Minstens 183 skole landswyd gevandaliseer

Argieffoto (Foto: ArtTower/Pixabay)

Daar is landswyd by minstens 183 skole ingebreek en duur toerusting gesteel sedert die Covid-19-afsonderingsperiode ingestel is.

“eThekwini Primary School in Durban is die jongste in ʼn reeks skole wat die afgelope paar weke deurgeloop het,” het Angie Motshekga, die minister van onderwys, Maandag gesê. Daar is binne 24 uur by drie skole in KwaZulu-Natal ingebreek.

Daar is reeds by minstens 55 skole in Gauteng en 72 skole in Mpumalanga ingebreek.

Sy veroordeel die voorvalle van vandalisme, inbrake, en verwoesting by skole in verskeie provinsies.

“Dis teleurstellend dat kriminele elemente in ons gemeenskappe die infrastruktuur van hul eie kinders verwoes. Ek is deurgaans in gesprek met die polisieminister [Bheki Cele], en met behulp van staatsintelligensie volg ons leidrade op om dadelik elke verantwoordelike misdadiger aan te keer.”

Sy het gesê dit is betreurenswaardig dat die misdadigers, wat deel is van die gemeenskap, lukraak infrastruktuur verwoes wat behoorlike ruimtes vir opvoeding moet wees. Sy doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap om die polisie by te staan om die misdadigers te identifiseer en nie gesteelde items te koop nie.

“Die kriminele moet dadelik by die polisie aangemeld word. Kom ons werk saam om die toekoms van ons kinders te beveilig deur dié kriminele elemente te ontbloot.”

Sy het gesê die leerders van dié skole sal die swaarste getref word hierdeur, aangesien daar vertragings sal wees om die kurrikulum te hervat sodra die skole weer oopmaak.

Skole se deure is sedert Maart gesluit ná pres. Cyril Ramaphosa ʼn algehele landswye afsondering ingestel het om die verspreiding van die koronavirus te bekamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Laat ons dit reguit teenoor mekaar erken: Suid-Afrika is ‘n 3de wêreld land. Die ANC het voor 1994 ‘n kultuur aangewakker van burgerlike ongehoorsaamheid. Daardie babamonster het huistoe gekom om die nasie te verslind. Ek wonder of sekere elemente nie probeer om anargie te saai in die hoop dat hulle stroomaf die staatsmag kan kaap nie.

Frans ·

Dit kon mi in ‘n mate verhoed gewees het in die woonbuurte waar daar buurtwagte is wat nou ook ingeperk is.

Termiet ·

Hou die massas ongeletterd en jy kan maak net wat jy wil. Komunisme.

Anel ·

En dit gaan al erger word. Daar is niemand om misdaad te bekamp nie. Hulle is meer bekommerd oor dir die paar wat nie binne in hul huise is nie as die oor die misdadigers. Die mense het ook niks anders om te doen nie. Wat gaan oorbly as dit tot September aanhou?

Hitler ·

Brandstigting, veediefstal moet weer deel van prioriteits misdade wees en soos moord hanteer word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.