Minstens 5 dood, 14 beseer in ongelukke op R28

Die ongelukstoneel waarin minstens vier mense dood en 12 beseer is. Foto: ER24

Minstens vier mense is dood en 12 beseer toe ʼn taxi Saterdag laatmiddag naby Mohlakeng in Randfontein aan die Wes-Rand gerol het.

Dié ongeluk op die R28 het omstreeks 17:25 gebeur. Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê by paramedici se aankoms op die toneel het hulle die wrak van die taxi langs die pad gevind. Al die insittendes is uit die voertuig geslinger toe dit gerol het.

Konst. Carmen Hendricks, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes is ook na die toneel ontbied. Sy beweer die taxibestuurder het probeer om ʼn vragmotor verby te steek en het toe beheer oor die voertuig verloor waarna dit gerol het.

Hendricks sê vier mense is op die toneel dood verklaar terwyl 12 ander, insluitend die bestuurder, na hospitale gehaas is. Vermaak beweer egter vyf mense is op die toneel dood.

Hendricks het by navraag gesê sy was self op die toneel en vier sterftes is op die toneel aangeteken.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die ongelukstoneel op die hoek van die R28 en Harredweg. Foto: SAPD

Byna op dieselfde tyd wat noodpersoneel op die ongelukstoneel besig was, het nog ʼn noodlottige ongeluk in Randfontein plaasgevind, dié een op die hoek van die R28 en Harredweg. Hendricks sê daar word beweer ʼn motor het oor ʼn stopteken gejaag en teen ʼn ander voertuig gebots.

“Die bestuurder van die wit Toyota Avanza is op die toneel dood verklaar, terwyl die ander insittendes in die motor uitgespring en weggehardloop het. Dit is nie bekend of hulle beseer is of nie. Tot nou toe het hulle nog nie na vore gekom nie,” sê Hendricks.

ʼn Man en vrou in die ander voertuig is na ʼn hospitaal geneem. Dit is nie duidelik hoe ernstig hulle beseer is nie.

Ook hier is ʼn saak van strafbare manslag geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

smurfie ·

Hoekom hardloop hulle weg?
Is hulle dalk onwettig in die land?

Andrea ·

Hul kan seker nie té ernstig beseer wees as hul weghardloop nie?

Koos de Meyer. ·

Die hoeveelste taxi ongeluk al vir hierdie nuwejaar, en meer belangrik hoeveel sterftes. Onbevoegdheid en onpadwaardige voertuie asook ongehoorsaamheid aan die pad reëls.

theo ·

die getal passasiers wat deur taxi’s gedood is staan nou op 60. daar word nie berig oor of hulle na die tyd sterf in die hospitaal dan kan dit meer wees.

Stella ·

Hulle kan nie beskaafd en veilig bestuur nie,eintlik niks nie,daai ou spul wat weggehardloop het,het n rede daartoe,,dalk van n vorige misdaad wat hulle vroeer by betrokke was en in haastigheid uit die “getaway”karretjie gekom het

Ed ·

As jy wil weet hoe die ANC week moet jy kyk hoe die taxies werk

Elsa ·

Sigbaarheid van verkeerspolisie kan ongelukke verhoed. Hendrik Potgieter , Nic Diederichs, regdeur tot Ontdekkers Weg, baie gevaarlik met taxi bestuurders wat rooiligte vermy en in 60 zone oorskry. Karavaan nonder nommerplate op Taylor rd Honeydew onpasvaardig en nerens verkeersmense sigbaar…tussen 5.30 3n 6vm

Db ·

Kom ry so 5:30 in die oggend in Botha Laan Centurion. Taxi’s het geen benul wat ‘n rooi verkeerslig beteken nie en ry verby in die draai baan om net asseblief eerste te wees. So word daar ook in die winkels gestamp en gestoot en ingedruk om eerste in die ry te wees. Ek vrees elke dag as ek daardie pad moet ry. Verkeersmense – asseblief. Hulle staan in die middag langs die pad en gesels en die klomp doen net wat hulle wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.