Minstens 8 huise in Rustenburg aan die brand gesteek

Foto: ANA.

Minstens agt huise is oornag in Rustenburg aan die brand gesteek toe gemeenskapslede vermoedelike dwelmhuise en bordele aangeval het.

ʼn Sakeman wat hom as Nic van Uganda geïdentifiseer het, het Donderdag gesê twee van sy gastehuise is beskadig.

“Een gastehuis is Maandag geskend en die ander een is gisteraand [Woensdagaand] aan die brand gesteek,” het Nic gesê terwyl hy voor die uitgebrande gebou gestaan het.

“Daar is ʼn brandkraan en die brandweer is net ʼn blok weg en hulle het niks gedoen nie. [Brandbestryders] het eers gekom toe die vuur na die naburige begrafnisondernemer se kant beweeg het.”

Volgens hom wil dit voorkom of die brandweer gewag het dat buitelanders se besighede afbrand en eers ingegryp het toe plaaslike besighede in gedrang was.

Nic beweer hy het meer as ʼn miljoen rand skade gely.

ʼn Taxibestuurder wat anoniem wou bly, het aan African News Agency gesê gerugte dat ʼn beweerde nyaope-verslaafde ʼn radio by ʼn taxi gesteel het en dit die rede vir die geweld was, is vals.

“Dit gaan alles oor die dwelmhandel en nie oor die gesteelde radio nie. Ons sien die nyaope wat verkoop word by die taxistaanplek. Die nyaope-ouens val mense aan en vermoor mense om hul gewoontes aan die gang te hou,” het hy gesê.

Volgens hom het sommige taxibestuurders Maandag ʼn nyaope-verslaafde gestuur om nyaope te koop en het hom gevat dat hy hulle wys waar hy dit koop.

“Hy het hulle na Rustenburg-Noord gelei waar ʼn groot hoeveelheid nyaope aangetref is.”

Volgens hom het die polisie toe daar aangekom, die nyaope aan die dwelmhandelaar teruggegee en die twee taxibestuurders in hegtenis geneem. “Dis toe dat ons besluit om die dwelmhuise aan die brand te steek.”

Die ANC in Noordwes het die publiek gemaan om kalm te wees en polisie toe te laat om orde te herstel. “Maak nie saak wat die redes agter die geweld is nie, ons veroordeel brandstigting ten sterkste,” het Gerald Modise, provinsiale woordvoerder van die ANC, gesê.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het dié voorvalle ten sterkste veroordeel en lede van die gemeenskap gemaan om nié gewelddadig op te tree nie.

Die plaaslike munisipaliteit het gesê hy het op 5 Januarie die laaste van ʼn reeks operasies uitgevoer wat hy saam met die Valke onderneem het om oorlog te verklaar teen dwelms en bordele. Daar is glo al talle dwelmhuise en bordele oor die afgelope drie maande toegemaak.

Sommige plaaslike inwoners het die taxibestuurders geprys omdat hulle die dwelmhuise en bordele aan die brand gesteek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

So… wanneer gaan ons n paar honderd of so taxis aan die brand ateek? Ek bedoel, op presies dieselfde beginsel van wat hulle elke dag aan ons gemeenskap doen EN betaal word daarvoor en nie n SENT bydra tot ons paaie se onderhoud nie….

Rtb inwoner ·

Weet jy, ek staan op die stadium saam met hulle. Is jy ‘n Rustenburg inwoner? Want die prostitusie en dwelms hier raak nou heeltemal te veel sowel as die buitelanders!

apie ·

‘Nyaope is a cocktail of dagga, heroin, Anti-retro-viral drugs, rat poison and acid’. Klink afgryslik

PJC ·

Hierdie ouens wat dwelms smous en in die mensehandel en rekenaarbedrog betrokke is is hoofsaaklik Nigeriers. Kyk maar hoe neem hulle steselmatig geboue en sekuriteitskomplekse oor en wat gebeur dan daar. Ek kan nie verstaan dat die polisie kastig nie weet van al hulle bedrywighede nie. Nie een van hulle werk nie maar almal leef in weelde.Dit is mos ń duidelike aanduiding dat iewers ń groot skroef los is.

Boet Fasie ·

Dit is wat gebeur as jy met dwelms smous, hulle kan tog nie verwag dat die brandweer moet toelaat dat die begrafnis ondernemer se plek ook afbrand nie, die mense wat daar binne le het niks verkeerd gedoen nie en gaan dalk tog veras word, hoekom dan toelaat dat die gebou saam met hulle veras word.

Sêmaarnet ·

As SAPS nie wet en orde handhaaf nie is dit die resultaat. As dit Nigeriese dwelmbase se huise en bordele was, het hulle maar net gekry wat hulle verdien.

Eugene ·

Nic van Uganda se ‘gastehuis’
Please Nic ?
Dis jammer dat daar “Mob justice” moet plaasvind, maar nou roeie hulle bietjie daai gemors uit.

Se maar net ·

Polisie is deel van die gesmokkel daar.Bendes is al diep in die polisie in.

Lion ·

Hoog tyd dat daar iets gedoen word aan die buitelanders en dwelmhuise!!!! om elke hoek en draai is tuckshops wat ook dwelms aanhou! Rustenburg is vuil en frot van hulle.

Lion ·

Ek stem saam “Se maar net” hul koop en verkoop saam! Ergste is nog buide die jong jong meisies en soos ek se dit is al om elke hoek en draai. Ek prys hulle ook

Antjie ·

PJC… stem 100% saam met jou , ek bly ook in n sekuriteits kompleks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.