Minstens 50 kinders van mensehandel gered

Argieffoto

Argieffoto

Minstens 50 kinders, vermoedelik tussen agt en 18 jaar oud, is uit die kloue van vermeende mensehandelaars gered.

Brig. Mashadi Selepe, Gautengse polisiewoordvoerder, wou Dinsdag nie veel oor die voorval uitbrei nie, maar het bevestig dat drie verdagtes oor die naweek in hegtenis geneem is waarna die kinders na veiligheid gebring is.

Maroela Media het verneem dat die kinders, onder wie 40 seuns en 19 meisies, vermoedelik in ʼn vragmotor naby Potchefstroom gekry is. Hulle was glo op pad na Kaapstad.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, spreek die media Dinsdag om 14:00 in Pretoria toe oor die voorval.

Dit volg nadat 16 meisies vroeër vandeesmaand in Kempton Park van ʼn mensehandel-sindikaat gered is. Van die meisies het beweer hulle is deur talle mans seksueel misbruik. Minstens drie verdagtes is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

anneke ·

Ek HAAAAAAAT die politiek korrekte woord, “beweer”. Die meisies “beweer” dat hulle deur talle mans seksueel misbruik is………….liewe hemel.
Weet die slim mense dan nie dat mensehandel die grootste kommoditeit, naas koffie, in die wêreld is nie. Biljoene word jaarliks spandeer……….belastingloos. Koue harde genadelose kontant in ruil vir ‘n lewendige keuselose siel…..

Ek beweer dit gaan nie stop nie want die slim mense weet presies wat aangaan en doen niks, want in die land van die blindes is die eenoog koning!!

Loeis ·

Ek is nie seker van “die grootste kommoditeit” nie, maar so ‘n netwerk strek nattuurlik verder as “minstens drie verdagtes”. Hulle het dalk net die slagoffers vervoer, dan is daar diegene wie die plekke van verdere misdaad bedryf. Dan is daar hulle kliente wie daarvoor betaal. Mens wonder hoeveel kinders nie dalk al landuit gesmokkel is nie, wat dit nog moeiliker maak om hulle op te spoor. Hierdie is ook nie ‘n nuwe tendens nie: mens dink onwillekeurig aan die meisies wie in 1988 (ek dink) verdwyn het. Die een, Annemerie Wapenaar, se ouers het ‘n enorme soektog geloods maar die meisies is nooit gevind nie.

Jan maak n Plan ·

Eerstens baie geluk aan die SAPD dat hulle die ouens gevang het, maar soos Loeis gese het daar sit beslis meer as drie ouens agter die storie. Ek dink dat hierdie drie maatjies eers hulle mense regte moet verloor en al moet hulle gemartel word totdat hulle mooi praatb sodat elke greintjie informasie op die tafel is, soad die res van hierdie nes ook aangekeer en uitgewis kan word.

Paul ·

As jy dink koffie is die “grootste kommoditeit”, dan betwyfel ek maar die res van jou stellings se akkuraatheid…

Cherokee ·

En as jý nie by die onderwerp kan bly nie betwyfel ek die waarde van enige van jòu stellings.

MissDemeanor ·

Die “beweer” word gebruik omdat die beskuldiges nognie in die hof was nie. Ons Romeinse regsisteem gee vir beskuldigdes die voordeel van twyfel, totdat hul skuld in die hof bewys word. Daarom moet mense die woord “beweer” gebruik voor die hof se uitspraak gelewer is. Want anders kan mense wat onskuldig is verkeerdelik gebrandmerk word. Ons moet maar intussen hoop dat indien die mense skuldig is, dat hul swaar gestraf sal word.

Koos ·

Dit is vreeslik maar weereens is die inligting baie vaag is dit Chinese kinders ,Indiërs swart kinders en waar kom hulle vandaan as die publiek hierdie inligting het kan ons almal help om hierdie euwel te stop.

Pieter ·

Maak dit saak of die kinders Chinese, Indiers of whatever is? DIS KINDERS! Dis verskriklik. Van hul ouers af (tien teen een gesteel) en hul kinderjare van hul af weggeruk om “grootmens dinge” te doen. SIEK SIEK SIEK wereld.

Elize ·

Koos, dit maak nie saak wat is die ras van die kinders of enige slagoffer van mensehandel nie. Daar is fantastiese seminare oor mensehandel waar jy toegerus word om tekens te herken, waar om aan te meld ens. Laat weet gerus dan verwys ek julle na n seminaar toe. Mensehandel is oral in elke omgewing en woonbuurt

Andries ·

Koos anders as die mense hieronder, stem ek met jou saam oor meer inligting van die kinders wat opgespoor is. As hul die geslag kan meld kan hul net sowel die res wat jy versoek deurgee, want daardeur kan mens ‘n idiee kry hoe die mense se koppe werk wat weer sal help dat mens meer bedag en voorbereid sal wees wanneer jy in hierdie geteikende areas en ook hierdie mense betyds kan identifiseer om dit te help voirkom. Die mense dink nie met hul koppe nie maar met hul emosies en dit maak hul gevaarlik, want emosionele mense is soms onstabiel as krisusse ontstaan soos die. Die mense slaan gewoonlik toe op areas waar dit vir hul ‘n law risiko inhou on gevang word asook waar ouers dit vir hul maklik maak deur om hul kinders sonder die nodige volwasse toesig by risko areas uit te hang. Dus om jou aan te val vir jou normale vraag was ongevraag.

Andries ·

Koos anders as die mense hieronder, stem ek met jou saam oor meer inligting van die kinders wat opgespoor is. As hul die geslag kan meld kan hul net sowel die res wat jy versoek deurgee, want daardeur kan mens ‘n idiee kry hoe die mense se koppe werk wat weer sal help dat mens meer bedag en voorbereid sal wees wanneer jy in hierdie geteikende areas en ook hierdie mense betyds kan identifiseer om dit te help voirkom. Die mense dink nie met hul koppe nie maar met hul emosies en dit maak hul gevaarlik, want emosionele mense is soms onstabiel as krisusse ontstaan soos die. Die mense slaan gewoonlik toe op areas waar dit vir hul ‘n law risiko inhou on gevang word asook waar ouers dit vir hul maklik maak deur om hul kinders sonder die nodige volwasse toesig by risko areas uit te hang. Dus om jou aan te val vir jou normale vraag was ongevraag.

Takkie Takuuza ·

Die ras maak geen verskil aan die tragedie nie, dit maak egter ‘n verskil in die volledigheid van die berig. Wat van as iemand van ons se kinders vermis was, so ons wou geweet het wie daar gevind is. Dis net soos die SAUK wat sekere goed nie wil uitsaai nie. Hoekom kan jy nie die ras in die berig noem nie? Ons is immers ‘n veelrassige land en ras maak nie net saak as dit by BEE kom nie.

Kleintjie ·

Koos, hoekom wil jy die ras weet. Dit maak nie saak watter ras of geslag dit is nie. Feit bly staan daar is ouers, familielede of naasbestaandes wat hierdeur geraak word.
Pas jou kind op en sorg dat hy/sy veilig is. My kinders woon in stede en hulle laat hul kinders geen oomblik buite sig nie, veral in winkelsentrums.

Theresa B ·

Ek stem Anneke. Niks is verdomp “beweer” nie. Die booswigte het misdaad gepleeg en klaar. Maar daardie arme kinders. Hoe walgliken barbaars!! Hulle moet summier die doodstraf kry!!

Johan van Rensburg ·

Vergeet van koffie. Kyk na die positive Die punt is die kinders is veilig. Ek sal graag wil weet wanner hulle veilig terug aan hulle ouers gegee gaan word . Sekerlik is hulle van die kinders wat vermis aangemeld is die laaste tyd.Dit is n siek wereld waar kinders as slawe en SEX slawe gebruik word. Ek glo sterk daaraan dat binnekort die. res van die sindiekaat gevang sal word. Daar gaan baie trane van vreugde liefde en verligting vlooi wanner hulle weer by die huis is WEL GEDAAN aan almal wat betrokke was met die arestasie. P’S en ons sal seker Niks hiervan hoor van die briljante SAUK NUUS

ANRE ·

Ek stem nogal saam met Koos. Ek dink wat hy bedoel is, as mens meer weet, dan kan mens meer doen. Byvoorbeeld, is dit spesifiek indier kindertjies wat in Lenasia “gevang” word, of kom hulle van oorsee af (chinese ens.), of is dit almal Suid Afrikaanse kinders of is dit iets wat iewers by ‘n grenspos “misgekyk” word ens. Hulle moet iewers die kinders kry… word hulle ontvoer – tog hoor mens nie daarvan nie – of is dit straatkinders? Ek stem saam. Hulle moet sulke goed beter weergee dat mens dadelik weet hoe en wanneer om iets te vermoed. Dit bly tragies en ek kan net dink hoe bang daai kinders moet wees – ongeag waar hulle vandaan kom. :(

Willie ·

Dis baie hartseer, so bly hulle is gered van verdere moleste… ek dink die is net die punt van die ysberg!

Igna ·

Dis ongelooflik, ek het laasweek n clip van Special Assignment gekyk en dis amper onmoontlik om te glo dat so iets eers moontlik is, nie eers te noem dat dit die 3rde hoogste finansiele inkomste in die wereld is!!! Jy moet nogal n siek mens wees om te wil seks he met n kind. Dis jammer dat die mense wat sulke plekke bywoon nie uitgewys kan word nie, want ek is doodseker daar is n paar siekes tussen ons.

Heleen ·

Ek stem saam met Igna. Hoe kan mens dit geniet om met ‘n kind seks te hê en ook om teen iemand se sin seks te hê. Ek verstaan dit nie.

Theresa ·

Al SO lank aan die gang. Dankie Vader dat die polisie hierdie vragmotor vol kon red!
Dis net so lank al aan die gang in die wêreld soos prostitusie en dwelmhandel. Dié twee goed gaan hand aan hand met mensehandel. Dis ‘n vreeslike euwel en die gemeenskap moet kennis dra hiervan – dis in ons land. Dis ‘n groot bedryf en elke jongmens (en selfs oueres) moet ander laat weet waarheen hul gaan en hoe laat hul terugkom huistoe. Moet asb nie so teem as iemand vra watter ras nie. Gee net ‘n antwoord op die vraag, of los dit uit. DIe person het nie noodwendig iets verkeerds gevra/gedoen nie. Fokus asb op die onheilighede onder ons neuse in plaas van om mekaar so te dis. Dis ellendig om dit elke dag te moet sien.

Sonskyn ·

Indien dit enigiemand belangstel, daar is beroep gedoen op studente in Potchefstroom om enige donasies soos klere, kos, toiletware ens. by te dra vir die kinders. In die boodskap wat ek ontvang het, is daar gese die kinders kom van Malawi, maar ek persoonlik kan dit nie bevestig nie.

E.K. ·

Theresa ek stem met jou en Koos. As mens meer inligting het kan hulle bv beginpunte kry om dit te beveg; maw as dit Indier kinders is kan hul konsentreer op plekke soos Lenasia, Azaadville ens of swart kinders kan hulle begin konsentreer op plekke soos Soweto ens. Ek dink geensins Koos het iets leliks bedoel nie, mense moet bedaar en ophou om mekaar aan te val en liefs op die berig self kommentaar lewer.

Kiepie ·

E.K., ek is seker die owerhede weet wat die nasionaliteit en ras van die kinders is aangesien dit hulle werk is om die saak te ondersoek en op te los. Vir my en jou is dit irrelefante inligting aangesien ons niks meer aan die saak gaan doen as om kennis te neem en op MM kommentaar te lewer nie.

E ·

As jy jou kind oplaai by die skool sorg asb dat jy voor die tyd daar is om ń oog te hou. Ek het al gehoor van ń kind wat by ń vooraanstaande skool amper ń slagoffer was. Leer jou kinders om dadelik na jou kar te stap en enige vreemdeling wat hul roep of wil weglok te ignoreer. Dit is só belangrik.
Ek kry koue rillings, want maak nie saak hoe goed jy as ouer jou kind oppas nie, gebeur hierdie dinge ook na skool en by sport byeenkomste.
Sie, baie siek wêreld die.

Hendrik ·

Moenie n pyn in die gat wees nie. Daar is niks fout om die ras te wil weet nie. Dit is nodig dat mens weet wie word geteiken!! I

Ander Koos ·

Hendrik en wat gaan jy aan die saak doen as jy weet wie word geteiken????

Nics ·

Oe tog ander Koos, bedaar. As mens weet watter rasse geteiken word kan mens dalk ook help – ek meen sou jy naby Soweto woon en sien daar word gereeld kinders opgelaai en jy weet swartes word geteken kan jy rapporteer dat sulke dae en sulke karre tel kinders op. Vaderland party mense kan darem oor absoluut niks opgewonde raak en dan ander aanvat. Bedaar, bedaar,bedaar.

CECILIA ·

Wil net se ek weet nie hoe om dit mooi te stel nie, maar nou moet ons, ons kinders baie mooi oppas, want die skurke kort nou weer baie kinders. Ek so bly die kindertjies veilig en gered. Kan die sindikate tog net gevang en gestop word.

Bella ·

Ek is so bly dat die kinders gevind is! Dis net sad want hulle is klaar getraumatiseer en ja sal wel behandeling en terapie kry maar daai ‘scar’ sit……sien ons het geleer en ons dril dit in ons kinders in ‘stranger danger’, wat verkeerd is. Meeste gevalle waar kinder seer gemaak is, ontvoer, gemolesteer ens is deur IEMAND WAT HUL KEN. (ek praat van ondervinding…..my meisiekind is gemolesteer deur iemand wat ons geken het en vertrou het!) ons moet meer luister na ons kinders en op hulle intuisie (spelling) staatmaak….as my kind nie ‘n groot mens wil groet nie, is dit nie omdat hulle nie manier het nie, dis omdat die persoon ongemaklik maak….ek SAL NIE my kinders disiplineer as hulle ‘ongeskik’ voorkom nie……ek het my les geleer……leer jou kids dat daar gevaar orals is…..en dat hulle altyd oop met jou moet wees….leer hulle ook ‘n password. dat wanneer jy nie jou kids kan afhaal by die skool nie ouma, oupa, oom of tannie die password by jou moet kry om vir die kind te gee……..ek laat die skool ook altyd weet…….wees eerder oorversigtig….

Dankbaar ·

Dankbaar hulle is betyds gered, ek hoop aktivis Gillian Schutte en Mense Regte Komissie sien dit raak, o gaats nee ons moet mos eers ‘n saak by MRK maak, wetsgehoorsames en gewone mense het mos nie mense regte en as hul nie met iets saamstem moet hul self saak maak, MRK staan vir kriminele en politiek! Uitdaging aan MRK wys jul ondersteuning uit jul eie vir die kinders!

m ·

Hierdie is siek mense wat so iets aan kinders doen. Hoop hierdie 3 mense kan meer lig werp op hierdie saak en genoegsame inligting gee om meer van hierdie siek mense te vang. Hierdie gemors maak mens naar …………………

Ina ·

Hendrik ons het gister as n vrywillige groep hiervan gehoor . Die eerste wat ons aan gedink het is die kinders ok het hulle kos is hulle honger kry hulle koud? As jy na die Pink Ladies se FB blad kyk sal jy sien dat daar 2 dae van te vore n seun weg geraak het in daardie area ….. mense ek kon nie slaap laasnag nie. Daar is n mamma en n pappa wat huil en soek na hulle kind. Daar is n lee gat in n gesin daar kort n mensie om die gesin vol te maak. Die teiken is nie kleur nie maar jong kinders!

Anita carstens ·

daar is ook bewerings dat van die kinders verkoop word deur hulle versorgers in die rural areas. Daar is baie VIGS wesies wat by n baie ou ouma bly en dan word van die kinders verkoop omdat daar werklik geglo word dat die kinders gebruik gaan word vir n wettige werk. Of daar is beloftes dat die kinders aangeneem gaan word in n gesin. Baie vd ou magogs is baie goed gelowig en stem in dat die kinders gevat kan word want hulle glo regtig dat daar beter gesorg gaan word vir die kinders. Dit het in my huisbediende se familie gebeur en hulle soek nou al 2 jaar na die kinders wat weggevat is deur n vrou wat belowe het sy gaan hulle laat aanneem en vir die ouma 500 rand gegee het vir die ander kinders vir kos. dit maak mens siek om te dink dat daar sulke walglike siek mense tussen ons lewe…

Afrikaner ·

Anita, oplaas lewer iemand sinvolle kommentaar-stem saam jou. Wat almal eintlik by implikasie vra, is bemagtig ons dat ons as gewone mense kan weet wat regtig aangaan en gevaartekens kan raaksien. My vrou het bv. by geleentheid ‘n kind wat besig was om ontvoer te word, in ‘n besige straat soos Zambesirylaan in Pretoria, gehoor skree en haar te hulp gesnel en uit die ontvoerder se kar gepluk, waarna hy weggejaag het. hou jou oee en ore oop. Die beste is om jou kinders ook uit groot winkelsentrums te hou of dan behoorlik toesig te hou.

Andrea ·

My huishulp het vertel dat daar mense rondry in die strate van ons woongebiede en huishulpe wat babas/kleuters by hul het geld aanbied om die kinders by hul te koop. Volgens haar bied hul baie meer geld vir wit kinders aan.

Cherokee ·

Wat presies is mensehandel? Dit maak vir my nie sin dat kinders bloot ontvoer kan word deur vreemdes en dan in groepe vervoer word nie want hulle kan tog vir enige verbyganger vertel dat hulle ontvoer is. Ek kon nog nooit die woord mensehandel plaas by enige iets sinvols nie want die ‘handel word tog bedryf’ met intelligente mense wat kan roep vir hulp of weghardloop. Dit is immers nie beeste of skape wat gesteel en op ‘n trok vervoer word nie maar mense wat kan praat.

Sonskyn ·

My mening is dat paniekbevange slagoffers (veral kinders) gewoonlik nie rasioneel kan dink in die situasies waarin hulle hulself bevind nie. Sover my kennis strek, word hulle gedreig (die ontvoerders se hulle sal hul families seermaak/doodmaak) indien hulle vir hul ontvoerders probleme veroorsaak. As daar gevalle is, dan mag die ontvoerders een van hul mede-slagoffers, of selfs die “oortreder” erg mishandel en aanrand, of selfs doodmaak, om ‘n punt te bewys en hul gesag af te dwing. Nog ‘n groot realiteit is dat die slagoffers bedwelm word, sodat hulle nie rasioneel kan dink nie. Met al die mishandeling (seksueel, fisies, emosioneel en geestelik) en trauma wat hulle daagliks aan blootgestel word, word hulle baie gou moedeloos en hul manier van dink word so verdraai en gemanipuleer dat hulle later glo daar is niks wat hulle kan doen om te ontsnap nie.

Alet ·

Dit is baie hartverskeurend vir die kinders en hul OUERS wat hul soek. Maak nie saak watter kleur, geslag di kinders is nie, hul bly kinders. Dink net hoe baie erg traumaties moet dit vir die kinders wees want di skade is klaar gedoen en bly by hulle lewens lank al kry hul sielkundige berading hulle is gescare vir altyd, emosioneel, fisies, liggaamlik. Wat ‘n nare ondervinding vir die kinders en hul OUERS. Sulke mense wat by sulke sindikate betrokke is moet aan di OUERS gegee word. Ek onthou daai jare laat tagtigs toe Odette Boucher en meisies deur Gert V Rooyen en sy houvrou ontvoer is.. ek het haar sussie Natasha verpleeg wat suikersiekte opgedoen het agv haar sussie se ontvoering. Odette se MA, PA, Natasha is deur hel en nou nog bid hul om Odette op te spoor.. dink net waardeur gaan almal.

Cindy ·

Ek verstaan nie hoekom word daar nie meer inligting gegee hieroor nie? Almal weet daarvan, maar ek het nog nooit in die nuus gesien dat hulle die hofsake opvolg, of met die kinders se gesinne praat of enige inligting uitgee nie. Een priester word vermoor in Frankryk en daar word vir 2 dae aanmekaar daaroor gerapporteer. Oscar kry 6 jaar tronkstraf vir ‘n moord, en dis vir weke op die nuus. “Breaking News” regoor die wereld, maar 50 kinders word gered van mense handel en net een ou beriggie verskyn vinnig daaroor met MINIMUM inligting. Hoe moet ons ons kinders beskerm as ons nie weet wie en wat hierdie mense is en hoe en waar hul hul slagoffers vandaan kry nie?

Luister ·

Soos my Ouma sou sê: Die duiwel is behoorlik los op hierdie aarde van ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.