Minstens 6 dood, 60 beseer in busongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

Ten minste ses mense is dood en 60 beseer nadat ʼn bus Sondagmiddag op die R528 in die Magoebaskloof-gebied, Limpopo, omgeslaan het.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar ander voertuie was nie betrokke nie. Sommige van die passasiers is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas, terwyl ander minder ernstige beserings opgedoen het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê, volgens onbevestigde berigte, het die dodetal reeds tot 10 gestyg. Die presiese getal oorledenes sal later bevestig word.

Otto het gesê die pad is tydelik gesluit en motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Die polisie is ook tans op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pietertjie ·

Ek dink dis maar weereens ‘n geval van remme wat nie wou werk nie: dit kon nie die swaar gelaaide bus se spoed van 120km/h verminder na 40km/h binne drie meter, op ‘n skerp draai in ‘n bergpas nie.

Dirk Uys ·

Die bus ongeluk het op die George Valley pad gebeur. Die magoebaskloof pad is die R71. Stel julle feite reg asb

Mariné Lourens ·

Dagsê Dirk

Dankie vir jou kommentaar. Die ongeluk was inderdaad op die George’s Valley-pad. Die paramedici en polisie het egter aan Maroela Media bevestig dat dit die R528 is. Die R71 is die Magoebaskloofpas.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Sarie ·

Ek is jammer dat so-iets weereens gebeur het… Dit het net begin lyk asof bus-ongelukke, aan die afneem is… Sterkte aan èlkeen wat ‘n geliefde verloor het, asook diè wat beseer is. Mag julle spoedig weer op die been wees… Ek is saam met julle dankbaar, dat jul oorleef het….

Veritas ·

Die 2de swaarvoertuig ongeluk op dieselfde pad in 3 dae. Wil amper wed dat spoed die oorsaak van albei ongelukke was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.