Minstens 12 sterf toe bus op N1 omslaan

Die toneel op die N1 suid van Mookgopong waar die ongeluk Maandagoggend gebeur het,. Foto: Verskaf

Twaalf passasiers is Maandagoggend dood en meer as 40 beseer in ʼn busongeluk op die N1, suid van Mookgopong (Naboomspruit).

Volgens kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, is die ambulansdienste nog op die toneel. Hy het bevestig die bus het omgeslaan en geen ander voertuie was by die ongeluk betrokke nie.

Matome Moremi, woordvoerder van Limpopo se departement van vervoer, sê die bus was op pad van Zambië toe die ongeluk omstreeks 05:30 gebeur het.

Volgens hom verkeer twee passasiers in ʼn kritieke toestand terwyl nege ernstig beseer is. Altesaam 30 het geringe beserings opgedoen. Sommige van die passasiers is nog in die wrak vasgekeer.

Hy sê die pad is nie gesluit nie aangesien die bus nie op die padoppervlak omgeslaan het nie, maar in die veld tot stilstand gekom het.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

thelsa ·

Ek het nie die feite nie maar alles dui daarop dat die bestuurder aan die slaap kon geraak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.