Minstens 40 kinders beseer in botsing

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Minstens 40 kinders is Maandagoggend beseer toe ʼn taxi en ʼn bus in Khayelitsha in die Wes-Kaap gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in Landsdownweg gebeur. Met paramedici se aankoms op die toneel het die bus op sy sy in die middel van die pad gelê met die taxi ʼn paar meter verder.

“Van die kinders wat in die bus was, het reeds begin uitklim,” het Meiring gesê. “Minstens 40 kinders het beserings opgedoen, maar gelukkig is niemand ernstig beseer nie.”

Paramedici het die kinders behandel terwyl die polisie die pad afgesper het. Die kinders is na verskillende hospitale geneem. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en sal ondersoek word,” het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

asjas ·

As Mnr Meiring nog nie die oorsaak van die ongeluk ken (weet) teen hierdie tyd nie, is hy in die verkeerde beroep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.