Minstens 20 in reuse-ongeluk beseer

Twintig voertuie was in die ongeluk onder die brug op die M7 in Durban betrokke. Foto: IPSS

Nooddienste is nog op die toneel van ʼn groot ongeluk in KwaZulu-Natal waar altesaam 20 voertuie vanoggend in ʼn botsing betrokke was en nagenoeg 20 mense beseer is.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê die ongeluk het voor 09:00 op die M7 op Durban se Bluff in die rigting van die Suidkuspad-wisselaar onder die brug gebeur. Hy sê twee vragmotors, vier taxi’s en 14 motors was in die ongeluk betrokke.

Herbst verwag dit sal lank duur om die toneel op te ruim waar wrakstukke die wêreld vol versprei lê. “Ek raai motoriste aan om die toneel tot elke prys te vermy en van ompaaie gebruik te maak.”

Verskeie dienste is tans op die toneel om die beseerdes te behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JSO ·

Dit is nou wat gebeur as mense op mekaar se agter-ente ry en nie behoorlike volgafstande handhaaf nie. Die spasietjie tussen my motor en die een voor my is vir MY veiligheid, nie vir JOU om te kom inspring nie.

Colleen ·

Spoed. Mense het mos nog nie gehoor van hou ‘n veilige afstand van die voertuig voor jou nie. Meeste het tien teen een nie eers versekering nie.

Bollie ·

Ja JSO, dit is immers jou spasie, maar moenie jou spasie in die heel regterkantse baan hou nie dan gaan mense in spring, hou links

Anoniem ·

Vra ek ook, wie het hierdie merske ongeluk veroorsaak. wie het nie by die verkeersreels gehou nie.?

Nel ·

Vra jy nog. 2 taxis en 4 vragmotors ens….. ag nou ja miskien is ek erg bevooroordeeld.

Hennie ·

Weer in KZN dit is nou die gevolg van wanneer bestuurder lisensie gekoop word want dit is n algemene praktyk in KZN.

Cherokee ·

Dit is ‘n erg besige pad, veral vroeg oggend, met heelwat rylane en heelwat groot vervoer want dit is reg langs die hawe. Die afrit na Durban en Suidkus (M4) volg daaruit met slegs 2 bane. Dit is moontlik dat ‘n verkeersophoping presies daar, die probleem verooraak het.

Cherokee ·

Hannah, verkeer in Durban daardie tyd van die oggend en ondermeer spesifiek op die Edwin Swales, ry buffer aan buffer. As jy plek maak vir veilige volgafstand, word dit gevul deur ‘n ander voertuig. En op daardie pad ry heelwat vragmotors met vraghouers want dit is langs die hawe met paaie wat aansluit by die hawe.

Johnnie ·

Dis hoe dit gaan in n land van korupsie alles onder die tafel deur dan sien jy wat gebeur, nie net op ons paaie nie orals. Totale gemors net waar jy kyk en baie skade.

wiljynoumeer ·

in Australie was die dodetal op hulle paaie vir die hele jaar net oor 1100 vir die hele Australie.wetstoepassing is al wat sal werk.

JohanL ·

Ook nou die dag gelees die dodetal op Ysland se paaie in 2018 was 18 gewees, waarvan die helfte buitelandse toeriste was.

Seeskulp ·

Ons woon in Amanzimtoti en ry baie die N2 en ander besige paaie. Die taxi’s bly maar n probleem. Die goed maak hulle eie reëls en jaag ook aan linkerkant verby ander voertuie net om voor te kan uitkom. Spoed ook n probleem.

Willem ·

Bly nie daar nie, maar kom gereeld op daardie stuk pad.
KZN se bestuurders is volgens my baie meer gevaarlik as Gauteng s’n.
Dink nie eens dat almal net Taxis en vragmotors die skuld kan gee nie. Dit is maar hoe almal daar ry. Geen respek vir wet en orde nie.

BB ·

Oral oor die hele wereld gebeur sulke ongelukke op besige snelwee. Dit was in die oggend verkeer.
Terloops die KZN mense sukkel maar met die stadige vakansie gangers op ons paaie. Maar as hulle op die snelweg klim kan hulle nie wag om by die huis te kom nie. So almal is maar skuldig.

Mariaan ·

Ons moet uit hierdie land uitkom…ORALS is jou lewe un gevaar agv wanorde..korrupsie..moord ens ens!! Wens ek en my familie kon oornag net hier uitkom

Karel ·

Ja, indien jy die voorgeskrewe volg afstand handhaaf, ry jy in werlikheid agteruit. ??

Taalmens ·

Baie jammer oor die reuse ongeluk, en ja ek spel dit met twee woorde: reuse ongeluk. Ek vra by voorbaat verskoning omdat ek die saak hier aanroer by die groot ongeluk, maar nou kan taalkundiges my dalk help terwyl dit deel van die onderwerp is. Ek besef dat die amptelike spelling anders is, maar hoekom? Ons skryf koue dag/nuwe motor/harde woorde/getroue hond/liewe kinders, ens. Als twee woorde. Byvoeglike naamwoord plus selfstandig naamwoord. Wat maak ‘n reuse wat-ook-al nou so anders dat dit een woord moet wees? Is dit omdat reus ‘n snw is? Wat dan van vurige toespraak/geheime idee/ gepleisterde graf/handige ding? Dalk kan MM die saak verduidelik. Intussen sien ek geen rede om ‘n reuse spelgeheim as een woord te spel nie… Baie sterkte vir almal wat betrokke was in die ongeluk.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Taalmens,

Ons skryf dit as een woord omdat “reuse” ʼn selfstandige naamwoord is en die meervoud van “reus”. “Reusagtige”, daarenteen, staan los van die volgende woord omdat dit ʼn byvoeglike naamwoord is, nes “vuur” ʼn selfstandige naamwoord is (vuurdoop), maar “vurige” ʼn byvoeglike naamwoord (vurige begeerte). Die WAT skryf: “reuse- (ook met ‘n koppelteken, veral in gevalle van vokaalopeenhoping) aanvangskomponent van selfst. komposita”, en gee dan onder meer dié voorbeelde (die ‘ dui net aan waar die klem val): reu’seaandeel, reu’seafmeting, reu’searbeid, reu’sebanier, reu’sebedrag, reu’sebeeld, reu’seberg, reu’sebetoging, reu’sebotsing, reu’sebrand, reu’sebrander, reu’sebydrae, reu’sebyeenkoms, reu’sedam, reu’sefabriek, reu’sefakkel, reu’sefortuin, reu’segebied, reu’segebou, reu’segebrek, reu’segetal, reu’segolf, reu’sehoeveelheid, reu’sehotel, reu’sehou, reu’se-invloed, reu’sekamera, reu’sekandelaar, reu’sekarnaval …

Groetnis,
Morné nms. Maroela Media

Nettie ·

@Taalmens – MM se spelling is reg.

Dink net hoe sou mense die woord interpreteer/lees as dit as “reuseongeluk” gespel is.

Tàalmens ·

Dankie vir die verduideliking, MM. Om te weet, is om te verstaan.

Asjas ·

Dankie vir die reuse verduideliking hierbo. Ek geniet dit ook om te weet, veral in ‘n tyd wanneer ons taal so verniel word. Ek is ook nie meer aldag seker nie.
Met betrekking tot die ongeluk, ek sit my kop op ‘n blok die Taxis was die oorsaak. Hulle stop mos onder die brug om passasiers op en af te laai en ry net eenvoudig weer voor aankomende verkeer in!!

PIETER ·

Ek bly in Durban, ry gereeld daardie stukkie pad. Nommer 1, geen strepe, nommer 2, taxi’s en trokke maak soos hulle wil, nommer 3, as jy reguit ry op daardie pad, word jy gevang vir dronk bestuur, want net ‘n dronk mens sal nie die slaggate sien nie… Dit is ook baie donker onder daardie brug, geen beligting nie, bedelaars en straat smouse staan die pad vol…….So kan mens aangaan, maar ek dink spoed en “stupidity” het die oepsie veroorsaak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.