Minstens 70 beseer toe treine bots

Foto: ER24

Foto: ER24

Minstens 70 mense is beseer nadat twee passasierstreine Donderdagmiddag in Lamontville, in die suide van Durban, reg van voor teen mekaar gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is kort na 15:00 na die toneel uitgeroep. “Een van die treintrokke was erg beskadig, terwyl die ander trein heeltemal ontspoor het. Passasiers het langs die treinspoor gesit en gelê. Hulle het glo oomblikke na die botsing uit die treine geklim,” het Vermaak gesê.

Hy het gesê ten minste 70 mense is op die toneel vir verskeie beserings, waaronder snywonde, ruggraatbeserings en sagte weefselbeserings behandel. Volgens Netcare 911 is tot 100 passasiers in die ongeluk beseer. Geen sterftes of kritieke beserings is sover aangemeld nie.

Nadat die passasiers op die toneel behandel is, is hulle na onderskeidelik die Prince Mshiyeni en Inkosi Albert Luthuli-hospitale vervoer.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

Skuus maar twee treine? Reg van voor? Laas wat ek gekyk het ry hulle een een in n rigting per spoor? Oooo jaaaa. Skuus. Dis Suid Afrika. Hier ry hulle HOER as veronderstel; die wat nie gebrand of gebreek word nie. EN die verandwoordelike instansies en persone was seker polities gefrustreerd en benadeel en Apatheid het die sinjale moedswillig verkeerd gestel….

Frederik ·

Wel, as die drywer nie dood is in ‘n botsing van die omvang nie, was hy/sy nie op die regte plek ten tye van die ongeluk nie.

Johann Marx ·

Net uit nuuskierigheid….is daar ‘n ander manier waarop twee treine kan bots as “reg van voor teen mekaar”?

Gerd Lourens ·

Johann. Het jy mooi gedink oor jou vraag? ‘n Vinnige trein gaan ‘n stadige/stilstaande trein van agter tref.

Kan ook aan die kant gestamp word waar spore verwissel word.

Karolis ·

Durban is besig om Johannesburg verby te vat wat nuus aan betref as ek dit so kyk.

Lance ·

Vervalle infrastruktuur …maar die mense hoor nie ….gaan nog baie van die tiepe ding hoor

Jan maak n Plan ·

Een van twee dinge was die oorsaak. Of n stoute maatjie het nie sy werk gedoen soos dit moes gedoen gewees het nie, of ‘n stoute maatjie het nie sy sin gekry met een of ander iets nie, en toe die speelgoed gebreek. EN in die proses mense laat seerkry en infrastruktuur beskadig en die belasting betaler weer geld gekos. Dis darem maar lekker in die NUWE SUID AFRIKA.

Kersie ·

Resultaat van regstellende aksie…. Sulke ongelukke is a.g.v. nalatigheid deur bedryfspersoneel.

Scalla ·

Dit is Jan se skuld, daar moes dubbele spoorlyne gewees het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.