Voortgesette botsings tussen Libiese burgermagte in die hoofstad Tripoli het die afgelope maand tot die dood van minstens 115 gelei en ongeveer 383 persone is beseer.
Die Libiese ministerie van gesondheid het Sondag in ʼn verklaring dié syfers bekend gemaak ná konflik tussen die Sewende Brigade of Kaniyat van Tarhouna, ʼn dorp 65 km suidoos van Tripoli, teen die Tripoli Rewolusionêre Brigade (TRB) en die Nawasi, twee van die hoofstad se grootste gewapende groepe, ondanks ʼn kort skietstilstand.
Die jongste episode van geweld tussen burgermagte het laat in Augustus begin ná die Kaniyat, ondersteun deur groter groepe buite Tripoli, ʼn aanval teen die hoofstad geloods het.
Die olieryke land in Noord-Afrika gaan gebuk onder onsekerheid ná die voormalige leier, Moeammar Ghaddafi, se regering ontsetel is en hy tydens die Arabiese Lente in 2011 gesterf het.
Die burgermagte baklei vir territoriale beheer te midde van ʼn lewe van welvaart, oordadigheid en betrokkenheid by misdade.
115 Dood. Dis amper veiliger daar as op ‘n plaas in RSA
A! Twee dae se oessyfers in SA. En daardie getal in Libië is afkomstig van gewapende konflik af.
Óf hulle kan nie reguit skiet nie, óf ons het gewapende konflik hier.
Gooi die muntstuk maar op en besluit self.
115 dood en 57 per dag hier en oor 2 dae 114 ….genade hulle is 1 voor ons !