Minstens 18 mense is in hegtenis geneem nadat chaos in die middestad van Pretoria uitgebreek het.
Sowat 3 000 mense is vanmiddag uitmekaar gejaag nadat Lilian Ngoyistraat vanoggend versper en buitelanders se winkels tussen Struben- en Bloedstraat geplunder en aan die brand gesteek is.
Kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die situasie is sedertdien in bedwang gebring en die polisie en brandweer is tans op die toneel om die brande te blus.
Maroela Media het vroeër berig die geweld het reeds Dinsdag uitgebreek en hou glo verband met spanning tussen minibustaxibestuurders en dwelmbase. Dit volg nadat ʼn taxibestuurder Dinsdagmiddag in die middestad doodgeskiet is in ʼn bakleiery met vermeende dwelmbase.
Stevens Mokgalapa, burgemeester van Tshwane, het in ʼn verklaring die taxibestuurder as Jabu Balo (45) geïdentifiseer en sy medelye met Balo se naasbestaandes betoon.
Mokgalapa het ook vir kalmte gevra aangesien pendelaars vandag gestrand gelaat is nadat alle munisipale openbare vervoer in die gebied weens die geweld gestaak is.
Jacob Mamabolo, LUR vir openbare vervoer en padinfrastruktuurin Gauteng, en die Gautengse polisiehoof, lt.genl. Elia Mawela, het vanmiddag met leiers van onderskeie taxiverenigings vergader in verband met die moord op Balo, wie se vermeende moordenaars steeds soek is.
Die DA het op sy beurt die afgelope paar dae se geweld veroordeel en dit as xenofobie bestempel.
“Almal het die reg om hul ontevredenheid deur wettige betogings uit te spreek, maar dit gee hulle nie die reg om eiendom te beskadig en winkels te plunder nie,” het John Moodey, partyleier in Gauteng, gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
36 Kommentare
18 gearresteer en lankal weer vrygelaat.
18? en die ander 2972 is gelos/ Plunder maar, brand alles af….
Groot borde oraloor nodig wat sê: Vandalists and robbers will be shot on sight. En uitvoering daaraan gegee word.
Dit is skrikwekkend wat in ons land aangaan..ek stem saam met die taxi ouens raak ontslae van die hole en “drug dealers” maar moet asb nie die winkels ens. aan die brand steek of plunder nie…daai mense met die winkels probeer ook ‘n lewe maak
Nee kyk, Moodey het hulle reguit vertel en ek is seker dis die einde van die tipe optrede .