Minstens 14 dood ná trein taxi in KZN tref

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Minstens 14 persone is Maandag dood nadat ʼn trein ʼn taxi noord van Durban in KwaZulu-Natal getref het.

“Die besonderhede is nog nie duidelik nie, maar die taxi het vermoedelik die afrit op die N2 naby Shakas Head verlaat en op die spoor, noord van Umhlali-treinstasie, beland,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Dit is voorlopige getalle. Ons is nog op die toneel.”

Nog twee persone is glo in ʼn kritieke toestand en twee persone is in ʼn ernstige toestand.

Umhlali is ongeveer 50 km noord van Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.