Minstens 13 vas ná geweld op UKZN-kampusse

Betogings Maandag (5 September 2016) by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Twitter via @Yung_btee

Betogings Maandag (5 September 2016) by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Twitter via @Yung_btee

Minstens 13 studente is in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings Maandag die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Pietermaritzburg- en Howard Kollege-kampusse tot stilstand gedwing het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die studente is almal by die Howard Kollege in Durban in hegtenis geneem. Teen laat Maandagaand het Zwane gesê betogings woed steeds voort op die Pietermaritzburg-kampus, maar hy kon nie meer besonderhede verskaf nie.

Lesiba Seshoka, woordvoerder van die universiteit, het Maandag in ʼn verklaring gesê lede van die polisie se eenheid vir openbare orde moes ontbied word om saam met die universiteit se veiligheidsbeamptes die betogers te verjaag. “Studente word versoek om die behoorlike prosesse te volg om enige ontevredenheid deur hul SR-verteenwoordigers bekend te maak. Die universiteit is toegewyd om met studente oor hul ontevredenheid in gesprek te tree,” het Seshoka gesê.

Betogings Maandag (5 September 2016) by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Twitter via @Yung_btee

Betogings Maandag (5 September 2016) by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Twitter via @Yung_btee

Volgens Seshoka het UKZN ʼn hooggeregshofinterdik bekom wat onwettige protesaksie, betogings, massa-aksie, intimidasie of enige geweld teenoor mens of eiendom op die universiteit se kampusse en by die ingange van die kampusse verhoed. Hy het gesê veiligheid op die kampusse is ook opgeskerp om enige verdere ontwrigting van die akademiese program te verhoed.

Op sosiale media het verskeie gebruikers beweer dat skote op die Pietermaritzburg-kampus afgevuur is en dat strate afgesper word. Dit kon egter nie onmiddellik deur die polisie bevestig word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willie ·

Van waneer af is vandalisme n buitemuurse aktiwiteit by universiteite? Hierdie soosrt saakbeskadiging moet daadwerklik gestop word.

John ·

Die kop van die berig lees reg. As jy uitgevang word sit jy net ‘n ‘show’ op soos om te vas, dan word jy vrygelaat en kan jy weer aangaan met jou nonsens, vernielsug en eise.

Columbiana ·

Dis mos nou weer tyd vir eksamens. Eens op ‘n tyd was ‘n mediese sertifikaat vir iets so eenvoudig soos maaggriep genoeg om eksamens vry te spring al dan net tydelik. Vandag lyk my is brand breek en verniel al wat werk. En om te dink dis die future leaders of industry. Die hemele behoed ons

Marianne ·

Eis die herstel onkostes van hul families af en skors die studente.

Cobus ·

Goeie voorstel. Dit is wat die Israelies doen met goeie sukses

hans ·

Sluit al die kampusse vir die res van die jaar as die studente nie wil studeer nie.

Jeanne ·

As jy ongelukkig is met iets BRAND hom af of uit, van more af gaan hy glad nie werk nie. Enige logika daaragter?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.