Honderde mense is dakloos gelaat nadat ʼn brand Donderdagmiddag tussen 150 en 200 sinkstrukture in die Alexandra- informele nedersetting naby Sandton in Johannesburg verwoes het.
Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het aan Maroela Media gesê berigte dat 500 wonings in die brand verwoes is, is nie korrek nie. “Ons kan nog nie bevestig presies hoeveel strukture verwoes is nie. Ons beraam tussen 150 en 200, maar is nog besig om presies vas te stel hoeveel wonings deurgeloop het en hoeveel mense hierdeur geraak word.”
Radebe sê daar word beweer twee mense in die nedersetting het rusie gemaak en een van hulle het die ander se plakkershut aan die brand gesteek. Die brand het daarna vinnig deur ʼn groot deel van die nedersetting versprei.
Sy sê dié bewerings moet egter nog deur die polisie bevestig word en dit vorm deel van die owerhede se ondersoek.
“Nooddienste is omstreeks 16:00 na die nedersetting ontbied en het tot 21:00 gespook om die vlamme in bedwang te bring. Daarna moes brandbestryders nog plekke wat gesmeul het, natspuit en teen middernag was die smeulende gedeeltes ook geblus.”
Radebe sê geen sterftes of beserings is aangemeld nie. Daar word wel beweer dat die persoon wat glo die brand begin het deur lede van die gemeenskap aangerand is.
“Rampbestuur het ʼn saal beskikbaar gestel waar mense wat dakloos gelaat is tydelik gehuisves word. Daar is baie mense wat nie die nedersetting wou verlaat nie, want hulle wil nie net hul besittings wat hulle uit die brand kon red daar langs die pad los nie,” sê sy.
Sy sê daar is tans verskeie nieregeringsorganisasies wat ondersteuning aan die slagoffers bied deur die verspreiding van klere, komberse, matrasse, gebottelde water en kospakkies.
- Inwoners van die Alexandra- informele nedersetting staan verslae by die besittings wat hulle kon red nadat hul wonings in ‘n brand verwoes is. Foto: ANA
- Rook borrel uit die Alexandra- informele nedersetting naby Sandton in Johannesburg. Foto: Verskaf
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Hkm al weer die mense help? leer ons nie uit dit uit nie?
Het tydens 11:00 nuus op Pretoria FM gehoor dat die mense beweer glo dat dit die brandweer se skuld is dat hulle hutte afgebrand het ????????????? dit terwyl hulle die hutte bo-oor die brandkrane bou ????????????
Ek sukkel om die intelligensie vlak te verstaan van iemand wat dink hy gaan uit weerwraak iemand se hut aan die brand steek – en nie dink of besef dat Almal wat so op mekaar bly – nie ook in gevaar gaan wees nie… The mind boggles……..
Die moeder van die nasie, wat die halsnoer uitgevind het, het moes gese met die mag van die vuurhoudjie gaan ons die land vat. Nou kan hul hul eie mense nie meer beheer nie.
That’s the way they roll.