Minstens 13 mense is Vrydag in ʼn gru-botsing in Randfontein dood toe ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor reg van voor in Randfonteinweg gebots het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die een kant van die taxi is heeltemal oopgeruk tydens die botsing.
“Met paramedici se aankoms op die toneel het wrakstukke oor die pad gesaai gelê en die liggame van passasiers, wat uit die taxi geslinger is, het verspreid oor die toneel gelê.”
Volgens Meiring is 14 mense op die toneel dood verklaar. Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het egter gesê 13 mense is in die ongeluk dood.
Twee ander mense is ernstig beseer en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.
Die pad is vir verkeer gesluit terwyl die toneel opgeruim word. Die polisie sal die ongeluk ondersoek.
- Foto: @PigSpotter/Twitter
- Die gru-botsing in Randfontein waarin 13 mense dood is. Foto: Netcare 911
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Los die ondersoek ek weet die taxi het verbygegaan. Daagliks sien ek dit hul jaag soos duiwels verby jou in aankomende verkeer want sien hul mag en dan sterf onskuldige mense ook. My nig en haar man is so dood want sy was besig op haar sel en skielik is die trok voor haar waar swaai sy uit na regs in aankomende verkeer. Sy skreeu soos ‘n maer vark en aan wie gee hul eerste aandag aan haar met ‘n paar snye wat haar eie skuld was. My familie het met hul lewe betaal terwyl sy seker nogsteeds op haar… Lees meer »
Alweer taxis ry net soos varke
Het nog nie ‘n taxi teegekom wat die padreels gehoorsaam nie.Hulle almal ry soos hulle wil waar hulle wil wanneer hulle wil .
Vader hou U hand vannaand oor al die families wat geliefdes veloor het. Troos hulle Vader want hulle gaan U nodig he. Bring hulle deur die smart in Jesus naam. Amen
Het geen simpatie of meegevoel met die taxie mensies nie, hul is padvarke en onbevoeg om op die pad te wees.