Minstens 60 beseer toe bus omslaan

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Minstens 60 mense is beseer toe ʼn bus Maandag in die vroeë oggendure op die N1 naby Musina in Limpopo omgeslaan het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 01:30 na die toneel ontbied. “Met hul aankoms op die toneel het hulle die bus gevind wat op sy kant gelê het met talle insittendes wat naby die wrak gesit het,” het Vermaak gesê.

“Al die beseerdes het ligte tot matige beserings opgedoen, wat wissel van snye en kneusplekke tot nek- en rugbeserings. Geen ernstige beserings of sterftes is aangemeld nie.”

Volgens Vermaak was die bus vanaf Johannesburg na Malawi onderweg toe die ongeluk plaasgevind het. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wat-ek- lees ·

Soos by Clarens, gaan die draai in die pad weer die skuld kry?
Sterkte aan diegene betrokke in hierdie onnodige(?) ongeluk.

Theresa ·

Watter busdiens? Wat het die bestuurder aangevang? Die drywers van busse moet stadiger ry en baie meer noukeurig opgelei en getoets word. So ‘n ongeluk moet skorsing beteken. Te veel lewens hang af van so ‘n persoon agter die stuur. EN voet op die petrolpedaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.