Minstens 41 beseer ná bus omslaan

Foto: ER24

Foto: ER24

Minstens 41 mense is beseer toe ʼn bus teen ʼn motor gebots en omgeslaan het naby die deel waar die M1- en M2-hoofweg in die Johannesburgse middestad skei.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die bus en motor het ná die botsing die hoofweg versper. “Die bus het op die sykant gelê in die vinnige baan terwyl die motor se wrak langsaan gelê het.”

bus-m1-m2-johannesburg1Volgens Meiring het die bus se passasiers deur die vensters uit die wrak begin klim en die Johannesburgse metropolisie die hoofweg vir verkeer gesluit.

Minstens 41 mense het ligte tot matige beserings opgedoen. Paramedici van verskeie nooddienste het die beseerdes op die toneel behandel voordat van hulle na hospitale in die omgewing geneem is vir verdere mediese sorg.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

snoefie ·

tog word daar eerder geld spandeer aan straatnaamsveranderings en etol strooi as aan beveiliging. kon die bus 120km per uur handhaaf? lykmos eerxsr asif hulle net 90km/h in 60 zone kan doen en net 90kn/h op die deurpad ook en bane kan verwissel sonder om te sien want hulle voertuie is groter as joune.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.