Minstens 5 sterf in skietery by kerk  

Van die verdagtes wat reeds in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Die polisie is op die toneel by die International Pentecostal Holiness Church in Zuurbekom aan die Wes-Rand waar ʼn skietery reeds tot die dood van minstens vyf mense gelei het en ʼn gyselaarsdrama nou glo ontvou het.

Volgens die polisie is beamptes vroegoggend van ʼn gyselaarsdrama en skietery by die kerk in kennis gestel.

“Die toneel is steeds aktief en gyselaar-onderhandelaars van die polisie is op die toneel besig,” het die polisie gesê.

ʼn Totaal van 30 verdagtes is reeds in hegtenis geneem en daar is op meer as 25 vuurwapens beslag gelê.

Daar was in November 2018 ook ʼn skietvoorval by die kerk waarin minstens drie mense beseer is. Daar heers glo onmin oor die kerk se leierskap en geld.

Meer inligting volg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jaco ·

“Onmin oor die kerk se leierskap en geld”. Geld, geld, geld: wanneer gaan kerkleiers eendag ophou om so behep met geld te wees?

Isabella ·

Kerkleiers!!! Dis waarom dt gan om geld en mag !!!! Waarom hou hul nog kerk? …di Woord se jy kani mammon en die Here dien nie …waar kom al di wapens vandaan dan is daar ook nog 5 mense doodgeskiet

JohnnyS ·

DIt is ‘n Afrika-kultuur “kerk”. In die meeste van die Afrika-kultuur “kerke” word die leier verafgod en gebruik hy die mag oor sy volgelinge vir finasieële gewin.

JohanR ·

My gooiste……is daar kerke in SA wat meer korrup is as die ANC? Drink petrol, soen slange, bring die dooies weer tot lewe. Is daar nie ‘n kerk leier in SA wat vir ons kan se waaneer die ANC eendag gaan voertsak nie! Ek sal hom volg, en baie geld gee!

Riaan ·

En daar duik die hele Black Lives Matter movement in die hek vas

MAGRIETHA ·

My vraag is waar kry die ouens die wapens lyk almal na selle wapens stel ondersoek in

marius ·

Van hael gewere , breek ysters , bout knippers tot selfs ‘n bofbal kolf ! Hierdie fotos moet die wereld vol gestuur word sodat daar kennis geneem kan word van die anargie wat hier heers . Nie eers ‘n terroris sal sy voete hier wil sit nie , wat nog van ‘n toeris . Die skandvlek van afrika !

Termiet ·

Iemand verskaf die kriminele met vuurwapens. Ek dink ek weet maar mag dit nie se nie…..

Frans ·

En wat maak ompie De Klerk hy maak van wolf skaapwagters en dan vra hy nog hoekom word die skaape minder

Agietjie ·

Dis hartseer – want mense veralgemeen maklik en sulke ge-isoleerde voorvalle word gesien as optrede van die totale kerk

JohnnyS ·

Sou wêrels nuus gewees het en vir dae lank top storie gewees het indien dit in ‘n beskaafde land plaasgevind het. Hier in die “nuwe” Suid-Afrika die heel laaste berig op vanoggend se TV nuus uitsending, sê nogal baie van ons beskawings peil.

Renier ·

Laat my wonder of die “kerk” nie net dalk ‘n front vir ‘n misdaadorganisasie is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.