Minstens 3 dood na ineenstorting by skool

Die toneel by die Hoërskool Driehoek. Foto: Verskaf

Minstens drie leerders is dood en talle beseer na ’n strukturele ineenstorting by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gesê ʼn loopvlak by die skool het ineengestort. “Ongelukkig is drie kinders op die toneel dood en talle vasgekeer in die puin.” Lesufi was reeds onderweg na die skool.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê talle leerders is beseer en dat hul beserings wissel van gering tot matig terwyl minstens vyf leerders in ʼn kritieke toestand is. “Reddingspanne en paramedici is op die toneel.”

ER24 het intussen gesê minstens minstens 20 leerders is beseer.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

Oujongvrou ·

My hart ruk van skok. Arme ouers. Lees tien teen een nog die nuus en weet nie hulle kind is een nie.

Sune ·

Dit is so onregverdig en bitter hartseer. Baie sterkte aan almal betrokke.

Marius van Emmenes ·

Ja, pleks daarvan dat hy sy eie department bestuur en seker maak dat ons kinders veilig in ons skole is en die beste onderwys moontlik kry, hou hy hom besig met vodacom se sake!!! My innige simpatie aan die ouers wie se kinders in hierdie absolute onnodige omstandigheid hulle lewens verloor het.

Pieter ·

Moenie nou klippe gooi nie dis onnodige in hierdie stadium staan erder die leerders by

Rhona ·

Liewe hemel het ons al so gewoond geword om mekaar te stenig dat nie eens ‘n groot ramp soos hierdie empaties kan wek nie?????

Nonnie ·

Lanie – Bouers bou die brug op spesifkasies van ‘n argitek, wat dan goedgekeur word deur ‘n ingenieur. Dan ook, hoe oud was die betrokke brug? Ons moet tog maar nie so gou spring en aannames maak nie, eerder dink aan jongmense wat hul lewe verloor het en beseer is. Baie sterkte aan die families en skool, groot tragedie!

André ·

Nonnie – Baie van die bouers kry al die spesifikasies, maar volg dit nie altyd nie. Dit is baie hartseer, my innige simpatie met die families. ?

Johan ·

Lanie, die skool in ~1979 in gebruik geneem, ek was daar van 1980 af – ken die loopbrug, dit lei na die adminblok – so die brug/skool is reeds 39-40 jaar in gebruik.

Gert ·

Hoërskool Driehoek bestaan al baie jare, maw dit is nie n onlangse struktuur nie. As ek reg is, is dit nog in die “ou en goeie dae” gebou.

Steyn ·

Daai brug staan al 50+ jaar. my voetspore le ook daar!!! Dit maar net n frats ongeluk

Gemaskerde Sopbeen ·

Nee, Steyn…hierdie is nie ‘n fratsongeluk nie. Hierdie is jare van water insypeling deur die krake in die vloer en die mure van die gebou…..wat uiteindelik veroorsaak het dat die staalstruktuur binne in die beton van die brug deur geroes het, en nie meer die gewig van die brug plus voetgangers kon hanteer nie….Hierdie is nalatige gebrek aan onderhoud…

Hannetjie ·

Innige simpatie aan almal wat geliefdes verloor het of beseer is.Hoop hul kan spoedig tenvolle herstel.
Met die nodige kennis en terrein inspeksie soos dit behoort gedoen te word..sou dit heelwaarskynlik nie gebeur het nie.

Reinhardt ·

Jip, gemaskerde sopbeen is reg. Gebrek aan onderhoud is waarskynlik die oorsaak. Is daar ʼn beskrywing in die verklarende woordeboek van enige van die swart tale vir die term “onderhoud”? Onderhoud is nie regtig deel van hul woordeskat nie…

Lindy ·

Lanie maak nie saak wie die bouers is bie. Die feit is die skool is bykans 45 jaar oud….. Dit is die onderhou daarvan wat nou ter sprake is

Cristelle ·

Sterkte aan al die ouers betrokke. Dis verskriklik. Ons gebede is saam jul almal

Allen ·

Alle simpatie aan die leeders se families en vriende wat oorlede is ons gebede is saam julle mag God julle styf vas hou in die tyd, en die wat beseer is ons bis dat julle gou sal herstel

dit is baie hartseer

Msp ·

Baie baie hartseer nuus. My hart gaan uit na almal wat hierdeur geraak word, veral die ours…

Martie Judeel ·

Onsettend tragies! Sterkte aan almal wat betrokke is.

Santie Kotze ·

Innige simpatie aan almal betrokke. Julle is in my gebede. ?

DeVill ·

Sterkte aan almal wat deur hierdie tragedie geraak word.

Dink net op ‘n Vrydag waar almal bly is oor die naweek, nou gebeur sulke aaklige goed!

Rus in vrede jongmense! :(

Andre ·

Groot tragedie. Maar die skuldiges moet ook nie weg kom nie, insluitend die Onderwys departement. Wie het die loopweg gebou?

Jolandie ·

Daai brug is al jare oud. Ek was 2003 Matriek en hy is al jare voor dit gebou,. Ek dink nie dit gaan hier oor skuldig of onskuldig, dis n baie groot tragedie, dink regtig as die skool ooit vermoed het so iets kan gebeur of daar is n probleem met die brug sou dit dadelik aandag gekry het. Dis ni een of ander hierjy skooltjie nie, dis n ordentlike skool wat omgee vir sy leerders, om nou te wil vinger wys maak als net erger.

Irma ·

Ek stem Andre. Dit is net bitter hartseer. Mens laai jou kind by die skool af en dit gaan nie eers deur jou gedagtes dat jou kind iets sal oorkom nie. Dit is regtig tragies. Ek sal van my kop af raak

Alberta Erasmus ·

Ai baie baie sterkte aan al die families kinders en onderwyser dit is n baie hartseer dag ons kan net bid en vir Liewe Jesus vra om net julle almal te wees…my hart gaan uit na julle almal????

Ronel ·

Ai, dit is vreeslik mag die Here met elke ouer Wie se kind betrokke was en wat hul lewe verloor het in die proses wees, mag God jul vertroos soos net Hy dit kan doen. Baie sterkte aan almal, kinders, ouers en personnel. ??

honourable member ·

Dis so hartseer. Dis n oproep wat geen ouer wil kry dat iets met jou kind gebeur het nie. Sterkte aan die skool en ouers.

Stella ·

Jammer oor wat gebeur het,niks word in stand gehou in die land nie,altyd onskuldigge mense wat seerkry oor ander se nalatigheid

Judge Dredd ·

Hoeveel kinders was op die loopvlak toe dit ineengestort het?

Aneri ·

Ja, nee wonder ek ook.
Dink die ergstes wat seergekry het was seker onder?

Penelope ·

Dis verskriklik om jou kind skooltoe te stuur en dan gebeur so iets. So jammer vir die families wat betrokke is. Hopelik gaan daar meer aandag gegee word om nog so ‘n tragedie te voorkom.

ANNELIE ·

My hart huil vanoggend saam hierdie ouers. Mag Vader julle Trooster wees in hierdie hartseer tyd. Baie sterkte???Rus in vrede!!!

Wie weet ·

Dis baie hartseer mooi geantwoord Nonnie Ons bid vir julle en sterkte in die tyd van nood

Clarissa ·

My innige simpatie met die ouers van alle leerders wat oorlede en beseer is. Net om te dink, jy laai jou kind af en ‘n uur later hoor jy jou kind is oorlede… Ek, as ouer, kan nie en wil nie eers dink hoe dit moet voel nie, my hart breek vir hulle. Ons gedagtes en gebede is by elke een van julle!

Laurika ·

Ek het foto’s van die toneel gesien. Die brug het ‘n staal struktuur waarin die sement/baksteen bodem lê. Die staal struktuur kan mens heel duidelik sien is deur geroes en dit is juis aan die ander kant verder af, waar die brug ingegee het. Ek is in Vanderbijlpark, dis net sirenes en helikopters. Chaos. Hoërskool Transvalia – die buurskool, het almal buite bymekaar gekom en ‘n gebeds-sirkel begin. Een mamma wat van die insident gehoor het en haarself na die toneel gejaag het, is in ‘n ernstige ongeluk oorlede op pad soontoe. Vanderbijl is in rou gedompel.

ZAR ·

Sterkte aan die familie en vriende wat in rou is, en ek hoop die beseerde kinders sal spoedig herstel.

Tragies ·

Ag, dis verskriklik tragies van die Mamma wat oorlede is – soveel families hierdeur geraak. My hart bloei!

Rina Kotze ·

Dankie vir die buurskool se gebedsketting inisiatief.

Sterkte vir almal in Vanderbijlpark. Dit is nie lekker om jou naweek so te begin nie,

Mag die Heer julle self troos in hierdie hartseer tyd.

Ek sal ook vir julle intree.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hierdie gebeur as gevolg van min of geen onderhoud nie….Water sypel in waar die brug en die gebou by mekaar kom….en die interne staalstruktuur begin roes…Soos wat mense daaroor loop begin dit beweeg, en dan kan die geroesde staal naderhand nie meer die gewig van die brug PLUS die gewig van die voetgangers hanteer nie…en dan val dit in. Daardie hele skool behoort ondersoek te word….hierdie is nie die laaste ongeluk van sy soort nie. Instandhouding, instandhouding, instandhouding…..is van lewensbelang…

Henk stuivenberg ·

Ek stem saam met sopbeen ,jare se indringing van water het corrosie gedoen ,op die foto is duidelyk te sien die roes op die bewapening beuels jammer dat dit gebeur het ek was 40 jaar
Konstruksie voorman in RSA ,henk .

Marietjie ·

Innige meegevoel met die ouers wie se kinders oorlede is hul families skoolhoof personeel asook res van die skool kinders. Aan die wat nog in die puin vasgevang is ek Bid dat julle ongedeerd gevind sal word ???

ek ·

Geboue word nie meer onderhou nie, sien dit oral. Selfs by OR Tambo gesien die struktuur wat besig is om uitmekaar te val.

Die is tragies, sterkte aan die families, jy groet jou kind in die oggend en dan loop dinge n ander pad, ai my hart seer.

Elizabeth ·

Meegevoel en sterkte aan almal wat vandag n kind verloor het al is dit sover net 4, dit is al reeds te veel. My hart gaan uit na almal ouers, kinders, mede skooliers, vriende , onderwysers, en families, dit n baie hartseer ,al ken jy hulle nie Sterkte aan almal, wat die tragiedie moes aanskou en deurgemaak het.

Nicki ·

So bitter jammer vir hierdie groot tragedie. Innige simpatie en meegevoel met die betrokke ouers, skool en leerlinge. Dis vreeslik. Kan my nie indink om sulke nuus te ontvang nie. My hart bloei vir die ouers se groot verlies. Mag die Here julle styf vashou en vertroos in hierdie hartseer tyd. ???

Lizelda ·

So, tragies wat gebeur het. My innige simpatie aan die families, onderwysers en die arme leerlinge wat alles moes sien en hoor. Sterkte vd kinders wat beseer is, ek glo die beraders is reeds daar. MM hou ons op hoogte asb.

Aneri ·

Innige simpatie.
My hart huil
Daar word nie meer instandhouding gedoen nie en is seker dis nie die enigste ou skool nie.

Fenna ·

Baie hartseer. Alle sterkte aan die families en ons hou net die mense wat direk en indirek geraak is deur die ramp in ons gebede.

Jolandi ·

Baie sterkte aan die ouers en families wat kinders verloor het vandag. Dit is ń groot tragedie. Dit is so hartseer en die hele skool word geraak deur die tragedie. My innige simpatie aan almal ????

Piet Pompies ·

Tragedie, kinders gaan skool toe om te leer, nie om dood te gaan!
My hart gaan uit na die ouers en ander leerling, sterkte.

Angelique ·

My hart gaan uit na elke liewe ouer, ouma, oupa, boeties en sussies wat iemand verloor het.
Dis so so hartseer. Mag almal vertroosting vind

Elsabie ·

Dis verskriklik!! My innige simpatie aan die ouers wat hul kinders verloor het. Ek dra jul en die beseerdes op in gebed.

Anoniem ·

Hierdie ongeluk is baie tragies. Sterkte aan die families betrokke. Hierdie ongeluk laat ‘n mens onwillekeurig terugdink aan die busongeluk waar daar leerlinge van Vorentoe gesterf het. Baie hartseer.

Willem ·

Absoluut tragies, ek sit in my kantoor en huil saam met die ouers. Ek ken niemand daar nie maar dit kon net sowel my kind gewees het. Die hele land treur saam met julle vandag.

Wilma ·

Ek voel ook so hartseer al is ek ver van die trgedie af is al die ouers familie en onderwysers in my gebede.Dis n groot terug slag vir n skool as so trgedie hulle tref,Mag God sy hand van vertroosting oor huule hou .Innige simpatie vir Ouers familie vriende en skool RIV,My hart is so seer die trane rol.

Anoniem ·

Driehoek skool bestaan al jare. As jy die bouer dan wil soek dan gaan jy baie ver moet soek want ek glo hy is al oorlede. Niemand weet hoekom die vloer ingegee het dit sal eers bekend gemaak word na die ondersoek maar soos met enige gebou speel instandhouding n groot rol en as dit weens n gebrek van instandhouding was dan sal iemand die gevolge moet dra. Dit is net jammer dat onskuldige kinders nou die prys moes betaal. My innige meegevoel met die ouers van die kinders. Sterkte vir elkeen van julle mag Die Here se krag van genesing oor elke kind wat beseer is kom en daar waar daar lewensverliese was mag Hy julle styf vashou teen Sy bors en elkeen verstroos en julle trane afvee. Wees sterk in Jesus liefde.

Mariette ·

Baie sterkte aan die ouers, familie en vriende en veral leerlinge van die skool.

Jaco ·

My hart breek om hierdie te hoor. Ek dink vandag aan elke persoon wat hierdeur geraak word.

Mel ·

Ek is geruk hierdeur. As ouer – ek kan my net indink. Sterkte aan die betrokke families.
Dis werklik ‘n tragedie. My hart breek.

Blom ·

hierdie is een van die hartseerste berige wat ek nog gelees het, baie sterkte aan al die ouers en familie.

Johannes ·

Hierdie is nie ‘n geleentheid vir vingers wys nie, maar ‘n sobere herinnering daaraan dat die mens soos gras is… wees enge oomblik gereed vir die ewigheid!

Natasha ·

Johannes, dankie vir jou waarheid. Enige iets kan enige plek met ons as mens gebeur. Ek dink aan elk ‘n persoon wat hierdeur geraak is.

Amanda ·

Baie hartseer nuus!!
Ons bid dit jul vertroos sal word deur ons Hemelse Vader ?

Thomas ·

Ai, die laaste ding wat jy verwag as jy jou kind aflaai by die skool ? Dit is verskriklik hartseer! Niks woorde kan dit beter maak nie. So bitter jammer!

RHG ·

Dis ‘n geweldige slag vir ouers, leerders en die skool. So jammer.
Daar is versekeraars wat by sommige geboue vereis dat daar ingenieursveiligheidssertifikate op ‘n gereelde basis uitgereik word. Weet nou nie vir seker jaarliks of twee-jaarliks nie.
Sjoe, dalk het die skool nooit aan so iets gedink nie. Gereelde inspeksies deur gekwalifiseerde mense moet gedoen word. Hoop na die tragedie sal dit oral gebeur.

Chris ·

Was self n leerling tot einde 1980. My gebede gaan uit na elke kind en ouer.

koos harmse ·

dit omdat daar geen onderhoud en/of inspeksies gedoen word nie.wie gaan val in hierdie geval? die skool,skoolbeheerraad of onderwys dept

Dafer ·

Ek was die tekenaar van daardie struktuur – in ’74 of ’75.
My dogters het daar skool gegaan.

Chanine ·

Dis nie jou skuld nie!! Geen struktuur sal ewig hou sonder instandhouding nie! En eintlik dink ek nie eers die mense wat by die skool werk sou ooit kon dink die tipe ding sou gebeur nie.. hierdie is ‘n baie slegte ongeluk maar minstens hoop ons ander skole met dieselfde strukture sal nou gaan kyk en versterkings bou waar nodig!!

R DU PLESSIS ·

Mens het nie woorde vir die naasbestaandes nie. Net God kan hulle werklik troos.

Belinda ·

Baie Sterkte aan die families en geliefdes wat op so tragiese manier n kind verkoor het My hart huil saam julle Sterkte aan almal Tyd is kort Lewe met liefde en respek B

Trane ·

My hart huil saam met al die ouers en families. Bid dat daar nog lewende kinders gevind sal word.

Mary ·

So jammer om van die ongeluk te hoor. Baie dankie Transvalia vir julle gebede buite. In so tyd van nood kon ons altyd op julle staat maak. Ek bid vir elkeen wat betrokke is bystand en vertroosting van God. ons dink aan julle. Liefde en sterkte!

Moederjie ·

Vader wees met almal se families versterk en troos hulle Vader net U kan krag en vertroosting bring. Dink aan elke familie leerlinge van skool almal wat hulle lewens verloor het ook die wat beseer is. Ek bid vir almal. Baie hartseer dag en naweek. God seen RIV

Annoniem ·

Dis allerverskrikliks. Ek huil saam met die ouers want van ons vriende se kinders is daar in die skool. Ek hou self skool en sien hoe val skole uitmekaar omdat daar geen geld vir onderhoud meer aan skole betaal word nie en dit duisende rande sou kos om dit te herstel wat meeste skole nie het nie. Departement se geboue maar geen geld vir onderhoud. So so sad dat dit kinders is wat moet boet daarvoor. My hart huil saam die ouers en kinders???

Chanine ·

Dis tragie.. Ek bid vir elke ouer, boetie en sussie en ander familielede op hierdie vreeslike tragiese dag.. Wat erg is, is dat baie skole presies hierdie tipe loopvlakke het, en ek hoop elke skool sal werkmaak daarvan om te gaan kyk of die strukture nog sterk genoeg is!! Mag hierdie ongeluk nooit weer gebeur nie.. Julle is mos nou gewaarsku!!!

Ekke ·

My seun was ook in Driehoek. Ons moet nou maak soos bybel sê. Oordeel jouself sodat jy eendag skoon voor God kan staan. Moenie die skool oordeel. As my hart so seer is , hoe moet die personeel en hoof voel?

Sê maar net 1 ·

Maar jy mag in geregtigheid oordeel. Groot verskil tussen oordeel en veroordeel. M.a.w jy moet oordeel in geregtigheid en dis jou plig, om iemand reg te help as hy verkeerd is.
In die geval, is daar lewensverlies. So ja, ek hoop die boodskap het mooi duidelik deurgekom na die betrokke instansies (Skool, departement v onderwys). Instandhouding.
My innige meegevoel met die families. Dis iets wat nie moes gebeur het nie en voorkom kon word. Mag Vader jul vertroos.

sonette annandale ·

Dit is ‘n GROOT tragedie!! Ek self ‘n oudleerling van Vanderbijlpark Hoërskool. Baie sterkte aan almal betrokke. Ons bid almal vir ‘n dorp in rou.

Moederjie ·

Dink en bid vir vertroosting wat net Vader kan gee. Innige simpatie aan elke ouer broer suster familielid en vriende RIV jongmaats

GM ·

Net as mens dink daar is min dinge in S.A. oor wat mens nog kan skok, dan gebeur sulke tragedies – een wat tien-teen-een voorkom kon gewees het indien behoorlike instandhouding gedoen was.
My hart gaan uit na elke ouer/naasbestaande van die oorledenes en beseerdes.

Margaret ·

Sò verskriklik hartseer, my hart pyn vir julle, en daar is gèen troos woorde wat sal help nie! Sterkte, weet almal bid vir julle!!!!

Deon ·

Was dit Britanje of Australia het die politieke hoof verantwoordelikheid aanvaar en onmiddelik bedank. Maar Lesufi sal net die skuld op iemand ander plaas. Plaas van rondjaag om “rasiste” te vang moet hy eers sy werk behoorlik doen. Voorvalle soos diè gaan meer en meer plaasvind. Die land se bruê is word ook nie juis onderhou nie.

charlotte ·

Baie hartseer wat gebeur het, kan die mense net ophou vingers wys en so aangaan oo die skool wat nalatig was instandhouding wat nie gedoen is nie, staan eerder die families by deur die moeilike tyd, moet die skool toemaak talle sonder skool sonder werk en dan kom ons weer terug na staak en geen geleertheid, kom aan mense regtig…

Opisthophthalmus ·

Met alles respek… Die kommentaar oor nalatigheid en gebrek aan struktuur onderhoud is nie vingerwysing nie… Dit is realiteit!!…

Mask5 ·

Dis n swaar ding maar als kanie vir ewig hou nie dis jare oud fis net n jammerte dat dit moes gebeur terwyl daar kinders daar was my gebede gaan uit na al die families

Morné ·

My innige meegevoel met die families, vriende, skool en leerders van Driehoek.
Dames en Here ek besef almal is in skok en staan reg om iemand te veroordeel want hel iemand moet nou pak vat. As u stil sit waar u is sal u eintlik besef dis ons almal se verantwoordelikheid om te kyk na ons skole en inrigtings waar ons en ons kinders betrokke is bv ons kerk gebou is al oor die 150 jaar oud en ek vir een kyk maar altyd rond en vra die ongemaklike vrae oor instandhouding ens. My punt is, dis onnodig om in hierdie tyd van hartseer nou lelik te wil wees en ons mede Suid-Afrikaners te wil sleg sê en beswadder.
Nee mense kom ons vat hande en bid vir ons land en sy leiers, en veral vandag vir die wat hulle lewe verloor het. Mag onse Here Jesus Christus, Sy met ons almal, amen

Janine ·

My hart gaan uit na almal wat deur die tragedie geraak is. Spesiaal aan die ouers wat vandag hul kinders verloor het. Ons rou saam met u.

Kiewiet ·

Dis absoluut verskriklik! Dat jong mense so onskuldig moet sterf. Daar gaan nog baie brue en geboue in ons land ineenstort a.g.v. swak onderhoud. Ongelukkig is dit ‘n feit dat obevoegde mense aangestel word in poste ter wille van politiese korrektheid.

Marlize ·

My opregte meegevoel aan al die leerders, leerkragte en ouers wat deur hierdie tragedie geraak word. Dit is egter ‘n BAIE ERNSTIGE “wake-up call” vir ons minister van Onderwys om te begin ingryp en geld in die begroting te begin bewillig vir skole om ordentlike instandhouding te kan doen. Skole se begrotings is onder geweldige druk en finansieële hulp vanaf die onderwys department is min. Oral gaan skoolfonds hoër as inflasiekoers op net om die broodnodige instandhouding te doen en ekstra onderwysers te betaal sodat die vlak van onderwys nie nog verder daal nie. Tyd dat ervare onderwysers geken word in die samestelling van kurrikulums en dat Laer- en Hoërskool Onderwys GRATIS beskikbaar gestel word. Tersiêre studies is vir die wat die akademies verdien en kan aansoek doen vir beurse op meriete. Matriek beteken vandag omtrent niks omdat 30% aanvaarbaar geraak het om deur te kom… mense met slegs 30% is die mense wat help bou en instandhou aan ons onderwysinrigtings… sal jy veilig voel as jy weet dat iemand wat nie behoorlik kan tel, is besig om die sement te meng vir die struktuur waar jou kind veilig behoort skool te gaan. Hou op geld mors en begin regmaak op grondvlak deur behoorlike instandhouding en ordentlike basiese onderrig en ons sal minder van hierdie tragedies sien… indien nie.. maak jul reg om meer van hierdie berigte en tragedies te sien.

Tragies ·

Vandag lees ons tragiese en hartverskeurende nuus. Kinders sterf, ‘n geliefde veearts is vermoor en ‘n man op vakansie in Kleinmond is vermoor. Dit is mos te erg om te verwerk.

Baie sterkte aan almal wat deur hierdie tragedies geraak word.

Hartseer ·

“goeie ou dae” se voet! Kinders is dood baie swak instandhouding thats it! Hou op jakkalse soek ma wolwe loop rond!

Spikkels ·

Dit nie waar nie. 2 seuns en een dogter oorlede. Daar 23 beseer waarvan 5 ernstig is

Natasha ·

Johannes, dankie vir jou waarheid. Enige iets kan enige plek met ons as mens gebeur. Ek dink aan elk ‘n persoon wat hierdeur geraak is.

Blikke ·

@ Hartseer…..laat ons nie nou klippe gooi en toot gevolgtrekkings kom nie….Feit is hier is onskuldige kinders oorlede…..laat die ondersoek gedoen word en dan praat ons.
Baie sterkte vir die milies wat n geliefde moes afstaan…….julle is in ons gebede!!

David ·

Sterkte aan die families vir die onnodige verlies.

Gemaskerde wonder is reg. Mens hoef maar net na ou strukture te kyk en te sien hoe kom roes by krake uit die beton uit. Dis swak onderhoud wat die struktuur laat faal het.

Bly maar weg vanaf strukture wat “bloei”

Helene Heyns ·

Hierdie is hartverskeurende nuus. My hart bloei vir hierdie ouers asook die ander familie. Mag Vader Sy arms om jul vou en vertroosting bring. Sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.