Minstens 13 sterf in gru-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Minstens 13 mense is Vrydag in ʼn gru-botsing in Randfontein dood toe ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor reg van voor in Randfonteinweg gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die een kant van die taxi is heeltemal oopgeruk tydens die botsing.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het wrakstukke oor die pad gesaai gelê en die liggame van passasiers, wat uit die taxi geslinger is, het verspreid oor die toneel gelê.”

Volgens Meiring is 14 mense op die toneel dood verklaar. Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het egter gesê 13 mense is in die ongeluk dood.

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee ander mense is ernstig beseer en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

Die pad is vir verkeer gesluit terwyl die toneel opgeruim word. Die polisie sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nie verbaas nie ·

Los die ondersoek ek weet die taxi het verbygegaan. Daagliks sien ek dit hul jaag soos duiwels verby jou in aankomende verkeer want sien hul mag en dan sterf onskuldige mense ook. My nig en haar man is so dood want sy was besig op haar sel en skielik is die trok voor haar waar swaai sy uit na regs in aankomende verkeer. Sy skreeu soos ‘n maer vark en aan wie gee hul eerste aandag aan haar met ‘n paar snye wat haar eie skuld was. My familie het met hul lewe betaal terwyl sy seker nogsteeds op haar foon ry en weer roekeloos is. Hul koop hul lisensies dan kan hul nie bestuur om padreels nakom nie.

Tiger ·

Het nog nie ‘n taxi teegekom wat die padreels gehoorsaam nie.Hulle almal ry soos hulle wil waar hulle wil wanneer hulle wil .

Arixona ·

Vader hou U hand vannaand oor al die families wat geliefdes veloor het. Troos hulle Vader want hulle gaan U nodig he. Bring hulle deur die smart in Jesus naam. Amen

Hartseer ·

Amen! Baie dankie Arixona, so waar! So baie families huil vanaand want hulle het iemand vir wie hulle lief was verloor!

Thea ·

Het geen simpatie of meegevoel met die taxie mensies nie, hul is padvarke en onbevoeg om op die pad te wees.

Johann Marx ·

Alles goed en wel om NIE simpatie te hê met “taxie mensies” nie, maar dink vir ‘n oomblik hieroor: Daar is NET EEN “mensie” wat daardie “taxie” bestuur (soos hy wil). Die res van hulle is eenvoudig aan die genade oorgelaat, en die vernuf van daardie bestuurder….Het jy al in ‘n taxi gery? Moet dan nie “kommin”-taar lewer nie…

Liz ·

Johan Marx, baie dankie vir jou opmerking! Ek stem een honderd persent saam met dit!! Ek het al in een van daai taxi’s gery, hemel, dit was die langste rit in my lewe, al was die afstand maar net 10 km’s gewees! Was saam met my vriendinne by die fliek gewees! Ons het nie gedink ons gaan lewendig daar uit kom nie! Daai man het 2 keer deur n rooi lig gery, die tweede keer was ons amper getref. Ek kan my net bid vir die mense wat daagliks afhanklik is van hulle!

Tollies ·

Dankie Johann, die passasiers sou nie geklim het as hulle dit geweet het nie tog is niks
in ons hande nie

AmY ·

Ek dink daar moet BAIE STRENG opgetree word teen taxibestuurtders. Hulle kom letterlilik met moord weg. Ek het al gesien hoe ‘n taxi ‘n padreêl oortree, en niks gebeur, maar net daana word ‘n motor afgetrek wat presies dieselfde doen. Hulle “kom weg met moord”, en pleeg later moord op ons paaie. Slegs BAIE STRENG wetgewing kan MISKIEN werk, maar hulle sal seker die boetes lag-lag betaak, en voortgaan. Nou moes onskuldige mense met hulle lewens geboet het, omdat taxibestuurders kan maak en breek soos hulle wil op ons paaie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.