Minstens 15 000 huishulpe het hul werk verloor

Argieffoto

Argieffoto

Minstens 15 000 huishulpe wat vir privaat huishoudings gewerk het, het tussen Julie en September vanjaar hul werk verloor, het Statistieke Suid-Afrika Dinsdag gesê.

StatsSA se kwartaallikse arbeidsmag-opname het aan die lig gebring dat werkloosheid tot 27,1% in die derde kwartaal toegeneem het, van 26,6% in die vorige kwartaal.

Dit is die hoogste werkloosheidskoers in Suid-Afrika sedert 2003.

StatsSA het gesê alhoewel die aantal persone wat in diens geneem is, met 288 000 gestyg het, het werkloosheid met 239 000 gestyg – wat steeds gelei het tot ʼn styging van 0,5% in die werkloosheidskoers.

StatsSA het gesê werkskepping neem slegs toe in die formele en informele sektore en landbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Chrisna van Staden ·

Met die voorgestelde minimumloon gaan nog meer huishulpe sonder werk wees. Ek sal noodgedwonge myne se werksure moet aanpas na 2 of 3 dae per week ipv 5 dae.

Maddox ·

Chrisna jy is 100% reg, ek en my vrou het dieselfde ook besluit. Waar die huishulp voltyds gewerk het, gaan ons haar nou net deeltyds laat werk, teen die vasgestelde R20.00 per uur.
Ons sal vir haar baie mooi duidelik laat verstaan dat sy dankie moet se vir die ANC vir die verlies aan inkomste.
Dieselfde geld ook vir die tuinier.
Plaas die regering ruk die ekonomie reg sodat die Rand weer waarde kan terugkry, maar heellaas ek glo hulle is kompetent en intelligent genoeg om daardie skuiwe te maak nie, gevolglik gaan nog baie meer mense werk verloor- hierdie is maar net die begin!

Danie ·

Dit is dan ongelukkig ook haar reg om jou aan te kla van onwettige werkspraktyd. Dit kan neerkom op eensydige verander van werkreëls ensovoorts. Maak seker dat dit reg gedoen word sodat dit nie slegte gevolge het nie.

AG ou Danie ·

Ag ou Danie, julle wat mense altyd met die REG dreig! dis so vervelig. Die huishulpe loop sommer net WEG of bly weg van die werk af of steel jou huis rot en kaal, wat se regsaksie het jy dan teen hulle? Hulle hardloop baie gou CCMA toe maar moet dan onthou dat hulle ook nie meer ‘n inkomste of werk het nie, want ongeskoolde werkers in SA het maar altyd nog huiswerk gedoen. Wel ek is seker Chrisna sal met haar werker onderhandel, nerens het gestaan sy dit EENSYDIG gaan verander nie so hou OP OM WITMENSE altyd met die wet te dreig. Sy gaan haar huishulp ‘n keuse gee, of minder dae of glad nie werk nie, dan kan sy maar gaan KLA waar sy wil en jy kan selfs vir haar ‘n PROKUREUR kry.

CFM ·

Dis presies wat hulle almal nog ltyd wou gehad het, minder werk vir die selfde hoeveelheid geld! “More money, Less work!”. Wonder ook maar net oor die manier waarop betoog was oor ” FMF”, hoe gaan daai einste studente eendag betoog vir n verhooging. “HKGK”

Pieter ·

Ja hulle moes dit van die begin af geweet het die mense het nie daai geld om daardie salaries te betaal nie . Maak die werkende mense se belasting minder dit wurg on dood .

jennefer ·

Nadat my huiswerker afgetree het, kom ek sonder een klaar. Ja soms raak ek agter met die huiswerk en moet die kinders inspring en help, maar ek voel baie veiliger hier op die plaas.

Asjas ·

Ek het tans ‘n bediende maar wanneer sy op verlof gaan of siek is spring ons almal in en gou gou is die plek weer leefbaar. Kry skottelgoedwasser, pak hom na elke ete en was hom wanneer hy vol is. Koop klere wat nie stryk nodig het nie of wat “cool” lyk as dit nie gestryk is nie. Braai en eet sommer baie buite, foelie bakke en papier borde is nie benede my nie.
As jy mors, maak gou skoon. As jy die toilet so bietjie misbruik het, daar is ‘n borsel in die hoekie. Beddegoed het nie stryk nodig nie, haal af, vervang of was en sit dit terug sodra dit van die draad af kom. En so oorleef ons elke Desember vir 6 weke.

Bees ·

Netso by ons, ons deel al die werkies in die huis en kom al jare lank sonder ‘n huishulp reg. Dus te duur en boonop ‘n sekuriteits risiko.

James ·

So amper twee jaar terug het ek verhuis – van ver in die noorde na 1 kilometer van die see af. Ek het my getroue huishulp van 6 jaar goed behandel, haar aflegging betaal – meer as wat die wet se – en ‘n klomp goed aangery na haar huis toe wat ek nie wou trek nie. Vir myself gese – moenie weer ‘n huishulp kry nie – daar kom wetgewing wat dit te duur gaan maak: – En daar het jy dit nou….BAIE gaan werkloos word. Ek was my eie kleertjies, en skrop my eie toilet. Baie maklik.

anton ·

Ja James, as jy ooit in die weermag van ouds was, sal geen taak te moeilik of hard wees om self te doen nie. Ons blankes het maar net te gemaklik en sommer lui geword om dinge self te doen.
Oorsee doen al die mense self hulle huishoudelike take en raai wat? Hulle kom niks oor nie. :-)

Oom ekonoom ·

Die regering was gewaarsku dat dit is wat gaan gebeur, maar nee hulle wil mos nie na geleerdes luister nie. Daar is derduisende klein besighede en huishoudings wat net net n bediende soortvan kan bekostig, of nie eers eintlik nie. Met hoer minimumloon raak hulle heeltemal onbekostigbaar.

Asjas ·

Jy is heeltemal reg Oom Ekonoom, ek is een van hulle. Kan nie regtig my huiswerker bekostig nie maar ek kry haar jammer. Sy maak haar sussie se kinders groot wat in Taxi ongeluk oorlede is so paar jaar gelede. Ek sal haar maar betaal wat ek haar nou betaal en dae en ure minder maak.

Alida ·

Die regering is veronderstel om werk te skep nou doen hulle die teendeel. Ek se nie mens moet jou huishulp n hongerloon betaal nie, maar as sy of hy bereid is om te werk vir dit wat jy haar aanbied is dit tog beter as geen loon nie. Stel net n onderlinge ooreenkoms op sodat die persoon presies weet waar sy staan. Die ander gevaar is natuurlik as jy hulle summier nou afdank mbt die wet maak hulle jou eenvoudig dood. N honger werklose mens is n gevaarlike ding.

Asjas ·

Jip. stem saam. As hulle net hul honger aggressie op die regte plek kan fokus in plaas van op ons sal dit ook beter gaan in die land.

Rina ·

En baie mense gebruik skoonmaakdienste 1 of 2 maal per maand!

Anton ·

As meer mense in diens geneem is as wat hulle werk verloor het(289000 v 233000) hoe kan die werksloosheids koers dan met .5% toeneem?
Of kort die basis figure?

Gemsbok ·

Die bevolkingsaanwas is groter as die netto toename in werksgeleenthede.

Koos ·

En met die inwerkingstelling van die voorgestelde minimum loon gaan ‘n verdere 1,5 miljoen hul werk verloor, en nog 1,5 miljoen gaan nie meer voltyds (5 dae/week) werk nie, maar net 3 dae (of minder) per week.

Maddox ·

Presies!
Plaas die regering maak die ekonomie reg en bring beleggings die land in sodat die Rand kan versterk, maar heellaas sien ek nie dit as ‘n moontlikheid onder die huidige bestel nie.

Asjas ·

Ons weet nou al lankal die ding kom. Julie tot September se syfer is maar net ‘n indikasie van wat nog kom, ons wat bly klou het aan die hoop dat die Regering die dwaasheid van hul besluite sal besef.
Waar twee gesinne kos op die tafel kon sit gaan een gesin nou soos konings leef want die nuwe minimum loon is dubbel die vorige vasgestelde loon vir huiswerkers? Dit is as die alreeds tot die dood toe belaste werkgewer dit kan bekostig.

Johan ·

Huishulpe is ‘n luukse in die wêreld.
Jy kan lewe sonder om vuil te mors.
Vee jou skoene af voor jy jou huis betree en dra self skottelgoed kombuis toe.
Elektriese goedere kos minder as ‘n huiswerker oor tyd.
Al moeite is die strykwerk.

Griki ·

En gelukkig pla strykwerk my nie. Dis my stiltyd waar ek my gedagtes laat gaan en my persoonlike dinkwerk doen of net my brein laat rus. Selfde met skottelgoedwas.

Stem saam ·

Wanneer hy/sy kom werk soek, sal botter nie in die mond smelt nie – het niks, kry swaar en ly honger.
Ses maande later is hy/sy ‘n “slaaf” van die werkgewer en die eise neem toe. Uiteindelik is die werkgewer die slaaf om aan al die eise te voldoen.
My stem tel net soveel soos syne/hare. Hulle het Zuma ingestem – Zuma moet vir hulle sorg.
Ek kan nie ‘n slaaf van my medeburgers maak nie. Ons maak self om ons skoon. Hopenlik sal die werksoekers rondom hul plekke ook skoonmaak – so nie, wonder ek hoe hul my plek wil skoon hou.

Arizons ·

Ek het ontlae geraak van myne nadat sy te mak geraak het met haar dae af. Ek werk 9 ure n dag en kom huistoe en dan begin my 2de skof met huis werk. Dis moeilik verby maar nooit ooit weer sal ek weer n huis hulp aan diens neem nie

Johan II ·

Ons is ook daar Arizons, en my tuin tegnikus is ook nou vort (vort/fort, “v” lyk nou vir my verkeerd:). Volgende gaan my werk se skoonmaker wai, my spannetjie kan maar self skoonmaak soos dit “Europeërs” betaam.

Cherokee ·

‘…werkskepping neem slegs toe in die formele en informele sektore en landbou.’ Ek raai dit is waarom hulle (en die DA) grondhervorming wil toepas. Sodat die swart boere werksgeleenthede op plase kan skep.

Johann Marx ·

Nou is daar op al wat ‘n platform is “in diepte” gesprekke, deur hoogs geleerde menere, wat moontlike scenario’s debatteer indien ‘n minimum loon ingestel word…..Hoekom is “common sense” nie so “common” nie? Voorbeeld: Jy bly in ‘n informele nedersetting en kry R2000 per maand. Jou huur ‘n kamer teen R600 per maand, en betaal die taxi R20 per dag om by die werk te kom. Jy koop kos by die straatmark of die “local tuckshop” (wat hulle ware verkoop teen 7% winsgrens). Skielik kry jy R3 500 per maand,,,,en wat gebeur? Jou huur is nou R1000 per maand, die “taxi fare” gaan op na R50 toe, en die straatmark verkoper en “tuckshop” eienaar verkoop nou hulle ware teen 25% wins, Wie se lewe is nou beter?

Phillie ·

Aan my tuin jong;
Ek het jou in diens geneem. Nie omdat ek jou nodig het nie (want in elk geval doen jy nie wat ek sê nie) maar omdat ek jou jammer gekry het dat jy nie jou uitgebreide familie kon onderhou nie
Maar nou het oom Cyril my opdrag gegee om my familie af te skeep en joune met “luukshede ” te voorsien.
Kry oom Cyril se foon nr en sê vir hom ek het jou verwys sodat hy jou in diens moet neem. Hy het miljarde beee rande in sy beursie en nog baie meer in staatskas om jou betaal
Totsiens vaarwel

J ·

Ja-nee, ek kam my net indink watter luukshede hy met daardie R140 per dag gaan koop, nadat sy taxi geld betaal is. Miskien ‘n stukkie vleis saam met aandete. Ondenkbaar!!

grotman77 ·

Se die Bybel nie vir ons die arbeuder is sy /haar loon werd nie. Sommige van ons lui gatte betaal hul sakgeld vir hul dagtaak maar ons vergeet dat hul kan nie by hul kinders kan wees en kwaliteit tyd spandeer aan hul gesin nie en jul moan oor r20 per uur. Daars twee keuses of jy spring self uit en doen jou eie skoonmaak wat jy in elk geval bemors het of jy stel iemand aan om ten n billike bedrag jou gemors agter jou skoon te maak… Ek weet van mense wat hul werkers r100 p dag betaal nou vat daai geld en gaan koop vir jou gesin hul daagse brood en sien met wat stap jy huis toe…. ons blankevolk het te lank staan gemaak op die dienste van ander tyd het aangebreek om jou eie ding te doen of om stil te bly en n billike sallaris te betaal die keuse is joune….

Spanpoging ·

Waarom stel julle mense aan as julle jammer voel vir hulle? Het jou werkgewer jammer gevoel vir jou en toe n aanstelling gemaak? Werknemers word aangestel omdat daar n behoefte aan hulp is. Gesinne moet minder tyd voor die TV deurbring. Eet saam om n tafel en dek saam af. Vou gou die sokkies en onderklere op terwyl daar oor die dag se dinge gesels word. Die kinders leer dan sommer n nuwe vaardigheid en hulle vingertjies kry lekker oefeninge wanneer hulle sokkies oprol. Dis mos ook nie moeite om jou eie kamer netjies te hou nie. Nee wat! Ons mense het te gemaklik geraak. Ons kan al hierdie dinge self doen. Moenie te afhanklik raak van die mense en dan oor hulle kla nie. Beloon liewer jul eie kinders vir die werk wat hulle in en om die huis doen.

neelsie ·

Dankie, hierdie is n vingerwysing na die gemaklikes.
Rol op daai moue en doen jou eie ‘vuil’ werk.
Geen werk te moeilik vir wit hande nie.
Ons is seniors en sonder enige hulp binne of buite, in n groot voorstedelike huis en tuin.
Leer so ook jou kinders hul verantwoordelikhede!

Alida ·

Tel die 2 vol etes per dag plus die inhoud van die “checkers” wat elke dag weggedra word plus al die tee en koffie by die R3500 dan vat vat ons aan R5000!

Jana ·

Ek is bereid om die minimum loon te betaal, sodra die CCMA ontbind en daar diep gekyk word na die “grants”wat ons land so baie kos – sal graag wil hoor van enige werkgewer wat nie iets moes betaal nie (uitgesluit video/audio opnames). God is groot – vasbyt almal.! Die kleur van jou vel maak nie saak nie – net die kleur van jou hart.

realis ·

Dit skeel my min. Werk al baie jare self in die huis en tuin.

Louis ·

Ons is nou al langer as n jaar sonder n huishulp en dit gaan goed dankie. As jy elke dag net iets doen raak jy nooit so agter dat dit n probleem raak nie. Spaar baie geld en on kruideniers hou heelwat langer.

Magda ·

Ek moes my huishulp ook in Junie laat gaan, die fondse is net nie meer daar nie, al het ek haar net 1 keer per week gehad. Die meeste van ons betaal in elke geval meer as die minimum loon, die gemiddelde dagloon wat huiswerkers vra is ongeveer R 200 per dag, dus meer as die R160 as sy 8 ure werk. Ons moet egter ook in gedagte hou dat baie gesinne te gemaklik en afhanklik geraak het van die huishulp en dus nie van haar ontslae wil raak nie. Jy kan ook nie net summier haar inkomste verlaag na die minimumloom omdat die wet nou sê dis wat jy moet betaal nie. As ons almal saamstaan en sonder hulle klaarkom(natuurlik die ideal) sal die regering gou agterkom hier is n problem , gaan ons werkloosheidsyfer verdriedubbel en diefstal ook.. catch 22 sou ek sê.. ongelukkig kon ons Afrikaners nog nooit saamstaan nie…

Planmaker ·

Ag die regering sal nooit niks agterkom wat GOED was en deur ‘n blanke gedoen is nie. die 15 000 huishulpe wat hulle werk verloor het voel hulle glad nie is agv hulle eise en hulle opstokery teen die blankes nie. Jy bly darem in ‘n duur plek as R200 die gemiddelde loon is Dit is mense wat die huishulpe so bederf het wat die probleem nou veroorsaak. Min mense kan R200 per dag bekostig, so koebaai meraai … Jy mag nie haar inkomste verlaag nie, so niemand was van plan om dit te doen nie. Die plan is om hulle maar te laat gaan !

Johann Barnard ·

Eerder n vuil huis as om elke minuut oor my skouer te loer en te wag vir n mes in my rug.

Griki ·

Ek maak in elk geval my plek beter skoon as enige huishulp en as ek die dag bietjie laat slaple betaal ek nie daarvoor nie.

Koos ·

Ongelukkig veroorsaak hierdie ook n toename in kriminele elemente, ons as pensionarisse kan in elk geval nie nou eers hulp bekostig nie en doen alles self.
Kry net kinders jammer, miskien moet die regerings meer spandeer op voorbehoed middels

Kolonialis ·

Hoekom? Want wittes word mos elke dag uitgemoor en uitgeskel en gekritiseer en gedreig met die dood, wat het julle verwag? Politici voer skaamteloos ‘n haatveldtog teen blankes, dit word uitbasuin vanaf verhoë en ondersteun deur Ministers en politieke partye.

Verder word daar allerhande eise en minimumlone ingestel waarby pvt huishoudings nie meer kan byhou nie en mense word onnodig beskuldig van loongeskille en onregverdigheid om moorde te regverdig.

So ja, ons ‘slegte colonialists’ het tog ons doel gedien as ons vir (nagenoeg) 15 000 huishulpe werk verskaf het. Ons gaan nou nie plekke afbrand nie, maar ons kan ons stem laat hoor deur mense stil stil te laat gaan!

kan net my kop skud ·

Aan: AG ou Danie – moenie alweer op jou stoeltjie spring nie. Danie gee eenvoduig raad dat mense dit mooi moet deurdinke n digne reg te doen om hulself te beskerm. Hene tog, lees asb ordentlik voor jy somemr gevolgtrekkings maak. Hy dreig niemand nie, hy HELP!

Koppie skud ·

Lyk my jy is Danie. Nee hy het haar met die ‘regte’ van die werker gedreig en beskuldig dat sy die verandering ‘eensydig’ gedoen het. Lees jy ordentlik en spel sommer in die toekoms ook ordentlik: eenvoduig, deurdinke, digne, somemr. Sjoe!

charmaine ·

My stryk-ingeneur kom net saterdae terwyl sy stryk maak ek huisskoon, ja dit seker n luukse om hulle te he maar wratig om 8ure voldag te werk, by die huiskom en ook weer skoon en dan nog tyd kry om te stryk gaan ek nooit by my bed uitkom nie. Ek het haar nie uit jammerte aangestel nie, ek het myself jammer gekry en haar aangestel.

Skokkende syfers ·

Sjoe ek lees nou eers dit weer raak NET tussen JULIE en SEPTEMBER hierdie jaar. Beslis rede tot kommer, ek voel die regering moet nou weer die wittes ordentlik begin behandel, dalk het hulle minder afleggings. Maar dit was ‘n kettingreaksie van wittes wat eerste hulle werk verloor agv BEE, dit is voorgeskrewe minimumlone en ‘n vingerwysing deur politici na aaklige witmense wat ‘geslag’ moet word. Dis eintlik skokkend en baie kommerwekkend, tog sal die ANC nooit erken dis hulle fout nie!

Anoniem ·

In meeste van die provinsies, veral in plattelandse dorpe is dit anders nl. Die ouma kry Staatspensioen en kyk na kinders, 4 dogters wat werk met inkomste, elk het 3 kinders:
Ouma ontvang R 1 500
Oupa ontvang R 1 500
4 Dogters gesamentlike inkomste van R12 800
Elkeen het 3 kinders wat ouma omsien R 4,560

TOTALE INKOMSTE R20,360

Ouers kyk na kinders, dogters het nie mans, waar kom my begroting by, wat nie eers R5,000 verdien nie. Hulle het nie nodig vir Taxi geld Hulle kry verlaagde elektrisiteitstoelae. Daar is winkels in klein plattelandse dorpies.
Die Regerings moet beter en kosteberekening bepaal korrupsie is die voorland. As hulle dit kan doen kan ek dit ook doen”.

SkarrelKind ·

Ons het lank sonder hulp in die huis klaargekom maar besluit om ‘n “char service” te gebruik van volgende maand af. Ons was skottelgoed, eie wasgoed, hou die badkamer self skoon. Dis net die vloere wat nie aandag kry nie, en goed soos stof en vensterbanke en soo aan. Die diens kos R260 per besoek, hulle kom elke 2 weke en het ‘n hele stelsel in plek vir veiligheid, sleutels, ens. En die wet/kontrak is nie my besigheid nie. Ek weet dis nie goedkoop nie, maar dit help met die groot take, want mens het nie lus vir vee/mop/stofsuig in die aand nie.

Georgie ·

Ja ongelukkig gaan meer huiswerkers en tuiniers sonder werk sit want 1) die lewe vir Jan-alleman het te duur geword en ons sal moet besluit waar om te sny en af te skaal 2) persoonlike veiligheid . (Seker meer blankes sal ook vermoor word want die “ontevrede” tuinier en huiswerker verwurg en gooi jou in die kattebak of steek jou dood…) Klink swartgallig ek weet maar die meeste blankes word deur hul eie werkers vermoor

Uvonka ·

Ek werk voltyds, doen enige takies in die aande na werk, maak gebruik van ‘n wassery vir was en stryk, dit kos my so R250 elke 3de week, skrop vloere op my hande en kniee, skrop toilette en weet dan dit is ordentlik gedoen. Dit is harde werk maar oorleef sal ek. Geen huishulp of tuinier vir my nie dankie. Ek en my man werk lekker saam.

Johanna ·

GROTMAN mooi gese. spyker op die kop! ek se niks verder nie.

Ekke ·

Ek is 72 jaar oud en doen al my huiswerk self. My huis is groot, dus roteer ek die huislike take. Dit is nie aldag maklik nie, maar ek byt vas. As huishulpe so bekommerd is dat hulle hul werk kan verloor, dan moet sy nie vir my sê: “Ek sal nie”, wanneer sy ‘n eenvoudige taak moet verrig nie. Hulle het die arrogante houding van: “Jy skuld my.” Ek skuld haar niks, behalwe om haar menslik te behandel en haar loon aan die einde van die maand te betaal nie. My huis is skoon, wasgoed is gestryk, my kruideniersware hou langer en ek het sielerus!

Hannes Coetzee ·

Elke keer dat die minimum salaris verhoog word, gebeur dit. Die regering is te dom om dit op te merk. Dit het n politieke strydbyl geword, maar die armes ly daar onder. Min besef hulle, hul doen die blankes n guns.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.