Minstens 4 dood ná ontploffing in Somerset-Wes

Rheinmetall Denel Munition (Foto: Phando jikelo/African News Agency/ANA)

Minstens vier persone is dood en verskeie word steeds vermis ná ʼn groot ontploffing by die Rheinmetall Denel-depot in Somerset-Wes in die Wes-Kaap.

Theo Layne, hoof van die brandweer van Stad Kaapstad, het gesê brandbestryders is omstreeks 15:45 na die toneel ontbied. “ʼn Ontploffing het plaasgevind en personeel van die aanleg was besig om die brand te probeer blus toe beamptes by die toneel opgedaag het,” het hy gesê.

“Vier persone het noodlottige beserings opgedoen en brandbestryders is tans op soek na nog ses persone wat vermis word.”

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie. Altesaam 15 brandbestryders en drie brandweerwaens is op die toneel.

Die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel het ʼn 49%-aandeel in Rheinmetall Denel Munition (Edms) Bpk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Netso ·

Laat ek raai? In 1994 het die Franse ñ multi miljoen Rand projek by Pelindaba gestaak sonder verskoning en net gevra om als te sloop! Plofstof + agterlosigheid % onbevoegtheid = kaboom!

Karolis ·

Somerset Wes is in die Kaap my bra!
Baja ver van Pelindaba af.

Lana ·

‘n Paar ouens het ‘n paar dinge verkeerd gedoen.
Hoekom is ek nie verbaas nie?

Netso ·

Katolis ek weet waar is die Kaap en Pelindaba is in Pretoria maar my jy mis die punt! Pelindaba vervaardig kern krag! Dink julle sou die slag gehoor het as dit ooit daar moes wees! Bra!

HSE Rep ·

Dis hoekom ek nie een dag sleg voel as mense onder my kla omdat ons elke dag oor veiligheid by die werk praat nie. HSE reps het ‘n baie ondankbare werk maar as die popo die fan strike is hul koppe en checklists eerste op die blok. Sterkte aan almal betrokke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.