Minstens 100 mense is beseer nadat ʼn vragmotor en ʼn bus Dinsdagmiddag op die N12 in Westonaria in Gauteng gebots het.
Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die beserings wissel van gering tot ernstig, afgesien van een kind wat per helikopter na ʼn hospitaal geneem is nadat hy kritieke beserings opgedoen het.
“Nadat ER24 op die toneel aangekom en die beseerdes ondersoek het, is daar vasgestel dat minstens 100 mense beserings opgedoen het. Die meeste beseerdes is skoolkinders tussen 8 en 14 jaar oud,” sê sy.
Die bestuurder van die vragmotor het matige beserings opgedoen.
Volgens Van Huyssteen het ER24 en ander nooddienste die meeste kinders na nabygeleë hospitale geneem vir verskeie soorte behandeling.
“Die presiese omstandighede rakende die voorval is nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel om ʼn ondersoek te begin,” sê sy.
Alweer n bus in Westonaria . ……… Laat n mens terug dink aan vorige skoolbus in Westonaria
Jammer vir my onkunde – ek is nie van Gauteng nie – maar is Westonaria en Westdene dieselfde plek?
Hoe pas n 100 mense in n bus wat beseer is, daar moes meer in die bus gewees het want hulle se nie hoeveel is nie beseer nie.VRA net?????
Jammer vir my onkunde – ek is nie van Gauteng. Is Westonaria en Westdene dieselfde plek?
Nee, Westonaria en Westdene is nie dieselfde plek nie.
Lees hier: http://www.wheels24.co.za/News/Guides_and_Lists/sa-children-at-risk-overloading-cars-bakkies-and-the-law-20170904
Nee, Westonaria is aan die Wes Rand, Randfontein se kant toe en Westdene is in Jhb, naby Aucklandpark
Volgafstand, spoed, bestuursvernuf ??????