Minstens 24 renosters sedert begin Desember gestroop  

Drie van die renosters wat by die Inverdoorn- private wildreservaat in die Wes-Kaap gestroop is (Foto: Verskaf)

Daar is sedert 1 Desember reeds 24 renosters in Suid-Afrika gestroop.

Volgens die departement van bosbou, visserye en omgewingsake is sewe renosters in die Krugerwildtuin gestroop, sewe in Mpumalanga, ses in KwaZulu-Natal en vier in die Wes-Kaap.

“Die departement veroordeel die voortgesette stropery van hierdie ikoniese spesies vir hul horings en prys die werk wat veldwagters en veiligheidsbeamptes in die feestyd doen om die stroping van renosters te stuit,” het Albi Modise, woordvoerder van die departement gesê.

Nege vermeende stropers is reeds vandeesmaand in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat vier renosters, waaronder ʼn dragtige koei, by die Inverdoorn- private wildreservaat in die Wes-Kaap gestroop is.

SANParke se renosterspan het Donderdag op ʼn renosterkoei in die suide van die Krugerwildtuin afgekom wat erg vermink is. Sy het skietwonde aan haar kop en voorpoot opgedoen en sy het oop wonde aan haar gesig gehad waar haar horing op ʼn gewelddadige wyse afgesny is. Sy het ook beserings aan haar rug opgedoen wat waarskynlik toegedien is om haar te probeer verdoof. Die renosterkoei is van kant gemaak.

Die departement het gesê hy sal vroeg in 2022 die totale getal renosters wat in 2021 gestroop is, bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Di ·

Die spul gemors wat dit doen sal nie stop voordat daar niks meer oor is nie. Regering moet baie strawwer vonnisse begin ople vir hierdie stropers. Regering doen ook nie veel om ons wild te beskerm, te besig om hulself te verryk en korrupsie te pleeg.

Marius ·

Dis tyd dat die stropers voor die voet geskiet word. Daar moenie nog geld op hul arrestasies en hofsake gemors word nie.

Kokerboom ·

Die woede in my kook oor! Stropers VERDIEN dieselfde lot as dooie renosters. Die “sagtehand” optrede teen stropers werk NIE!!!!

Perdeby ·

En die boere of reservate wat renoster het moet sorg dat hulle onthoring word, om so darem hulle lewe te red van al die stropers, en nie met nagemaakte horings te vervang nie, want hulle weet nie wat die verskil tussen nagemaak of eg is nie, en ook nie die stof inspruit nie. Die renoster word nog steeds gestroop al kan hulle nie die horings gebruik nie. So 2 / 3 weke terug het ‘n Chinees 16 jaar tronkstraf gekry.

Chris dupreez ·

Hulle maak die renoster wat se horing afgesaag is ook dood, uit wraak. Die stropers is n gewetenlose klomp gemors.

Herman ·

Liewe genade, dit gaan nooit ophou totdat alle renosters uitgewis is. Waar is die kamma patrollies en wagte en rangers. Waars die polisie. Of is dit inside jobs…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.