Minstens 42 skote op polisiekonstabels gevuur

(Foto: SA Polisie)

Twee polisiebeamptes van die Wierdabrug-polisie in Centurion, Gauteng is Dinsdag beseer toe minstens 42 skote op hulle gevuur is.

ʼn Woordvoerder van die polisie het gesê die voorval het die oggend omstreeks 00:10 plaasgevind. “Konstabels TJ Monakisi en L Ntlebi was aan diens en het in hul amptelike voertuig gery. Hulle het in ʼn noordelike rigting in die Ou Johannesburgpad verby die Swartkop-lugmagbasis gery toe hulle ʼn verdagte Ford Ranger-bakkie opgemerk het.”

Die bestuurder van die Ford Ranger-bakkie het reeds twee verkeersligte verontagsaam toe die polisiebeamptes die voertuig agternagesit het.

“Nog twee Ford Ranger-voertuie het skielik opgedaag en die insittendes het op die beamptes losgebrand. Monakisi en Ntlebi het ongeveer ʼn kilometer verder gery en langs ʼn winkelsentrum in Valhalla stilgehou waar die drie voertuie hulle agtervolg het.”

Een van die beamptes is in die been getref en tweede in sy bors. Monakisi, die polisiebeampte wat bestuur het, het ook ʼn kopbesering opgedoen toe ʼn skoot rakelings verby hom afgevuur is.

Die twee beamptes is in Unitas-hospitaal opgeneem. Ntlebi is in die hoësorgeenheid opgeneem.

“Altesaam 42 doppies van 9 mm-pistole en vermoedelik AK47-patrone is op die toneel gevind. Die amptelike polisievoertuig het 27 koeëlgate en die vensters is stukkend geskiet.”

Die polisiebeamptes se vuurwapens is nie gesteel nie.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Christa ·

Hoekom het die polisie nie versterking aan gevra nog voor hulle gestop het nie.

Santjie ·

Jy moet onthou…. daar is mos oral ‘n tekort aan voertuie?

Wees positief ·

Kan nie help om te dink dat daar meer as een enkele kompliment en dank dat hulle leef, van die lesers af, sou wees indien hulle blank was nie. Sies man. Daai manne het meer gedoen as wat baie ander van hule kollegas, ongeag ras, sou.

PJ ·

Hulle nie versterkings gevra want hulle doen nog “in house training”

SjN ·

Die radio’s was stukkend of hul ken hom nie die radio nie, verseker geleer duck and dive.

Rubber ·

Lank gelede was daar 10 SAPS voertuie om te help. Nou is, daar 2voertuie om die, skollies by te staan. Times, we live in.

Dewald ·

Om sake erger te maak, is die Wierdabrug polisiestasie minder as 2km weg van die toneel.
Dié is ook tussen DRIE militêre gronde – Thaba Tshwane, Swartkops lugmagbasis, en Spesmagte Hoofkwartier. ????

Wattie ·

Hoekom het hulle nie by die twee lugmag hekke ingejaag nie?

Lourens ·

Dán het jy gesien hoe “scatter” die hekwagte vir ‘n vale en los als net so.
;-)

Cuda ·

Ons land is vol van wetteloosheid. Geen reëls tel meer nie. Verkeersoortredings, roof, moord, huisbraak, respek vir lewe en medemens,………..dis weg.

schaun ·

Die misdadigers is beter toegerus en blyk ook slimmer te wees as die kastige polisie,onbevoegdheid was weer aan die orde van die dag soos gewoonlik en dit is die rede hoekom ons nie op hulle kan vertrou om ons veilig te hou nie.Die hartseer hiervan is dat ons belasting geld op hulle vermors word en ons geen diens ontvang nie daarom moet ons n onafhanklike tuisland kry.

Kobus ·

Die Misdadigers het rugsteun gehad, waar was diecPolisie se bystand
Duidelik dat diec1ste voertuig as lokmiddel gebruik was en die ander 2 voertuie gereed was
Beplande aanval op SAP. Bheki Cele wanneer gaan jy begin kyk agter jou mense

Hansie ·

Gelukkig behoort hulle die skuldiges maklik op te spoor, glo nie daar is baie vuurwapen lisensies vir AK`s uitgereik nie, so die lysie is kort

Willie ·

Wattie daai lugmag hekke beteken niks nie… dis nie meer die ou dae nie…

wielie ·

Moenie met n Ford Ranger sukkel nie! Dit het versterkings :) Sterkte vir die poliesie beamtes hoop julle word gou gesond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.