Minstens 40 beseer toe bus omslaan

Die toneel. Foto: ER24.

Tussen 40 en 50 mense is Sondagmiddag beseer toe ʼn bus op die R25 onder die Zuurfontein-brug in Kempton Park omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê toe paramedici by die toneel opdaag, het die bus op sy sy aan die kant van die pad gelê.

“Sommiges is aangetref waar hulle op die toneel rondloop, terwyl ander nog in die voertuig vasgekeer was,” het Meiring gesê.

Volgens hom is die slagoffers van gering tot kritiek beseer.

“Paramedici van verskeie nooddienste het die beseerdes op die toneel behandel.”

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê een man het ʼn ernstige fraktuur aan sy bobeen opgedoen en is op die toneel met sterk pynmedikasie behandel.

Die beseerdes is met verskeie ambulansdienste na nabygeleë hospitale vervoer.

Die polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JA wohl ·

Busse, taxis trokke, daar is geen wetstoepassing nie .. what is allowed will continue!

Hoe de hel ·

Hoe de hel val ‘n bus net om. Het hierdie bestuurder ooit ‘n lisensie?????? As jy mos sê persone met die lisensie alleenlik kan die werk kry, diskrimineer jy nie, jy red lewens, as jy net toelaat dat enige ou die werk kry omdat hy iemand ken of iemand se familie is, pleeg jy saam met hom of haar moord. Daar is nie ‘n eenovudiger uitkyk na die saak nie. Iemand wat bevoeg is en oor die nodige lisensie beskik sal nie so ongeluk maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.