N TREIN WAT HULLE FOUT IS!

dance ·

Treinbeheeramptenaar en ja almal mag mos maar n foutjie maak

Koos B ·

Moontlik was die beheeramtenaar of drywer op sy/haar foon besig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.