Minstens 150 wonings glo oor rusie verwoes

Strukture in die Alexandra- informele nedersetting in ligte laaie. Foto: Verskaf

Honderde mense is dakloos gelaat nadat ʼn brand Donderdagmiddag tussen 150 en 200 sinkstrukture in die Alexandra- informele nedersetting naby Sandton in Johannesburg verwoes het.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het aan Maroela Media gesê berigte dat 500 wonings in die brand verwoes is, is nie korrek nie. “Ons kan nog nie bevestig presies hoeveel strukture verwoes is nie. Ons beraam tussen 150 en 200, maar is nog besig om presies vas te stel hoeveel wonings deurgeloop het en hoeveel mense hierdeur geraak word.”

Radebe sê daar word beweer twee mense in die nedersetting het rusie gemaak en een van hulle het die ander se plakkershut aan die brand gesteek. Die brand het daarna vinnig deur ʼn groot deel van die nedersetting versprei.

Sy sê dié bewerings moet egter nog deur die polisie bevestig word en dit vorm deel van die owerhede se ondersoek.

“Nooddienste is omstreeks 16:00 na die nedersetting ontbied en het tot 21:00 gespook om die vlamme in bedwang te bring. Daarna moes brandbestryders nog plekke wat gesmeul het, natspuit en teen middernag was die smeulende gedeeltes ook geblus.”

Radebe sê geen sterftes of beserings is aangemeld nie. Daar word wel beweer dat die persoon wat glo die brand begin het deur lede van die gemeenskap aangerand is.

“Rampbestuur het ʼn saal beskikbaar gestel waar mense wat dakloos gelaat is tydelik gehuisves word. Daar is baie mense wat nie die nedersetting wou verlaat nie, want hulle wil nie net hul besittings wat hulle uit die brand kon red daar langs die pad los nie,” sê sy.

Sy sê daar is tans verskeie nieregeringsorganisasies wat ondersteuning aan die slagoffers bied deur die verspreiding van klere, komberse, matrasse, gebottelde water en kospakkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Alki ·

Het tydens 11:00 nuus op Pretoria FM gehoor dat die mense beweer glo dat dit die brandweer se skuld is dat hulle hutte afgebrand het ????????????? dit terwyl hulle die hutte bo-oor die brandkrane bou ????????????

HESTER ·

REGTIG? Moet altyd iemand anders blameer. Miskien kan hulle die wat die hut aan die brand gesteek het in die hande kry. Pas dan boendoe hof se reels toe. Dit ken hulle mos goed. Tradisie!!!

Andre Stander ·

Ek sukkel om die intelligensie vlak te verstaan van iemand wat dink hy gaan uit weerwraak iemand se hut aan die brand steek – en nie dink of besef dat Almal wat so op mekaar bly – nie ook in gevaar gaan wees nie… The mind boggles……..

Vonkprop ·

Die moeder van die nasie, wat die halsnoer uitgevind het, het moes gese met die mag van die vuurhoudjie gaan ons die land vat. Nou kan hul hul eie mense nie meer beheer nie.

Pieter ·

Ek was bereid om te help, maar hulle moet nou maar vir Julius gaan vra. Ek help myself hier op die plaas as ek aangeval word. Wat van die persoon wat vermoor is omdat hy glo die brand gestig het?

sus ·

daar is blanke mense wat in haagliker omstandighede leef maar vir hul word niks gedoen nie … maar elke keer is daar nie-regeringsorganisasies wat dié help wie se hutte afbrand …

alida ·

Kom ek stel dit anders want my kommentaar word as te kras beskou. Hoekom het hulle nie vir daardie mense die gedienste huise gebou wat jare terug aan hulle belowe is nie. Kan iemand my dalk antwoord.

Nikita ·

Want die “geldjies” word op ander dinge spandeer..nes al die staatsondernemings se geld nie reg bestee word nie, en op “ander bollie” uitgegee word..same as always.

Knersis ·

Een van my werkers het gesê hy worry nie te veel om ‘n staatshuis te kry nie, want sodra hy ‘n huisie kry moet hy vir dienste soos elektrisiteit betaal terwyl hy nou alles verniet kry… ??‍♀️

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.